Grootste vonds ooit by Mosambiekse grenspos

Converse All Stars deur Hadley1978 via Wikimedia Commons

Converse All Stars deur Hadley1978 via Wikimedia Commons

Suid-Afrikaanse doeanebeamptes het meer as 14 000 paar seilskoene, met ʼn geraamde straatwaarde van R11.3 miljoen wat nie verklaar is nie, by die Lebombo-grenspos gekonfiskeer.

“Dit is die grootste vonds met die hoogste waarde ooit by die Lebombo-grenspos,” het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens Sondag in ʼn verklaring gesê.

Doeanebeamptes het Donderdag beslag gelê op 14 167 paar seilskoene, waarvan die helfte die handelsmerk Converse All Stars op het, nadat ʼn vragmotor voorgekeer is. Die res van die seilskoene is Puma, Nike en Adidas, maar volgens die SAID is daar ʼn moontlikheid dat van die skoene vervals is.

Die bestuurder het glo dokumente ingehandig waarin hy aanvoer die vragmotor en sleepwa is leeg.

Luther Lebelo, woordvoerder vir die SAID, het gesê die bestuurder het van die toneel gevlug en die polisie is op soek na hom.

“Die seilskoene word gehou hangende ʼn verifikasie deur die verskeie handelsmerkeienaars,” het die SAID bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Akram ·

Genugtig. Waarheen en hoe ver wou die man hardloop? net n grap hoor. Ek het altyd gewonder hoekom sulke items, veral klere en skoene, vernietig moet word? kan dit nie geskenk word aan die minder bevooregtes nie? Ek glo dit is n druppel in die emmer van wat werklik op straat tekoop is.

zahn ·

Soos ek dit sien, as die goed vervals is en ons verkoop dit, is ons eintlik aandadig aan die onwettige verkoop. Sou ons dit skenk, moet al die kentekens eers afgehaal word, en geensins geassosieer kan word met die handelsname nie.

En ons weet hoe vol fiemies is die minder bevoorregtes vandag, niks buiten handelsmerke is aanvaarbaar nie..

Sê net ·

Mens het al gehoor van sulke gekonfiskeerde goedere wat deur die Mag verkoop word….

pop ·

MMmmmmmm, en almal betrokke loop vandag met nuwe seilskoene rond.

Sê net ·

Pop,nee hulle verkoop dit, geld is belangriker as mooi lyk vir party

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.