Grootwithaaie verdwyn uit Valsbaai

(Foto: Terry Goss/Wikimedia Commons)

Die Stad Kaapstad, saam met die Shark Spotter-program, die stad se vennoot om haaiveiligheid, -opleiding en -navorsing te doen, monitor al die afgelope 18 maande die algehele verdwyning van grootwithaaie uit Valsbaai.

Die Shark Spotters monitor reeds sedert 2004 haai-aktiwiteit en gedragsekologie in Valsbaai. Tussen 2010 en 2016 is ʼn gemiddeld van 205 grootwithaaie per jaar opgemerk tydens die lente- en somerseisoen. In 2018 het die getal tot slegs 50 gedaal en vanjaar is geen witdoodshaaie in die gebied opgemerk nie.

Die Shark Spotters het ook nie enige van die witdoodshaaie opgemerk wat al sedert 2017 met spoortoestelle gemerk is nie.

Die patroon is dieselfde by Robeiland in die middel van Valsbaai. Haaiaktiwiteit by Robeiland, in die verlede ʼn belangrike voedingsgebied vir grootwithaaie tydens die winterperiode, het afgeneem. Haaihokduik-operateurs, wat gewoonlik verskeie haaie naby hul vaartuie opmerk, het in 2019 nie en ʼn enkele grootwithaai gesien nie.

Nog bewyse van die afwesigheid van dié groot roofvisse, is die gebrek aan bytmerke op walviskarkasse wat die Stad Kaapstad vanjaar van Valsbaai verwyder het.

Marian Nieuwoudt, burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en die omgewing, het gesê volgens die Stad se kennis is die afwesigheid van grootwithaaie in Valsbaai nog nooit aangemeld of aangeteken nie. “Ons weet nie watter impak hul afwesigheid op die ekostelsel sal hê nie. Ons weet ook nie hoekom hulle verdwyn het nie.”

Grootwithaaie dra grootliks by tot Kaapstad se plaaslike ekonomie deur die ekotoerisme en dokumentêre fliek-bedrywe.

Die Shark Spotters sal steeds teenwoordig wees by gewilde strande soos Vishoek, Clovelly, Kalkbaai, Muizenberg, Monwabisi en Kogelbaai. Glencairn, Hoekstrand in Noordhoek en St James sal tydens die 2019/20-somerseisoen nie enige seisoenale haaiwaarnemers hê nie.

“Die stad sal die situasie in Junie 2020 hersien en sal ons bedrywigheide daarvolgens aanpas, hangende die terugkeer van grootwithaaie na Valsbaai,” het Nieuwoudt bygevoeg.

Die Stad en die Shark Spotters sal steeds haaiaktiwiteit bly monitor in die Valsbaai-omgewing en bly vol vertroue dat die afwesigheid van grootwithaaie slegs ʼn korttermynsiklus is in ʼn groter, langertermyn ekologiese patroon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

KrokodilBotha ·

Daar was heelwat Sjineese rondom die kus gebied, dan verdwyn see lewe en plante en en en alles wat geeet kan word.

Tier ·

Hehe goeie een KrokodilBotha hoe lekker lag ek nou jy praat waar!!!

Manie ·

Tot die haaie is moeg vir SA se Crime en onregverdigheid. Great WHITE het hulle paai gevat en gewaai uit SA

TN ·

Dir sal help as mense wakker word . Die twee moordwalvisse wat nou hier bly en die haaie vreet is al so bekend by die duikgemeenskap dat hulle name het __ Starboard en Port .

Albert ·

Onthou al die volksvreemde vissers skepe wat hier om ons waters vaar en hulle los niks nie, want ons mense wat moet toedighou is nie daar nie. Veral die haaie want die vinne is baie gewild en baie geld werd.

wet ·

Daar het heelwat orca´s of moord walvisse hulle verskyning gemaak in die laaste jaar met tesame met baie dood withaaie. Die lewer van die withaaie is met akuraatheid verwyder. Soos ek verstaan is die lewer baie ryk aan voedingstowwe iets waarvan die moordvisse baie van hou

Rln ·

Toto die haaie waai… die water is te warm van al die misdaad.

Rln ·

Tot die haaie waai… die water is te warm van al die misdaad.

Francois le Cochon ·

Net so. Al die “informal settlements” teenaan valsbaai se riool beland in die see,

Foxi ·

Stem saam, haaie het ook reuk sintuie en ook sy trots. Het die hasepad gevat. Stank was seker ondraagbaar……..

Pieter ·

Die regering het nie diesel om die gebieds waters te patroleer nie diesel is vir eskom gegee

Leon ·

Hulle emigreer ook na Australië en New Zealand toe. Selfs hulle kan nie met die ANC regering oor die weg kom nie.

Erich ·

Dit is wat gebeur in n wettelose land waar niks en niemand beskerm word. Ons pluk nou die vrugte van al die onwettige visvang, verwydering van vinne van haaie, perlemoen, kreef en nog talle ander bronne. Ons lokale mense word weggehou van die bronne maar buitelanders stroop na willekeur.Dit om n paar mense se sakke uit te voer met geld.

Linda ·

Ja Henning Robeiland is in die middel van Valsbaai. Dis nie waar Nelson Mandela was nie, daai een is Robbeneiland… Robeiland dink ek is naby Macassar Strand…

Gaitsigubib ·

Van Kosi baai se mond af kan vissersbote gesien word in die nag net agter die brekers. Hulle is elke aand daar en in die oggend 4:30 verdwyn hulle. Dit lyk te vlak om trawlers te wees maar baie liggies wat op een plek geanker is, dui op onwettige bedrywighede op die riwwe. Ek dink die verwoesting is nog erger op die inheemse kuswoud wat ook pakslae kry. Natuurlik sal haaie ander waters gaan. Die seelewe teen die SA kus word dan geplunder.

Duiker ·

Toe ek my eie boodskap lees toe sien ek ons duikers / kus manne kan ook nie spel nie. :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.