Grootste skok nóg vanjaar in brandstofprys verwag

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Die Automobiel-Assosiasie (AA) voorspel slegte nuus vir motoriste in September met die prys van diesel, petrol en paraffien wat na alle verwagting gaan styg.

Gegrond op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds is die verwagting tans dat die prys van 95-oktaan-petrol en 93-oktaan-petrol tussen R1,45 en R1,41 per liter gaan styg en die prys van diesel met sowat R2,60 per liter.

Die prys van paraffien sal na verwagting met R2,55 per liter styg.

Dít sal dan die grootste styging sedert Desember verlede jaar wees.

Vir motoriste in Gauteng wat 95-oktaan-petrol gebruik, sal die verhogings ’n pryspunt van sowat R24,28 per liter vir brandstof tot gevolg hê, en dit sal sowat R1 335 kos om ’n 55 l-tenk vol te maak. Om die brandstoftenk van dieselfde motor by die kus vol te maak sal sowat R1 311 kos.

Hierdie stygings in pryse sal ook druk op alle dieselverbruikers plaas, maar veral groot verbruikers in die landbou-, kleinhandel-, vervaardigings- en kleinhandelsektore.

Brandstofpryse in Suid-Afrika word deur twee hooffaktore gedryf: die internasionale oliepryse en die wisselkoers tussen die rand en die Amerikaanse dollar, aangesien brent-ruolie in Amerikaanse dollar verhandel word. ’n Swakker rand beteken brandstof word duurder om te koop.

Oliepryse het die afgelope weke gestyg omdat sommige produsente produksie beperk weens swak vraag.

“Natuurlik kyk alle huishoudings na maniere om uitgawes te bestuur en aangesien brandstof ’n integrale deel van baie begrotings bly, is dit moeilik om die hoër pryse te vermy. Soos altyd moedig ons motoriste aan om te verseker dat hul voertuie in ’n goeie toestand is en optimaal werk om die korrekte hoeveelheid brandstof te gebruik,” stel die AA voor.

Die amptelike aankondiging van die aangepaste brandstofprys vir September sal Maandag 4 September deur die departement van minerale hulpbronne en energie gemaak word. Die nuwe brandstofpryse sal Woensdag 6 September om middernag in werking tree.

“Ons moet ook daarop let dat dit midmaand-data is en die pryse kan verskil voor die amptelike aanpassings, maar die huidige vooruitsig dui beslis op aansienlike stygings op daardie tydstip.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Elizabeth ·

Ons word doodgemaak met die brandstof. Nou gaan alles weer styg. Een van die dae eet ons net mieliepap. Al wat ons sal kan bekostig

Groen Ghoen ·

Moet nie bekommerd wees nie Elizabeth. Een van die mooi dae ry ons almal in perperduur elektriese karre. Massiewe wind- en sonplase gaan groen energie verskaf. Sodra al die geld gevind is sal alles realiseer. O ja. Die Arabiere soek $90,00 per vat olie. Die Noordelike Halfrond se winter wag.

Bolandse Nooi ·

Ek eet al klaar net mieliepap, brood en aartappels omtrent! As ek egter kyk na die voertuie wat sekere mense ry, die huise waarin daar gewoon word e.d.m., wonder ek net WAAR werk diesulkes? As jy neem hoeveel nuwe Haval Jolion’s jy deesdae hier sien rondry in ons dorpie (die beginprys is sowat R8000.00/maand) en die 4-5 slaapkamer huise in die “skuld bult”, Fairview Heights (minimum R2,5m) … dan wonder ek maar net … Mens kan DIT SOWAAR nie op ‘n salaris soos myne, R15k/maand, bekostig nie!

Dewald ·

Nou sal ek nog n werker moet aflé.Sal seker maak dis een wat vir die CancER stem

Theuns ·

Regte benadering. Vervang met masjiene. Hul sal anywsy lekker SASSA kry en van ons belasting lewe .
Lewenstandaard van SASSA mense beter as die wat werk .
Vrou, 7 kinders en kleinkinders van 26 jarige dogters kry hul maklik R10 k per maand.
Sassa is eintlik bevordering.. en geld is FREE FOR ALL

Kokerboom ·

Bestaan die sogenaamde egalisasiefonds nog? Die regerende regime voel ‘n veer vir man in straat!

piet ·

Nee, want almal het daaroor “ge-moan” en gese die prys moet maandeliks aangepas word volgens die heersende olie-prys (op ‘n maand tot maand basis).

Porseleintjie ·

So steek die staat maar net weer hul hand dieper in Jan en alleman se sak. Pers elke druppel lewe waar hul kan.

Theuns ·

N8e staat direk dis ramsposa se cadres wst as middelmanne SKEP en skatryk word.

Theuns ·

Nee. Ramaposa cadres vat “wettige” “winste” vir eie sakke.

Rocco ·

Ek sal moet belê in ‘n nuwe paar tekkies. Die voetpaaie wat so gebou word, gaan een van die dae spitsverkeer hê

piet ·

Ek is nou al 2-jaar sonder ‘n kar, dis regtig bevrydend hoor. As jy natuurlik nie anders kan as om ‘n kar te he nie is dit natuurlik ‘n ander storie.

SwartBees ·

Koop saam daai tekkies pepper spray want jy weet nie watse gevaar wag op daai voetpadjie nie.

OU SAAR ·

Met elke klap wat ons toegedien word en elke wurggreep raak ek al hoe stommer…
Ons kar se paaiement het in die jaar wat ons hom het 4x gestyg. Elke keer as ek in die winkels kom is die pryse op. Ons finansies is al tot op die been gesny. Geen medies, geen pensioenfonds. Volgende moet ons ons polisse (wat ons neseier eendag gaan wees) kanseleer…
Daar was ń tyd dat ons ten minste 1x per maand onsself kon bederf en as gesin bietjie gaan uiteet. Weet nie eers meer hoe die binnekant van ń restaurant lyk nie, wat nog te sê ń klerewinkel. Ons koop al klaar elke 2de na 3rde maand toe kruideniersware. Dit gaan nou seker rek na elke 6 maande.
WANNEER IS GENOEG NOU GENOEG…!!!!

Theuns ·

Soos alles Massiewe bedrog met prysbepaling.
RSA gebruik NIE brent olie vir petrol noe masr lae graadse olie wat baie baie minder kos as rerapporteerde olieprys.
Dis die rede vir hoë koolstof inhoud.
Na sluiting van olie raffinaderye in Durbsn deur regime weens belaglike wetgewing oor eienaarskap waar hul.cadres verniet wou inforseer as “eienaars”
Die grootste % petrol en diesel ingevoer dus uitgelewer aan mark MAAR tussenganger cadres voer in en las massiewe wins by!
Eskom wat miljarde liters diesel.opsuig teen hoë winste via cadres soos tandartse as tussenganger cadres veroorsaak tekort in mark wst dueselpryse opstoot
Alles kon terug na enkele cadres wat miljarders word terwyl 61miljoen mense soos gekke uitgebuit word..

j

SwartBees ·

Theuns, jou kommentaar slaan die spyker op die kop. Dis seker n cadres wat die af gesiggie gee op die kommentaar.

SwartBees ·

Niks, maar niks van die onbeholpe regering verbaas my meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.