Grootste winkelsentrum in Afrika binnekort oop

'n Voorstel van hoe die Mall of Africa gaan lyk wanneer dit klaar gebou is. Foto: Facebook via Mall of Africa

‘n Voorstel van hoe die Mall of Africa gaan lyk wanneer dit klaar gebou is. Foto: Facebook via Mall of Africa

Die Mall of Africa, die grootste winkelsentrum in die suidelike halfrond wat in ʼn enkelfase ontwikkel is, open einde April. Dié winkelsentrum spog met verskeie luukse internasionale en plaaslike handelsmerke, restaurante en winkels en beloof ʼn inkopie-ervaring soos min.

Dié winkelsentrum, in die omgewing van Waterfall City in Midrand, spog met ʼn vloeroppervlak van 131 000m² en open amptelik op 28 April sy deure. Die winkelsentrum word ontwikkel deur die Atterbury Eiendomsgroep.

Die argitektoniese voorkoms van die winkelsentrum is geïnspireer deur verskeie geologiese kenmerke en landskappe in Afrika.

Mall of Africa gaan meer as 300 winkels hê om van te kies en te keur, met ʼn groot verskeidenheid plaaslike en internasionale handelsmerke wat ʼn wye gehoor sal trek.

Van die internasionale handelsmerke sluit in H&M, Zara, Hamleys, Cotton On en Forever 21. Gewilde handelsmerke soos Forever New, River Island, Mango en Versace is ook van die winkels waarna inkopiegangers kan uitsien. Behalwe vir klerewinkels, gaan Mall of Africa ook eersteklas vermaak en restaurante bied.

Handelsmerke wat plaaslike voorkom sluit Adidas, Ackermans, Converse, Diesel en Edgars.

Kyk hier na die spesifikasies van die winkelsentrum:

  • 40 roltrappe
  • 49 hysbakke
  • Parkering vir 6 500 motors
  • 2.4km vir inkopies
  • 9 badkamers
  • Meer as 300 winkels

Besoek Mall of Africa se webwerf en Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Deloris ·

………………………en raai wie gaan daar koop……….dis mos so sentraal en so naby …………. en oppas

MM ·

Dankie tog nou kan ons in vrede in ‘n ” gewone” mall gaan inkopies doen, want daardie een val so reg in die ” ander klas” . Ons kan nie beskostig om eers daar te parker nie.

Ingrid ·

So ons land bou n nuwe mall. Wat van die boere wat water nodig het, kinders wat nog op straat sit, die land se ekonomie is reeds in die grond, wat van staats hospitale ek glo julle kan darm geld op hulle bestee ook. Wat van al die belangrike aspekte in Suid-Afrika en ek is seker ons almal weet wie het vir daardie mall betaal. N fancy mall sal nie die probleme beter maak nie. Ek het trane in my oe om te sien hoe mense geld mors.

Sannie ·

Die mall behoort nie aan staat nie asb mense lees die berig en voor jy jou kop wil verloor gaan doen navorsing.Lees die berig mooi en dan sal jy mooi sien aan wie dit behoort n privaat maatskappy..plaas van dat jy ophou vir jou iets koop daar is boere wat sukkel hoekom gee jy nie all jou geld daarvoor nie ??

Willie ·

Dit is privaat en nie ‘n staats instansie nie. Dit wat jy noem stem ek mee saam.

Arme Ingrid, ·

Jy vergeet seker wie almal werk gehad het met die bou van die Mall. Jy vergeet seker hoeveel dankbare siele daar vandag is omdat die Mall vir hul ‘n werk en inkomste verskaf. Jy vergeet seker hoeveel mense ‘n genot daaruit gaan put om op een plek al hul besigheid te kan doen.
Dit is wonderlik om te sien dat daar nog so baie positewe mense is wat die kans sien om nuwe en langtermyn bates in ons land te skep. Jammer, hulle kan nie reen maak vir die Boere nie, maar hulle kan ‘n lente skep vir die mense op die Mid-Rand.

Karma ·

Ingrid, jy het duidelik nie die vaagste idee hoe “retail development” werk nie. Dit is nie die LAND wat dié winkelsentrum gebou het nie, maar ‘n privaat ontwikkelaar. En ongelukkig kan geen geld in die wêreld reën koop of maak nie. Dus, watertekort of nie, armoede of nie, ekonomiese agteruitgang of nie – ontwikkelings soos hierdie skep werk. Dink net hoeveel honderde-duisende mense gaan werksgeleenthede kry in ‘n sentrum met 3000 winkels, 40 roltrappe, 49 hysbakke, 6500 voertuig parkeerplekke ens. Daar sal winkel assistente, kelners, skoonmakers, sekuriteitswagte ens. ens ens. wees wat werk het en wat nou weer hul gesinne kan versorg en bydra tot die ekonomie. Ek stem saam met Sannie – lees mooi en kommenteer dan.

