‘Grootste glips’ – baba op pad vir gewilde aktrise

Die gewilde aktrise Rolanda Marais en haar regisseur-man, Jozua Malherbe, het bekend gemaak dat hulle ‘n babaseuntjie verwag. (Foto: Rolanda Marais/Instagram)

Sommer so kort ná Moedersdag het die gewilde en immer stylvolle aktrise Rolanda Marais bekend gemaak dat sy en haar man, Jozua Malherbe, ʼn nuwe baba gaan ryker word.

Die 44-jarige Marais, bekend vir haar rolle in onder meer Fynskrif, Binnelanders, Wolwedans in die Skemer, Vlug na Egipte, Ballade vir ʼn Enkeling en die rolprent Poppie Nongena, het op Instagram gedeel dat sy nou 20 weke swanger is.

“Die grootste glips van 2022! Maar ʼn welkom ene …” het Marais Dinsdag op sosiale media geskerts.

Sy en Malherbe is in 2016 getroud en woon in Kaapstad.

“Ek was stomgeslaan toe ek oor my swangerskap uitvind. Ek is 44 en ek het nie gedink glipse gebeur nog op my ouderdom nie,” het sy verklap.

Marais en Malherbe, ʼn bekroonde vervaardiger en onder meer regisseur van die rolprent Griekwastad (waarin Marais ook ʼn rol vertolk), het ook ʼn dogtertjie, Charlotte.

Rolanda Marais en haar dogtertjie, Charlotte. (Skermgreep: Rolanda Marais/Instagram)

Klein Charlotte is volgens haar ma reeds superopgewonde oor die nuwe boetie wat binnekort sy opwagting maak.

Marais het nie dadelik op ʼn versoek om kommentaar geantwoord nie.

(Skermgreep: Instagram/Rolanda Marais)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Daleen ·

Ag nee wat Delia dis wanneer ouers so katvoet om kinders is dat hulle alles teen jou gebruik deur sensitief daaroor te wees. Al wat jy met jou glipsie moet doen is om hom/haar liefde te gee en nog liefde en nog liefde (presies dieselfde as jou beplande kinders.) Verder maak niks anders saak nie. Glips of nie baie geluk julle hoop hy bring baie vreugde vir julle!

M.P. ·

Ek stem my kind weet sy was n glipsie en ons lag nog elke dag daaroor. Maar my grootste geskenk van God. Gee net baie baie liefde vir al jou kinders…

Treurwilger ·

Veels geluk!
(Vele Afrikaanssprekendes spel “privilege” verkeerd die eerste skoot) ;-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.