Grootste meelvervaardiger in Zim sluit sy deure

National Foods (Foto: MyZimbabwe)

Een van Zimbabwe se grootste voedselvervaardigers, National Foods, het aangekondig dat hy Woensdag sy deure in Harare en Bulawayo sal sluit weens ʼn gebrek aan buitelandse valuta wat beteken dat hy nie sy verskaffers kan betaal nie.

Die maatskappy, wat gesamentlik aan Tiger Brands en Innscor Africa behoort, het skriftelik aan sy “gewaardeerde klante” gesê sy meule in Harare en Bulawayo sal na verwagting Woensdag sluit. Die maatskappy sal steeds die beperkte voorraad wat hy beskikbaar het, maal.

Die maatskappy wat kitskos, mieliemeel, vervaardiging van snoepgoed, suiwel en eetbare olies by sy portefeulje insluit, blameer ʼn tekort aan buitelandse valuta vir die sluiting van sy meule.

Zimbabwe het in 2009 sy eie geldeenheid laat vaar en gebruik nou ʼn verskeidenheid van geldeenhede, hoofsaaklik die Amerikaanse dollar. Die land is in ʼn ernstige ekonomiese verknorsing en buitelandse valuta, brandstof en mediese toerusting is aan die orde van die dag.

Tiger Brands besit ongeveer 37% van National Foods.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Riaan ·

Nou huil hulle oor buitelandse valuta. Hulle het dan almal verjaag. Neem kennis SR en ANCen EFF tjommies.

Johannes ·

Riaan, anargie en ‘n kommunistiese staat, waar net ‘n elite groepie stink ryk is, is wat die anc nog altyd wou gehad het.

Sandy ·

In plaas daarvan om jou te verlekker aan die situasie, dink aan al die families wat nou voor kersfees sonder geld gaan sit. Hoe verduidelik hulle dit aan hul kinders wat een maal ‘n jaar uitsien na ‘n ou geskenkie dat hulle nie dit of moontlik ‘n kersmaal gaan kry nie.

Pieterv ·

Neem kennis “All Non Compliant”!!!
Julle grond beleid is gedoem om SA op dieselfde pad te plaas!!
Hou op om stemme na te jaag!!!!

Snowball ·

Soon to be seen in SA….
Die ANC hard op dieselfde spoor as ZANU PF. Grondonteiening loop sy eie pad, maar die nadraai is totaal voorspelbaar, soos Zimbabwiërs sal beaam.

HPV ·

Al wat nou oorbly is om internasionaal bakhand grootoog te staan, Zim en binnekort SA. Ons het nie voedsel want ons het dit wat geproduseer het geplunder.

SADD ·

Of ons land gaan suksesvol wees. Of ‘n mislukking. As daar tekens was van ‘n fondament waarop gebou kan word, word dit baie goed weggesteek.

Anoniem ·

Stem SA volg nou baie vinnig in Zim se voetspore. Die mense in SA wat nie tengronde wil gaan sal nou moet besluit, vergeet politieke onderhandeling, staan saam en as die wapen opgeneem moet word dan moet dit maar so wees. Daar is altyd onskuldigge mense wat in die slag bly maar in hierdie geval is dit alle wit mense. Luister wat daar gese word. Sien wat om ons aangaan en besluit dan self. Ons kan nie almal uit hierdie land nie. Die rykes verlaat die land en die armes word oorgelaat aan hul eie lot

leser ·

watter boer in suid afrika wil verder boer as die regering grondonteiening sonder vergoeding gaan instel
die boere het hulle agterente afgewerk om voedsel te voorsien, alles verniet
die net soos toe ons in die tagtigs in suidwes afrika baklei het teen terrorisme vanuit angola, vir wat, dit het die baklei niks gehelp nie

Koos de Meyer. ·

Hierdie klomp se oë het nog nie oop gegaan nie. Hulle gaan huil dan is dit te laat. Zimbabwe is ‘n duidelike voorbeeld, alles van ‘n vooruitstrewende land in die afgrond in.

Corné ·

So jammer dat daar toegelaat word dat een persoon en sy kabinet n hele land wat floreer het kan ten gronde bring.

Manie ·

Moet nie n fout maak. Kyk vir wie word daar elke keer gestem. Die armes van gees wil nie leer nie. In ons land gaan dit dieselfde. Ons stem anc tenspyte van hoe skelm die party is

Johan ·

@Ferdi,hulle is klaar hier.Nice een Tiger Brands,eers enterprise Nou dit.Sal egter nie masiewe bonuses aan Direksie keer nie.Moenie glo ALL NATION CORRUPT gaan hulle daarvan steur nie.

Magrietha ·

Ag julle hoe glad nie sleg te voel nie.SA ook oppad om dow selfde te loop

Christa M ·

Die eens voedselspens-land het agv een man (Mugabe) se rassehaat tot niet gegaan. Nou wil Ramaphosa & Malema dieselfde foute maak. Kortsigtig! Onverantwoordelik! Vernietigend!

Michael ·

Ek stem so gaan hulle .hulle self ook vernietig maar dan is dit te laat.net soos Zim.

