Grootskaalse afleggings by Telkom

Grafika: businesstech.co.za

Grafika: businesstech.co.za

Telkom het vandag sy planne, om binne twee maande van nóg nagenoeg 7 800 werknemers ontslae te raak, by ʼn inligtingsessie in Olifantsfontein bekendgemaak.

Die vakbond Solidariteit bevraagteken die skaal van Telkom se afleggingsplanne wat aangekondig is.

Die telekommunikasiereus beplan onder meer om sy werksmag deur middel van Vrywillige Skeidingspakkette en Vrywillige Vervroegde Aftredepakkette met 4 400 werknemers te besnoei. Vroeër vanjaar het daar reeds 724 personeellede pakkette aanvaar. “Indien dié nuwe teiken nie gehaal word nie, sal gedwonge afleggings in Julie volg om by die verlangde syfer uit te kom,” het Marius Croucamp, hoof van die kommunikasiebedryf by Solidariteit, verduidelik. “Nóg nagenoeg 3 400 permanente werknemers sal na ander maatskappye oorgeplaas word. Dit is bo en behalwe 1 170 werknemers wat reeds deur artikel 197-sake-oordragprosesse geskuif is deurdat verskeie sakeportefeuljes binne die maatskappy reeds uitgekontrakteer is.”

Volgens Croucamp het Solidariteit in Februarie vanjaar reeds gewaarsku dat grootskaalse posverminderings op pad is. “Ons plaas reeds sedert die begin van die jaar af druk op Telkom om oop kaarte te speel oor die aantal mense wat geraak gaan word en ons bevraagteken steeds of hierdie drastiese optrede die maatskappy op ʼn volhoubare pad gaan plaas.”

Die vakbond het aangekondig dat hulle elke posvermindering wat hul lede spesifiek raak, sal bevraagteken en sal eis dat dit gemotiveer word op maatskappyvlak, asook op departementele en diensvlak binne Telkom.

“Teen hierdie trant gaan daar van Telkom slegs ʼn leë dop oorbly en die gebrekkige dienslewering wat ons reeds ervaar, gaan vererger omdat dit juis vaardige werknemers is wat deur grootskaalse onsekerheid soos hierdie afgeskrik word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Dit sal nie help nie, as jy met Chinese besigheid doen gebeur sulke dinge. Dit strek veel dieper as net die opsigtelike.

nico ·

Na aflegging kyk net die hoe bonusse wat daai hoe vettes gaan kry.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek hoop dat hul eerste sal begin by die klomp industriele terroriste wat aan die verlammende staking deelgeneem het en ons land honderde miljoene Rand gekos het voordat hulle getroue en produktiewe werkers teiken.

Gerhard Bezuidenhout ·

Dankie Bielie ek het sommer vroegoggend al n blonde oomblik gehad.

Hansie ·

Ek sukkel al ‘n week om diens uit Telkom te kry. Wat gaan dan gebeur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.