Grootste fondsinsameling ooit deur SA universiteit

Universiteit van Johannesburg. Foto: Aurobindo Ogra - Eie werk. via Wikimedia Commons

Universiteit van Johannesburg. Foto: Aurobindo Ogra – Eie werk. via Wikimedia Commons

Die Universiteit van Johannesburg se fondsinsamelingsveldtog vir die sogenaamde “vergete middel”, een van die grootste fondsinsamelingsveldtogte ooit deur ʼn Suid-Afrikaanse instansie vir hoër onderwys, het R100 miljoen ingesamel om die studies van bykans 2 500 studente te ondersteun.

Die “vergete middel”-groep is studente wie se huishoudelike inkomste meer as die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS)-drempel, maar minder as R600 000 per jaar is.

Die universiteit het die R100 miljoen bekom om studente in dié groep te ondersteun, onder andere met ʼn kontantskenking van R10 miljoen deur FirstRand Foundation.

“Die FirstRand Empowerment Fund (FREF) het ʼn baie spesifieke mandaat om by te dra tot ʼn versterkte ekonomie en ʼn beter Suid-Afrika deur opleiding te bevorder en te finansier, veral onder voorheen benadeelde Suid-Afrikaners,” het Sizwe Nxasana, voorsitter van FREF, gesê. “FREF verteenwoordig ʼn beduidende stuk van die skenking deur die groep se suksesvolle BEE-skema.”

Prof. Ihron Rensburg, visekanselier en hoof van UJ, het gesê dié bydrae is bykomend tot FirstRand Foundation se vorige bydrae van R6 miljoen oor drie jaar. “Dit is bemoedigend om te sien dat die privaat sektor in opleiding belê. Ek staan steeds verstom deur die buitengewone goedhartigheid wat aan ons universiteit en studente betoon word. Dit is belangrik dat studente die toewyding en bydrae deur die privaat sektor erken.”

Hy het benadruk dat die onlangse #FeesMustFall-betogings die finansieringsuitdagings van alle Suid-Afrikaanse universiteite onder die soeklig gebring het. “Die universiteit se raad en uitvoerende bestuur ondersteun die doelwit van gratis onderrig vir armes, en die implementering van ʼn finansieringsmodel wat toegang sal bied tot die ‘vergete middel’-studente.”

Nxasana het gesê die skenking aan die land se universiteite pas perfek aan by die mandaat. “Talle van ons het gesien hoe ons hoëronderrigstelsel die afgelope jaar geteister word deur geweld en ontwrigting en diegene van ons wat in die verlede uit dié onderrigstelsel voordeel getrek het, moet seker maak dat die volgende generasie dieselfde voordeel geniet. Ons hoop dat hierdie bydrae sal seker maak dat die studente wat wil studeer en hul eksamen wil afhandel, dit kan doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lance ·

Hoop hulle maak dit noudat almal so geld gee ….jy moet nogateeds vir dit werk hoor

Andre ·

Ja, samel fondse in en onderhou luiaards en mense wat daar is vir die verkeerde rede om UJ se tyd te mors. Ek sal nie eers my bottel nuttelose 2c vir hulle gee nie.

Alida ·

Jy is 100% reg Andre toe ek dit effe anders bewoord toe word my kommentaar nie geplaas nie.

Johann ·

En as teenprestasie as die beurs aan jou toegeken word? Hoef jy net in die klas op te daag?

Waghond ·

Hopelik word die geld aangewend om alle behoeftige studente wat kan en wil studeer om ‘n sukses van hul lewe te maak, te finansier.

Alida ·

Waghond glo my net n sekere groep sal gehelp word en oor 2 jasr gaan alles weer in vlamme en klippe op.

wilma ·

R600000 per jaar jou ouers se inkomste. Hu dink jul huveel mense verdien R600000 per mnd. Nou praat ek van wittes ook

Lalla ·

En wat van die ander 20 000 wat dit nie kan bekostig nie?? In die ou dae kon jy nie universiteit toe gaan as jy bie kon betaal nie Finish en klaar. Almal wat nie kan betaal nie moet uitgeskop word en dan maar gaan werk en deur afstand-onderrig verder studeer. As hulle dan nou wil leer, bygese. Patetiese klomp jongmense van vandag.

Bumble bee ·

Julle gaan dit moet gebruik om die SKADE wat die einste studente aangerig het te herstel. Dit klink vreeslik baie geld, begin net solank kwotasies kry vir die herstel en opbou van al die skade wat oor die laaste paar maande aangerig is dan sien julle hoe vinnig dit verdwyn. Ek het opgehou toe ek BEE lees!

RC ·

Solidariteit is besig om geld in tesamel vir ‘n universiteit, ondersteun hulle, ons moet saam staan en ons eie plan maak.

Manna ·

En so word hulle in hulle kwaad versterk. Volgende jaar doen hulle dit weer, Dit werk dan. Nou verstaan ek ook somaar hoekom my belegging so swak groei. Belegers se geld word in bodomlose put gegooi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.