Jozi ·

Ek sien hierdie voor my afspeel soos die laaste oomblikke van ‘n tragiese film waar iemand deur toe stap, vir ‘n oomblik terugkyk, die lig vir die laaste keer afskakel en dan die deur agter hom sluit.
Dis net ‘n kwessie van tyd dan sit ons letterlik en figuurlik in Donker Afrika.
Met komplimente aan Mugabe, Zuma, Juli-Ass en hul menige korrupte Comrades.

Stripes ·

Buitelandse valuta? Ek kan mos nie grondstof aankoop as ek nie produkte winsgewend verkoop om weer grondstof aan te koop vir die volgende produkte nie. Niemand gaan mos geld belê in ‘n besigheid waar jy weet jy jou kapitaal gaan verloor nie. Nou gaan SA se produkte weer geskenk word aan die boeties in zim terwyl plase en grond hier sonder vergoeding onteien word.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ag vader tog…..nog 18 pessimiste….Hou tog op met “Sien julle? Net NOG ‘n Zimbabwe!!!” Daai groot maatskappye is parasities….en suig ‘n ekonomie leeg. Nou kan nuwe entrepeneurs die mark betree…..500 nuwe mieliemeulens in privaat besit oopmaak….werk skep, belasting betaal, produktief wees, en…….o gaats, daar skrik ek wakker!! Kyk hoe koud is my koffie nou….hahahahaha

cr ·

Gee vir die wit boere van Suid Afrika wat bedreig word plase in Zimbabwe dan sal julle sien hoe vining Zimbabwe se ekonomie weer sal herstel.

Print my maat print ·

Print nog geld dan kan julle betaal. Wats die probleem

Jerry ·

ZANU PF en hulle volgelinge kan nou uiteindelik maar heeltemal ten gronde gaan en klaarkry. Die res van Zimbabwe is in elk geval in SA waar daar darem nog iets is om te eet, danksy die boere! Mens kan maar net wonder wat sou van die arme mense geword het, was dit nie vir die boere en goedhartige Suid Afrikaners wat hulle nou voed! Na OSV behoort daar darem heelwat meer boere te wees om hulle te voed!

George Pelser ·

Hahahaha! Afrika se hardkoppige beterwetige onnoselheid bly homself herhaal. Ons is volgende.

hendrik ·

Partykeer lyk dit vir my asof hulle doelbewus alles wil vernietig. Is dit nie miskien die kommunis se doel nie. Was Afrika dan nie vir hierdie klomp n voorbeeld nie want hulle volg dan dieselfde pad.

Annelize ·

Ja? En wie is verbaas? Ou Bob het mos se meerwaardig oor die mikrofoon geskree dat Zim nie die buiteland nodig het nie.

Ek is net bevrees SA is flink op dieselfde pad, die skrif is juis gister aan die muur aangebring…

slim wees ·

Miskien moet Ons nou maar Almal na Zim toe Oor hardloop en daar ons Grondjie gaan gryp en Weer begin, Dis mos verniet net soos hier……

Marius ·

Die boere het klaar ophou plant van hulle so weet nie waar gaan Zim meel kry as daar nie gaan wees vir die in SA

Robert ·

Dink nie dit pla hulle te veel nie. SA voorsien. Honderde voertuie vol produkte en petrol ry daagliks heen en weer oor die grens.

Tina ·

Adam gee die tuin van Eden vir Satan. Jesus betaal met sy bloed om die aarde terug te gee vir Adam. Israel verloor die beloofde land agv sonde teen God en word versprei oor die hele aarde. De la Rey en die boere voortrekkers betaal met hulle bloed vir die gelofte land en hulle kinders gee dit weer weg vir goddelose mense om daaroor te regeer. Eish. Ons leer nie uit ons geskiedenis nie. Gee weg jou erfdeel vir Satan- dat hy die armes kan verdruk en die oumense beroof en die wees kinders kan verkrag.. SA is klaar die “rape capital of the world” God moet nou weer kom skoonmaak met ‘n smeltkroes, hongersnood en verdrukking.

Hubris ·

Die genade vanweë Jesus se kruisdood het waarlik niks met grond, aardse besittings of wie SA polities beheer, te maak nie. Jesus sterf ter wille van ons sonde, nie om grond (of Eden) aan Adam terug te gee nie, maar om versoening vir sonde te gee, sonder voorbehoud van velkleur, geslag of nasionaliteit. Om aards te regeer oor SA (volgens jou die gelofteland) is beswaarlik die rede vir Jesus se kruisdood, Hy kom nie met die swaard nie, maar vir vergifnis en versoening – iets waartoe ons as mens nie in staat is nie. Afrikaners is nie bo ander volke uitverkore nie, alle gelowiges wat Jesus as Verlosser aanneem is nou deel van God se verbondsvolk en is susters en broers is geloof.

Hanna Hoekom ·

Print Zim Dollars sommer in rolle: enkellaag en dubbellaag. Buy 12, get 2 free! As die geldeenheid nog ooit bestaan…

Piet ·

Dis baie belangrik om te onthou dat die Commercial Farmers Union in Zim hulle volle samewerking gegee het t.o.v opleiding en ondersteuning aan opkomende swart boere. Net so is daar ook die wat gedurig maan dat ons Agri SA moet ondersteun en ons samewerking behoort te gee om grond oor te dra. Die naiewe ouens het gese dat Cyril nooit n Zim tipe “land reform” sal toelaat nie. Ek wonder wat se hulle nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.