Grootse regstryd oor Covid-19-regulasies begin

Verskeie instellings is gereed om die regulasies in die hof te gaan betwis. (Foto: Maroela Media)

Solidariteit het Donderdag kort voor 08:00 reeds sy eerste regsbriewe op die minister van gesondheid beteken om ʼn stokkie te steek voor die “rampregulasies wat onder die dekmantel van gesondheidsregulasies” aangekondig is.

Die regering het Woensdag kort voor middernag – en net voor die bestaande regulasies sou verval – nuwe tussentydse regulasies aangekondig om die Covid-19-pandemie te bestuur. Die regulasies bepaal onder meer dat die minister, in dié geval dr. Joe Phaahla, eensydig regulasies kan afkondig en ophef.

“Dit gee drakoniese magte aan die minister wat heeltemal onregmatig is,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Die wet maak nie voorsiening vir soort van oorgangsregulasies soos wat nou gedoen is nie. Dit is ʼn baie vreemde ding wat die regering nou doen: om regulasies af te kondig terwyl hy terselfdertyd die verlenging van kommentaar daaroor aankondig.”

Hermann sê dit is prosedureel onregmatig en die optrede bevestig dat die regering nie die duisende kommentare wat hy oor die regulasies ontvang het, in ag kon neem nie.

“Dit beteken ons sit met regulasies waaraan die publiek eintlik nie deelgeneem het nie. Dit is eintlik ʼn voorsetting van die rampbestuursregulasies en dus onregmatig. Die wet maak nie daarvoor voorsiening nie.”

In die regsbrief fokus Solidariteit dus veral op die prosedurele onregmatigheid en die feit dat die publiek se kommentaar nie in ag geneem is nie.

“Die regsgeding het reeds begin en ons verwag dat dit een van die grootste nog teen die regering gaan wees. Ons verwag ook dat ander instellings dieselfde gaan doen en ons verwelkom dit.

“Die kern van die probleem is nie bloot die dra van maskers of getalle by byeenkomste nie, maar die drakoniese mag van die regering. Dit is die eintlike geveg.

“Die dra van maskers het ʼn simbool geword daarvan, maar die kern van die geveg is die drakoniese magte wat in die hande van die regering geplaas word.”

Hermann sê Suid-Afrikaners het eerstehandse ervaring van wat die regering met dié mag doen. “Hy het voorgeskryf watter plakkies jy mag dra, het bepaal dat oop strande onveilig is en dat warm kos nie goed is vir ons nie.

“Ons het dit gesien gebeur. Ons weet wat die regering daarmee doen en daarom moet dit gekeer word.”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, benadruk dat die ramptoestand opgehef is en dat daar nie meer agter die Rampbestuurswet geskuil kan word om mense se regte eenvoudig in te perk nie.

“Ons moet ons nie laat mislei om te dink ons vryhede word nie meer ingeperk nie. Ons word nie toegelaat om soos ons altyd geleef en beweeg het voort te gaan nie.”

Solidariteit sê ook die regering het die dringendheid met die regulasies oor homself gebring.

“Die regering weet al twee jaar lank dat daar ʼn einde aan Covid-19-regulasies moet kom en dat daar ʼn soort gesondheidsregulasie aanvaar sal moet word wat aanmeldbare siektes in die algemeen hanteer.

“Hulle het daarmee gewag tot letterlik minute voor die ramptoestand finaal verval het.”

Hermann sê die regering kan nie sy eie dringendheid skep en dan ʼn onregmatige en ondemokratiese proses probeer deurvoer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Laksman ·

Howe is net so klug. Ons bly kla en kla, maar ons laat dit toe!

1) Massaverset – kan nie almal skiet of arresteer en deur die hof druk nie.

2) Boikot als en almal wat die sotheid afdwing – klante sit kos op die besighede se tafel,
nie die regering nie, hulle skep belasting. Geen klante = werksverlies en verlies aan
belasting inkomste vir regering- nie wat enigiemand wil he nie. Sou regering die
besighede sluit, het dit dieselfde uitwerking.

