
Die gewilde aktrise Rolanda Marais en haar regisseur-man, Jozua Malherbe, het bekend gemaak dat hulle ‘n babaseuntjie verwag. (Foto: Rolanda Marais/Instagram)
Sommer so kort ná Moedersdag het die gewilde en immer stylvolle aktrise Rolanda Marais bekend gemaak dat sy en haar man, Jozua Malherbe, ʼn nuwe baba gaan ryker word.
Die 44-jarige Marais, bekend vir haar rolle in onder meer Fynskrif, Binnelanders, Wolwedans in die Skemer, Vlug na Egipte, Ballade vir ʼn Enkeling en die rolprent Poppie Nongena, het op Instagram gedeel dat sy nou 20 weke swanger is.
“Die grootste glips van 2022! Maar ʼn welkom ene …” het Marais Dinsdag op sosiale media geskerts.
Sy en Malherbe is in 2016 getroud en woon in Kaapstad.
“Ek was stomgeslaan toe ek oor my swangerskap uitvind. Ek is 44 en ek het nie gedink glipse gebeur nog op my ouderdom nie,” het sy verklap.
Marais en Malherbe, ʼn bekroonde vervaardiger en onder meer regisseur van die rolprent Griekwastad (waarin Marais ook ʼn rol vertolk), het ook ʼn dogtertjie, Charlotte.
Klein Charlotte is volgens haar ma reeds superopgewonde oor die nuwe boetie wat binnekort sy opwagting maak.
Marais het nie dadelik op ʼn versoek om kommentaar geantwoord nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Wow!
Baie geluk julle!!!
Awe…dis wonderlik…baie baie geluk
Ai dit is wonderlik! Baie geluk!
Daar nie n ding soos glipse nie
Veels geluk!
(Vele Afrikaanssprekendes spel “privilege” verkeerd die eerste skoot) ;-)