Grootkop in goudmynbedryf skuldig bevind

Argieffoto.

Andries Greyvensteyn, ʼn gesiene figuur in die goudraffineringsbedryf in Gauteng, en drie medepligtiges is Woensdag skuldig bevind aan die onwettige handel en besit van ongesuiwerde goud.

Greyvensteyn (37) is die eienaar van Goldkit, ʼn geregistreerde goudraffinadery.

Saam met Greyvensteyn is Quinton Hendricks (38), Morne Botha (50) en Johan van der Linde (53) in die Palm Ridge-landdroshof skuldig bevind.

“Die skuldigbevinding spruit uit ʼn ondersoek deur die Valke na onwettige optrede deur die vier beskuldigdes,” het kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, gesê. Die beskuldigdes is in 2015 gearresteer nadat hulle verbind is aan verskeie gevalle van handel en besit van ongesuiwerde goud.

Ongeveer R800 000 se kontant en gouddraende materiaal ter waarde van amper R20 miljoen is in hul besit gevind. Die polisie het daarop beslag gelê.

Die vier sal weer op 8 Maart in die hof verskyn vir vonnisoplegging.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JohanEtz ·

Ek het nie eens geweet daar is so wet nie?
Lekker stupid van my.
Beskerm dié wet die regering of die monopolie op goud handel?

ES ·

Johan, eintlik beskerm die wet die verkoper en die koper. Dit gaan maar oor die handel van goud wat van swak gehalte is asook om te reguleer waar goud vandaan kom aangesien dit in meeste Afrika lande as ‘n ruil-eenheid gebruik word deur terroriste en rebelle.

Baie mense word ook gevang met verskeie “scams” wat met goudstawe te doen het. Edelmetale word baie fyn gereguleer. Dit is hoekom nie elke 2de ou ‘n lisensie het om handel te dryf in edelmetale.

Jacobus ·

Kragdadig – nou wat van miljarde van die kaders. Strooipoppe.

Danie ·

Ek dink nie ek het al iewers gelees dat teen die duisende zama zamas opgetree word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.