3) Weerhou belasting – ai, dit is so maklik om uit te gee as jy nie daarvoor gewerk het nie,
weg is die vet salarisse.

Henri ·

Die cANCer regering steur hom/haar aan niks, behalwe hulle eie mag en rykdom. Al die klein groepe wat individueel die regering wil hof toe sleep, moet eerder kragte saamsnoer en ‘n klasaksie van stapel stuur. Maar die regering gaan soos altyd vir tyd speel en van die een hof na die ander spring en dan ‘siek’ wees op die dag wat die saak moet voorkom…

Hendrik ·

Afriforum/Solidariteit het oor die 300 hantekening versamel teen hierdie stryd en is alles behalwe ‘n klein groep. Wat wil jy bereik met ‘n klasaksie en waaruit gaan die regering die geld betaal as hulle die klasaksie oor 10 jaar verloor? Uit die belastingbetalers se sak natuurlik. Enigiste manier is die burgery net eenvoudig die masker wette ignoreer.

Deon ·

Presies, ek stem 100 persent saam met jou. Ek doen dit. Ek gebruik uitlanders se winkels en vermy die ander wat dit af forseer sover moontlik.

Henri ·

300 (bitter klein) of 300 000 (klein) handtekeninge? Of eerder publieke kommentare? En wie se geld gebruik Afriforum en Solidariteit? ‘n Bietjie van myne. Ja, maandeliks. En ‘n klasaksie gaan nie altyd oor ‘n uitbetaling nie, maar ook om wetgewing te lei.

Wie betaal die regering se regskoste in elke hofsaak teen hulle? As daar slegs een hofsaak is, wat feitlik al die verskillende partye teen die regering se kollektiewe doel dien, is dit mos beter om saam te staan (klasaksie).

Ek dra nie ‘n masker tot ek gevra word om een te dra nie.

Ek dink ons is eintlik aan dieselfde kant Hendrik.

Piet ·

Ek dink 300 (drie-honderd) is BITTER MIN. Hulle het nie ‘n kans met die getal nie!

Johan ·

Eks klaar daar, is elke keer bereid om te veg as ek in n winkel MOET ingaan. Dis die enigste uitweg!

Piet ·

Nie net maskers nie Casper – ALLES. Ons MOET ALLES ignoreer. Of is ons slapgat?

Johann101 ·

Mense moet net ophou comply… selfs in die tyd & 3 mnde tot 4 Julie wat ons tyd het om kommentaar te lewer op gis’traand se drakoniese reëls en regulasies wat van krag is…
Moet nie jou masker dra nie… daar is geen wetgewing wat die reëls en regulasies onderskryf nie…
Jy kan nie gearresteer, in die hof gedaag word nie… die regering is besig met ongrondwetlike dinge & moet in hul spore gestop word….
Die organisasies wat die regering hof toe sleep, alleen of kollektief… kom ons ondersteen hulle…

Manie ·

Wat kan die regering en winkels wat hulle protokolle volg doen indien ons eenvoudig weier om maskers te dra? Die winkels toemaak? Ek glo nie so nie.

Andries ·

Ek het solidariteit gewaarsku om nie hul vorige hofsaak te stop nie. Hul is in die rug gesteek. Nou wil hul weer op die hoftoegaan karretjie spring. Hoop hul volhou nou met die proses.

stargazer ·

Waar is die DA? Hulle is kop in een mus met die NWO. Steenhuizen hardloop Ukraine toe vir n foto op, nogal in n oorlogs front, maar voel niks vir ons armsalige mense nie. Basta met die DA

Sarie ·

En agter die skerms klink die soli groep en die R groep n glasie

Genis ·

Die probleem is, as die so n wilde pandemie is, waar is die bio bins vir die maskers? The masks is the new litter in SA? Noe so nie….

Johan ·

En waar is die miljoene sterftes wat in die strate rondlê…vet weet.

