Andries Greyvenstein (37), ʼn gesiene figuur in die goudraffineringsbedryf in Gauteng, is Dinsdag saam met Quinton Hendriks (36), Morne Botha (50) en Johan van der Linden (53) gevonnis vir die onwettige handel dryf en onwettige besit van onbewerkte edelmetale.
Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die vier mans het in die Palm Ridge-streekhof verskyn.
“Die vier beskuldigdes is in Primrose in hegtenis geneem tydens ʼn klandestiene operasie ná hulle met verskeie voorvalle van onwettige aanskaffing van onbewerkte goud verbind is,” het Rikhotso bygevoeg.
Greyvenstein is ʼn boete van R150 000 of vyf jaar tronkstraf opgelê, waarvan die helfte vir vyf jaar opgeskort is. Van der Linden moet ʼn boete van R50 000 betaal of vyf jaar tronkstraf uitdien, waarvan R35 000 en drie jaar vir vyf jaar opgeskort is. Hendriks en Botha is elkeen ʼn boete van R50 000 of vyf jaar tronkstraf opgelê wat in sy geheel vir vyf jaar opgeskort is.
Maroela Media het vroeër berig Greyvensteyn is die eienaar van Goldkit, ʼn geregistreerde goudraffinadery. Ongeveer R800 000 se kontant en gouddraende materiaal ter waarde van amper R20 miljoen is in hul besit gevind. Die polisie het daarop beslag gelê.
Wat gaan van sie R 800 00 en gouddraende materiaal word.Gaan dit verbeurd verklaar word aan die staat.
Ai wanneer is genoeg , genoeg….gierigheid is n kwaai baas
Die manne moes n baie goeie prokureur gehad het.
Ek wonder net of hulle ook gevra is wat hulle dink is n toepaslike straf soos sekere ander mense.
So ek sal graag wil weet wanneer word daar soveel moeite ingesit om al die ZAMAS uit die gate te gaan arresteer…. hul grou tot net onder die graspolle, verkoop hul “fonds” aan handelaars, vermoor mekaar en onskuldige mense (voorbeeld paartjie op N12 wat doodgeskiet is…) maar hulle word nooooooit gevang nie… die polisie is te bang want hul is gewapen met automatiese vuurwapens en GOED georganiseer en “connected” met die regte mense……