Grootouers aan die brand gesteek ná dood van kleinseun

Argieffoto

Lede van die gemeenskap in Masoyi buite Mbombela, Mpumalanga, het Dinsdag reg in eie hande geneem en ’n bejaarde egpaar aan die brand gesteek oor die beweerde moord op hul kleinseun.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die egpaar, onderskeidelik 75 en 80 jaar oud, is Dinsdag deur lede van die gemeenskap gekonfronteer oor die dood van hul 18-jarige kleinseun nadat sy liggaam in die bosse naby hul huis gevind is.

Volgens Hlathi is die egpaar gedurende die konfrontasie met motorbande aan die brand gesteek voordat die polisie na die toneel ontbied is. Lede van die polisie kon egter by hul aankoms op die toneel die bejaarde egpaar te hulp snel waarna hul in hegtenis geneem is.

ʼn Voorlopige ondersoek toon dat die seun moontlik vergiftig is. Die egpaar word tans onder polisiebewaking in ’n hospitaal in die distrik behandel, sê Hlathi.

Die polisie ondersoek ’n klag van moord teen die egpaar asook ’n klag van poging tot moord teen die lede van die gemeenskap.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het ʼn beroep op lede van die gemeenskap gedoen om nié reg in eie hande te neem nie, maar eerder oortreders aan die polisie te rapporteer.

Hy verduidelik dat dit nié net onwettig is nie, maar ook gevaarlik aangesien onskuldige mense in die spervuur kan beland.

Die polisie is tans op soek na verdagtes verantwoordelik vir die aanval op die egpaar. Enigeen met inligting rakende die voorval word versoek om David Mathebula by 082 462 2416 te bel óf die polisie se misdaadstopnommer by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Blyk deesdae dat die “gemeenskap” die oordeel mag fel in misdaadverwante sake: hier word twee bejaardes aan die brand gesteek agv hoor-se. In Coligny word die dorp verwoes agv hoor-se en n gemeenskaplid se liegstories! Kan ons dan maar aanneem dat howe, regters en ander regsinstansies se tyd uitgedien is?

simon sê ·

wel tenminste doen die gemeenskap iets,
die probleme is baie is blind vir die waarheid wat in daardie townships skuil,
sal dit nie wonderlik wees as hulle ook gereg in eie hande neem as dit kom by plaasmoorde verkragtings en huisbraak?
“we dont drink from our enemies skull anymore” en dit is die rede hoekom alles uit balans is
5c

Wonner ·

Ek wonner net wat het die 18jarige gedoen om sy grootouers te gedryf het om dit te doen in die eerste plek

Nel ·

Miskien was hy ook ‘n tik- veslaafde soos die seun van die Lavender Hill ma, Ellen Pakkies wat haar seun verwurg het omdat sy nie meer sy mishandeling kon verduur nie.

Jerry ·

In meeste jungle justice gevalle is dit die moordenaars wat onskuldiges by die gemeenskap verdagmaak, blameer en valslik beskuldig. Die eintlike moordenaars is gewoonlik die eerstes wat tydens die beskuldigings en hewige argumente n band gryp en oor die slagoffer se kop sit of n klip op tel en die slagoffer gooi, waarna die hele gemeenskap klippe optel en gooi. So wis hulle gou gou bewyse uit en plaas almal op n dwaalspoor. Omdat die gemeenskap aandadig is se hulle niks en het hulle niks gesien of gehoor rondom die jungle justice nie. Hulle sal wel stories opdis oor waarom hulle glo die slagoffers het die kind vergiftig.

Andre C ·

Die 18 jarige jong man was baie sterker as sy grootouers,iets lyk verdag hier

Gemaskerde Sopbeen ·

Duidelike voorbeeld van die top van Afrika potensiaal in werking!! Die land het ‘n blink toekoms wat vir hom lê en wink……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.