Grootste vonds kokaïen ooit by OR Tambo

Argieffoto van kokaïen

Argieffoto van kokaïen

Doeanebeamptes het beslag gelê op nagenoeg 27 kg kokaïen by die OR Tambo Internasionale Lughawe, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens Dinsdag gesê.

“Die dwelmmiddels is Maandag by die lughawe gevind. Die kokaïen was in blokke binne ʼn bagasiesak wat doeanebeamptes ondersoek het nadat hulle nie die eienaar kon opspoor nie,” het die SAID in ʼn verklaring gesê.

Die bagasiesak was bestem vir ʼn vlug na Londen. “Ervaring uit vorige voorvalle dui daarop dat die dwelmmiddels moontlik oorspronklik uit Suid-Amerika kom.”

Dit is die grootste vonds tot dusver by dié lughawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek is trots op julle Maroela vir die korrekte spelling van ‘vonds’ (iets wat gevind word) teenoor ‘fonds’ wat met geld te doene het. Op hierdie manier kan ons almal, ook ek wat maar net matriek-afrikaans het, leer aangaande ons enigste en mooiste taal.
Bestaan daar ‘n moontlikheid om ‘onderwyser’ te speel en hierdie spellingslaggate aan ons uit te wys met die plasing van ‘n nuusberig ?
Dankie vir julle onbaatsugtige dienslewering wat selfs oor naweke geskied (NIE ‘geskiet’ !!). Doet zoo voort.

Keelvol ·

Ek weet nie hoekom julle bekommerd is oor die spelling wat in die berig gebruik word nie. Wees bly dat die Doeanebeamptes op die gemors afgekom het. Een van julle kinders/familielede kon ‘n slagoffer gewees het van die vonds/fonds. Veels geluk aan die Doeanebeamptes se op en wakker reaksie!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.