Dee ·

Waarskynlik nie veel groter as Gateway in uMhlanga. Dink Gateway is huidig die grootste winkelsentrum in die suidelike halfrond.

johan olwage ·

Wat van Canal Walk, Kaapstad? Is groter as Gateway en het oor die 400 winkels.

Blondie ·

Ekke wondet wie het dit gefinansier. ..die guptas…ekke wonder maar net. ..

Cherokee ·

Blondie, jy wonder soos ‘n blond. Dit is duidelik jy weet nie van hoeveel geld hier gepraat word nie. Gateway (die grootste op hierdie oomblik) is deur die rykste instelling in Afrika gebou; Ou Mutual. Die Guptas finansieël welaf wees maar hulle het nie die geld vir ‘n winkelsentrum soos waarvan hier gepraat word nie.

Paul ·

Soos die artikel sê, word dit deur die Atterbury groep gebou. Gaan lees gerus meer oor die Atterbury groep en wat hulle alles vir Afrikaans doen.

Subeth ·

Spaar my dit – ek raak moedeloos as ek Kolonnade toe moet gaan…

Dewald ·

Kamstig werk skepping,nou gaan al daai bouers sonder werk sit,Centurion mall is nader.

Tobes ·

En wat van al die duisende wat werk gaan hê in die sentrum as hy oopgemaak het. Jou opmerking nie weldeurdag nie.

Jan ·

Gaap, nog meer van dieselfde winkels wat almal dieselfde voorraad dra – met meer verkeer oppad. Dit sal interessant wees om te sien of hierdie sentrum kop bo water gaan hou oor die volgende paar jaar, mens sou dink daar is amper al te veel groot sentrums.

Koos ·

Sjoe, maar ons is weer negatief vandag! Die feit dat onwikkelaars nog soveel geld in ons land belê beteken dat hulle beslis nog hoop het vir ons ekonomie.

Knapie ·

Koos, ek stem saam. As daar nie n aanvraag was nie, sou niemand die belegging gemaak het nie. Dit dui darm daarop dat die ekonomie nie heeltemal gestagneer het nie.

George ·

Ja nee Koos. Ek dink as deel van al die naamsveranderinge moet ons maar ook die naam van ‘n paar ou volksliedere verander. Afrikaners is lank nie meer plesierig nie, meer soos “Afrikaners is negatiewe kla-gatte”

SNEL ·

Ek stem Koos, oor alles sal hulle kla, nou hulle nie n mall kla almal, nou hulle wel een kla hulle, is hy klein, kla hulle daar is nie genoeg winkels, maak hom groot en hulle kla oor die baie loop. Gryp die dinge aan van jou land en wees trots op alles. Ander lande het net so baie probleme, maar sterk dit net goed weg vir die wêreld en hul burgers bly trots op hulle land. Ons mense se problem is….ons is nooit tevrede met wat ons het en soek alles wat die manne oor die water het, nou het ons verander in kla-gatte.

George ·

Mall of Africa is slegs 131 000m² volgens die ontwikkelaar se webtuiste terwyl Gateway in Durban 220,000m² beslaan en Menlyn Mall is 118 253m². So in alle eerlikheid is Mall of Africa beswaarlik “die grootste in die Suidelike halfrond”. Skraps groter as Menlyn en daardie syfer is die grootte voor die nuwe aanbou ingereken is wat eers in Desember 2016 sal klaar wees.

Ek wonder soms hoeveel navorsing en ondersoek in hierdie artikels ingaan o_O

Landi Slatter ·

Dagsê George

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Mall of Africa is wel die grootste winkelsentrum wat in ‘n enkelfase ontwikkel is. Die berig is gewysig vir meer duidelikheid.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Karma ·

George, is daardie mall 131 000 vierkante meter slegs GLA of sluit dit die parkeerarea en aangrensende bedieningseenhede van die sentrum ook in? Indien wel, kan dit wel die GROOTSTE ENKELFASE-ONTWIKKELDE sentrum in die Suidelike Halfrond wees. Lees mooi, mense …….

Veritas ·

Maak net seker jy gaan toilet toe voordat jy daar gaan inkopies doen. Meer as 300 winkels en net 9 badkamers?