Henning ·

Ek sal nie n masker dra nie …klaar.
Ek het tydens al die vlae die reels eerbiedig, maar nou is dit belaglik, die noodtoestand is verby

Jaco ·

Onthou net dat die regters en die howe almal op die ANC-regering se payroll is. So moenie ‘n uitspraak teen die ANC-regering verwag nie

Lourens ·

‘n Baie ongemaklike vraag wat jy hier vra, Carin, en een waarop jy waarskynlik nie ‘n antwoord gaan kry nie. Om die waarheid te sê, ek is verbaas jou kommentaar is geplaas. Die media doen mos lustig voort aan die vermaning om tog die snert te gehoorsaam,

wim ·

Hierdie is ‘n baie sterk saak, en baie eenvoudig.

As die regering glo dit was heeltyd wettig vir die minister van gesondheid om te besluit wat ons oor ons monde moet aantrek, en hoeveel mense ons kan sien wanneer, hoeveel kliente ‘n besigheid soos ‘n stadion kan bedien, hoekom het ons vir so lank ‘n ramptoestand gehad? Eenvoudig: dit is nie andersins wettig of grondwetlik nie.

Die regering kan nie wette maak wat ‘n minister aankondig kort voor middernag ,wat die volgende dag in werking tree nie. Ons het ‘n grondwet, en ‘n parlement. ‘n Wet word geformuleer, publieke kommentaar word in ag geneem, dan word dit bespreek in die parlement, dan gaan dit na die nasionale raad van provinsies, en dan na die president, wat dit onderteken.

Al waneer die regering vir ‘n beperkte tyd vir mens kan sê wat om te doen sonder dat dit ‘n wet is, is waneer daar ‘n ramp of noodtoestand is, wat daar nie nou is nie.

Soos ek sê dit is ‘n eenvoudige en sterk saak.

Sarie ·

Ek wil nou nie lelik wees. Maar jy het hopeloos te veel vertroue in ons grondwet.

Marianna ·

Van wanneer af is 5 Mei tot 5 Julie 3 maande???? Kan hulle nie tel nie? Of skuil hier weer iets agter die fout?

Mallie ·

As ons almal saam staan en weier om te doen wat hulle se kan hulle niks doen nie.

Delia ·

Kry hulle Solidariteit. Ek hoop almal wat hier kommentaar lewer dra by tot Solidariteit se regsfonds

Papsak ·

Gee hulle gas vat vas hulle kan nie reels maak soosdit hulle pas nie onsstaan bank vas agter julle wys hulle

Alleen Wolf ·

Dit is suiwer kommunisme om jou burgers so te beheer. Phaala sê verniet hy het nie ‘n begeerte om ons te beheer nie, wat is dit anders? Dit is wetenskaplik bewys dat meeste van die reëls indien nie almal nie, geen verskil maak aan die oordrag van covid nie.
Ons volksgenote wat so slaafs meedoen om die reëls na te kom moet besef hulle is deel van nie net hulle eie ondergang wat vryheid aanbetref nie maar ook die van hulle kinders.

Cherokee ·

Pieter Groenewald, die VF+ stem altyd saam met besware teen die regering, maar nooit voor julle dit aan nie. Moet nie altyd wag vir ‘n ander party om beswaar aan te teken nie, maar hef dit aan vir ‘n slag. Ons wil nie net altyd lees dat julle saam sing nie, maar dirigeer vir ‘n keer.

annie ·

Hmm… Nog presidente aggresief ‘in waiting’? G’n kommentaar of saak gaan enige invloed het nie. Ons regering het mag en geld in gedagte. Die entstoflabs is te laat opgerig en bestellings bly uit, derduisende maskers lê geboks en werkers wag vir hul pay. Ons, die ‘nasie’, sal moet voel en opdok. Die land het veels te veel afwagtende presidente. Die boks is te vol. 2022 gaan al meer en meer onaangenaam verloop…

Chris ·

Wat het toe gebeur in die ander groot saak wat op 25 Maart 2022 aangehoor sou word tussen Solidariteit en die UVS?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.