Grootste rentekoersstyging in jare aangekondig

(Argieffoto: Maroela Media)

Die Reserwebank het Donderdag ʼn rentekoersverhoging van 50 basispunte aangekondig. Dit bring die repokoers op 4,75% te staan.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het gesê China se reaksie op die jongste Covid-19-uitbreking en Rusland se volgehoue inval van Oekraïne weeg swaar op globale ekonomiese groei en sal bydra tot hoër inflasie.

Die Reserwebank het sy verwagting vir ekonomiese groei in 2022 afwaarts aangepas van 2% na 1,7% weens ʼn kombinasie van korttermynfaktore, insluitend die oorstromings in KwaZulu-Natal en die voortgesette elektrisiteitsvoorsieningsprobleme.

Die verwagting vir oorhoofse inflasie is effens verhoog van 5,8% tot 5,9% hoofsaaklik weens hoër voedsel- en brandstofpryse.

“Ekonomiese en finansiële toestande sal na verwagting vir die afsienbare toekoms meer wisselvallig bly,” het Kganyago gesê. “In hierdie onseker omgewing sal beleidsbesluite steeds data-afhanklik en sensitief wees vir die balans van risiko”s vir die vooruitsigte.”

Die rentekoersstyging wat van môre van krag is, is die grootste verhoging sedert begin 2016. Nog ʼn rentekoersverhoging word in Julie verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Carina ·

Ja nee, wurg ons nou nog verder!! Waar dink julle moet die geld vandaan kom? Waar lê die logika agter stygende rentekoerse, en, en, en?? Ons salarisse raak nie meer nie, mense betaal nie meer hul rekeninge nie, so ons inkomste raak net al minder en minder. Maar ons moet al meer en meer betaal vir die noodsaaklikste komoditeite – ‘n dak oor jou kop, ‘n motor, krag en water, petrol, kos. Een van die dae plak ons almal langs die rivier en vreet gras!!

JohanR ·

Verbaas die lot ANC’s het nie die rente koers December 2020 met 2 basis punte op gestoot het toe almal hulle werk verloor het!

Marius ·

Hoekom word die rentekoers verhoog?????? Daar is geld om name te verander en vlagpale van R22 mil
te plant , maar daar is nie geld vir ander noodsaaklike dinge nie. Die regering het mal geword.

M ·

Van ‘n dag tot lewe maak dit geen sin maar gaan lees op oor ekonomie. Phisical and monetêre policy. Enigste manier om inflasie te verlaag is om rentekoerse op te stoot want dit verminder die hoeveelheid geld in sirkulasie en sit meer geld in reserve bank wat nie deel form van die somme nie. Dis siek maar welcome tot economics 101. Vir die mense wat die goed verstaan het dit all sien kom met die all die covid geld wat uitgedeel is in al die lande. All die regerings wat soveel geld inpomp vir niks sal lei tot inflasie.

Marius ·

Die anc moet waai. Hul dryf die land nou in die afgrond in. Duidelik weet ie een van hulle wat hulle doen nie.

Kokerboom ·

Rentekoers verhogings stimuleer NIE die ekonomie. Dit straf die verbruiker vir verhogings totaal buite sy/haar beheer. Dit verarm die middelman..die melkkoei van die ekonomie! Dis ‘n genadelose aanslag op die psige, oorlewingsvermoeë , ondernemingsgees en welwillendheid van man in straat!

JohanR ·

Dankie tog ek skuld niks op ‘n huis, ‘n kar of ‘n sitkamerstel. Maar by December sal petrol R30L kos. Dankie ANC. @Voertsak ANC!

M ·

Goeie opsomming. So hoe doen mens dit? Deel geld uit vir niks wat die vraag tot produkte verhoog, sit dan allmal op lock down wat die supply van produkte verlaag…. wat kry jy? Baie eenvoudig maar baie slim.

KaRoOkWaGgA ·

Kan die ANC vir die land ‘n voorspelling gee oor wanneer presies hulle gaan klaar wees om die land te vernietig? Hulle en hulle bevelsraad is mos so in die kol met voorspellings. Suid Afrika is alreeds die replika van Zimbabwe. Een van die dae gaan ons met ‘n R200 noot hopenlik ‘n brood en melk kan koop.

CJSH ·

Rentekoers was 23.99% in Junie1998 en 3.5% in Julie 2020. Die gemiddelde koers 12.04%
Moet nie skuld maak as jy nie 13% rente kan bekostig nie.

Vlakvark ·

Ek kan verstaan as mense te veel spandeer en dat rentekoerse dan opgaan om inflasie te keer. Die inflasie het egter meestal nou te doen met olie prys (oorlog in Oekraïne) en invloed van Covid regulasies. Deur rentekoers te verhoog gaan niks aan kos en petrol verander nie. Probeer ou formules toepas om unieke probleem te probeer oplos. Dink ekonoom van Solidariteit of Afriforum het dieselfde gesê.

Alida ·

Wonderlike nuus vir mense wat ‘n geldjie in die bank het en rente daarop verdien. Miskien moet mense minder skuld maak en liewer spaar tot hulle kan bekostig wat hulle wil koop.

Leah ·

Hier is nou n hele paar mense wat die ANC die skuld gaan gee maar die geheim is om nie met oogklappe aan na die ekonomie te kyk nie. Daar is soveel faktore wat bydrae tot die besluit. Ons inflasie koers is op die oomblik verskriklik hoog wat direk beinvloed word deur die oorlog tussen Rusland en die Oekraine en olie pryse. Dit alles het weer ‘n invloed op die wisselkoers, meenende ons invoer pryse word verhoog dus goed word duurder – dit ly tot hoe inflasie %. Om inflasie hok te slaan verhoog sentrale banke die repokoers, aangesien dit banke ontmoedig om by die sentrale bank te leen. Dit verminder uiteindelik die geldvoorraad in die ekonomie en help dus om inflasie te stuit.

Leah ·

Een ding wat in ag geneem word is dat dit net ‘n impak gaan he op mense wat nou wil skuld maak – vir n huis eienaar gaan daar omtrent ‘n 200 – 500 verskil wees vir kar eienaar sal ek aanraai om liewers n vaste koers te vat al lyk die flexi koers beter – in die long run gaan jy meer baat om ‘n vaste koers te vat – as mens nou die huidige ekonomiese toestande in ag neem. Les is moet nie bo jou vuurmaak plek lewe nie as jy R8 000 n maand verdien lewe asof jy net R7 000 kry as jy R40 000 verdien lewe asof jy R30 000 kry – die mens is aanpasbaar. as jy geld wegsit kan jy meer daarby baat as om skuld aan te gaan om lekker te lewe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.