Cherokee ·

9 Badkamers? Mense is nie veronderstel om te gaan bad by die mall nie. Dit kan hulle by hul huise doen.

Lollie ·

9 badkamers met se 5 toilette elk – dink mooi, dan gee jy hopelik meer ingeligte kommentaar!

Liefie ·

Ag liewe flippen hemel mense kry tog julle feite reg voordat julle simpel kommentaar maak of doen tog net bietjie navorsing voordat jy jou naam slaan met n plank op die net!!!! Die mall is gebou en gefinansier deur n trotse afrikaanse maatskappy en het absoluut niks met die Guptas en Kie te doen nie!!! Die kommentaar is so tipies van die deursnee algemende oningeligte altyd negatiewe afrikaner!!!! Nie dat ek verbaas moet wees want kyk as ons mos een ding goed kan doen is dit kla. Het een van julle klomp nou al bietjie gedink hoeveel werk daar gedurende die konstruksie geskep is. Hoeveel skills training gegee is. Hoeveel permanente poste daar geskep is met die mall se oop maak. Nee ek is seker julle het nie. Mall of Africa het nie n vel kleur voordeel nie en almal is welkom oneag jou kleur of salaris. Wat de duiwel het die water of boere se nood met die ontwikkelaar te doen? Dit is nie n regering instansie nie en ten minste skep hulle werk so ek is seker n paar honderd honger kinders sal gevoed word en n paar huislike omstandighede sal indirek verbeter word!!!!!

Bach ·

Mooi so Liefie. Die kla-gatte en oningeligte kommentaar maak mens lam. Om nie eens van die vrot spelling te praat nie!

Yolande ·

Jy is so reg , vir n “gelowige ” nasie wat is die meerderheid afrikaners NEGATIEF ! Maak seker van jul feite mense voor jul afleidings maak.

Theresa B ·

Hoop net dis ordentlik gebou en val nie in die eerste maand inmekaar nie………………….
Goedkoop bou om “kostes te bespaar”…………………….??!!

Herman ·

Darem is Carnival Mall naby my en Springs Mall open volgende jaar. Dis genoeg vir my.

Vicky ·

wonder hoe lank gaan al die winkels oop bly met die huur wat n belaglike prys gaan wees seker…

Anoniem ·

Ag asb tog mense…Nou is tot n gebou gekoppel aan rassisme. Die rassisme storie is holrug gery al. Tot sepiesterre kla al oor rassisme op stel. En dit net om bietjie aandag te kry. Hulle is meer rassisties as ons. Ons gun almal alles. Maar bou op dit, wat ons opgebou het. Ons het dit verniet vir julle gegee. Maar nie eers dit is goed genoeg nie. Hou op moor, verkrag, steel, roof en weet nie wat nog. Dit wat jul afbreek moet weer herbou word en dink jul hul gebruik net ons geld. Nee ek het nuus vir julle. Julle geld gaan ook daarin.

Snip ·

Nice om alles onder een dak te kan hê, maar ek is maar inkopie sku en pop sommer in by die Spar. Ek voel altyd so uit my plek uit as ek in `n Mall is en dan wil ek huis toe. Baie mense maak my paniekerig, maar ek glo dit sal voordeel in hou vir die mense wat in die stede bly. Ons dorp is ook `n stad, maar ek try hom vermy en stuur my man. Hy shop tot hy drop.

Bolander ·

Whow, wie gaan my op ‘n inkopie bederf neem. Moenie almal gelyk antwoord nie!!!!!!!!!!!

Felicity ·

My dogter is “payroll’ manager vir H&M in Kaapstad. Hulle hoofkantoor is in Swede. Ek het die voorreg gehad om in Februarie die winkel te besoek en was aangenaam verras om die pragtige klere en ander artiekels te sien en nog meer verras oor die pryse. Vergelyk baie goed met Edgars/Woolies en Foschini se pryse. Die styl van die klere is baie modern en hulle maak voorsiening vir jonk en oud. Julle is bevoorreg om die winkel so naby te hê en ja, sy het ingesit met die onderhoude wat gevoer is vir die mense wat daar gaan werk. Hele paar mense gaan nou ook ‘n inkomste kry. Wees dankbaar.

so waar ·

Mag dié Mall nooit meer as 50% leë of oop ruimtes hê wat nie verhuur word nie. Indien het hier by ons die oorblywende huurgelde begin klim. Nou bou B..ts en Ch..rs hul eie geboue rondom die Malletjie..LW die mall eienaar ‘n ITALIANER. In Amerika word uitgediende konsepmalls omskep in enkel en private eiendomreg eenhede. Glo ons leer by ander se foute.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.