Grootste brandstofprysstyging nóg verwag

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Suid-Afrikaners kan volgende maand ʼn rekordstyging in die prys van brandstof te wagte wees.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê volgens data van die Sentrale Energiefonds (CEF), kan die petrolprys in April tot R24 per liter styg en die prys van diesel tot R23,60 per liter.

Daar word verwag dat die prys van 95 oktaan-petrol met R2,15 per liter sal styg, terwyl die prys van 93 oktaan-petrol met R2,07 sal toeneem.

Die prys van diesel sal tussen R2,94 en R3,08 per liter styg en die prys van paraffien met R2,51 per liter.

“Indien dit aan die einde van die maand ʼn werklikheid word, sal dit die grootste styging in brandstofpryse in Suid-Afrika se geskiedenis wees. Dit sal ongetwyfeld groot gevolge vir alle verbruikers en die ekonomie in die algemeen inhou,” sê die AA.

Die AA wys wel daarop dat oliepryse tans wipplank ry en dat daar dalk ʼn mate van verligting kan kom voordat die departement van minerale hulpbronne en energie in April die nuwe brandstofpryse aankondig.

Die verwagte styging word gedryf deur internasionale oliepryse wat die afgelope paar weke tot rekordvlakke gestyg het weens die voortslepende konflik in Oekraïne en kommer oor Russiese olievoorrade.

Rusland is die derde grootste produsent van ru-olie en kommer bestaan nou oor die land se aanbod.

“Op grond van huidige data dra die styging in oliepryse 98% by tot die verwagte prysstygings, met die rand wat rondom R15,11 teenoor die Amerikaanse dollar gestabiliseer het, wat tot die ander 2% bydra.

“Verbruikers moet hulself voorberei op wat waarskynlik ʼn lang winter gaan wees as die konflik in Oekraïne uitgerek word,” waarsku die AA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Reynier ·

Dit is tyd dat hulle alle Brandstofprys heffings wegvat. Die heffings gaan in elk geval nie waarvoor dit bedoel is nie. (Instandhouding van paaie ens.)

Pierre ·

Maar steeds hou die staat aan om belaglike heffings by te sit.

Kokerboom ·

Sasol is veronderstel om ‘n egaliserende effek op sulke stygings te he maar nee staat voel’n veer!

Marius ·

Sasol wat van steenkool vervaardig word het nog nooit pryse konstant gehou nie en sit hul pryse op saam met die nasionale brandstof pryse. Sodoende maak hul miljarde rande in wins. Weens die benadering weier ek om sasol te ondersteun. Groot skelms !!!

Pietertjie ·

En om te dink Sasol was met belastinggeld gebou. Wie onthou nog Sasol 1, Sasol 2, Sasol 3, Sasol 4….

Oe la la ·

Ja en the fellow people of South Africa moet maar net betaal…..

koos ·

Sasol voorsien bykans helfte van SA se brandstof, met ‘n helse klomp alkohol daarby ingegooi. Dus is die korrelasie tussen die olie prys en Sasol brandstof definitief nie 1 tot 1 nie. Ook het my belastinggeld in die verlede gehelp bou aan ‘n maatskappy wat deel van die wêreld se Fortune 100 Companies was. Is dit nie nou hoogtyd vir “pay back” nie? Al finansieële verskil tussen die NP en die ANC is dat die ANC nie weet hoe om diefstal deur die staat en sy amptenar(r)e weg te steek nie!

Kensy ·

Werkgewers sal dit moet oorweeg om hulle werknemers weer op rotasie basis te laat werk. 4 x 12 ure skofte elke 8 dae sodat jy steeds jou verlangde ure volgens die arbeids wet werk. Sodoende werk jy 16 in plaas van 20 dae n gemidelde maand en bespaar dus vervoerkostes… of ons moet op 50/50 rotasie basis OF van die huise af werk, sodat die aanvraag na brandstof skerp afneem.

annie ·

… Die R350… Kan ons ander ok in die tou staan om ‘n slag ons karre (deesdae amper kwartpad) ‘vol te maak’ vir brood en melk by die kafee op die hoek. Winter kom. Kry Eskom-werkers nog soos in die ou dae gratis krag?

Jacobus ·

Van wanneer af het Escom werkers verniet krag gekry? Moenie belaglike stellings maak nie!!!

Corne123 ·

So dit sal beteken ons sal ons SA vervaardige brandstof in buurlande teen R10 n lieter kan koop

May10 ·

Die heffing op brandstof gaan vir hulle skuld wat hulle moet af betaal, nie vir instandhouding nie. Hulle sal nooit die heffing af haal nie.

BARNEY ·

Daar is niks wat n mens kan se sonder om n nuwe ruwe tall te praat

Swerwer ·

En so is dit weereens die vriende van die ANC se skuld. Waarvoor is Sasol gebou? Waarom kon ons land nog nie genoeg brandstof voorsien het nie.

Papsak ·

Vat die heffings weg en derdeparty die geld gaan die wat dit nie nodig het nie

Frank ·

Jy sal jou allie sien nog voor die prys R100 per liter in Desember is al is die tekens daar jy het dit al gesien . Hou maar dop.

Blom ·

Petrol in Botswana is tans R 16-39 per liter en dit kom van SA af. Hoe is dit moontlik???

Martie ·

Dis verdomp verregaande!
Hoeveel van die brandstofprys gaan vir brandstof en hoeveel van die prys gaan om die soustrein te befonds?

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ja nee. ‘n Tweede Zimbabwe. Haal maar daai fiets van die rak af en begin daai beenspiere en jou balans oefen…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.