Groter finansiële vryheid vir vroue nodig – Ramaphosa

vroue betoging geslagsgeweld

(Grafiek: pixabay)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag, ʼn dag nadat Vrouedag in Suid-Afrika gevier is, in sy weeklikse nuusbrief gesê daar is tot dusver groot vooruitgang gemaak om die lewe van Suid-Afrikaanse vroue in die ekonomie, die politieke sfeer en openbare lewe te verbeter.

“Terselfdertyd is daar nog ʼn lang pad wat voorlê. Diskriminasie, teistering en geweld staar vroue steeds in die gesig en hulle dra die grootste las weens armoede.

“As ons dus werklik die voornemens in die Grondwet gestand wil doen, moet ons iets doen aan die ekonomiese en finansiële uitsluiting wat vroue meer kwesbaar vir misbruik en geweld maak.”

Volgens die president sal daar vandeesmaand begin word om die nasionale strategiese plan om geslagsgeweld en moorde op vroue hok te slaan, in werking te stel. ʼn Sleutelaspek van die plan is om vroue se finansiële posisie te verbeter. “Ekonomiese en maatskaplike ongelykheid loop hand aan hand. Die ekonomiese status van vroue in Suid-Afrika maak hulle meer kwesbaar vir misbruik. Ons moet steun aan vroue verhoog sodat hulle finansieel onafhanklik kan word.”

Ramaphosa het verskeie maniere genoem waarop vroue gehelp gaan word.

Die regering het ʼn teiken gestel dat 40% van goedere en dienste wat deur die staat bekom word, by sakeondernemings wat deur vroue besit word aangekoop moet word.

Groter steun gaan aan klein-, mediumgrootte en mikro-ondernemings wat aan vroue behoort, asook aan vroue wat in die informele sektor werk of werkloos is, gegee word. “Dit gaan ʼn ooreenkoms met die finansiële bedryf insluit om finansiële dienste toegangklik en bekostigbaar vir vroue te maak.”

Ramaphosa het gesê daar gaan ook verseker word dat vroue toegang het tot bates soos grond en dat vroue by die versnelde grondhervormingsprogram moet baat vind.

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS/Twitter)

Die regering wil ook verseker dat vroue beskerm word teen geslagsgeweld by die werk.

“Daar word gesê dat vryheid nie gegee nie, maar geneem word. Die emansipasie van vroue is net woorde op papier tot dit geëwenaar word deur ʼn verbintenis deur die hele samelewing.”

Volgens Ramaphosa word daar voorberei vir die heropbou van die ekonomie ná die Covid-19-pandemie, en kan daar nie bloot teruggekeer word na waar die land voorheen was nie. “Ons moet ʼn beduidend anders ekonomie bou wat onder meer die materiële posisie van vroue verbeter.”

Ramaphosa sê geleenthede moet vir vroue geskep word en terwyl die regering ʼn ruimte moet skep waarbinne geslagsgelykheid bevorder kan word, moet die hele samelewing sy kant bring.

“Ons moet voortgaan met ons pogings om chauvinisme, seksisme en patriargie uit te wis. Dit is houdings soos dié wat die onderdrukking van vroue moontlik maak. Dit hang van ons, mans én vroue, af om te bevestig dat ʼn vrou se waarde, posisie en mening nie minder as dié van ʼn man is nie. Dit hang van ons as ouers en grootouers af om ons seuns en dogters dieselfde groot te maak.

“Dit hang van ons as mans af om geslagsgeweld te verwerp waar ook al ons dit sien, selfs al is dit by ons vriende, pa’s of broers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

En hoe gaan julle komuniste die ekonomie herbou vertel ons nog n grap asb.

JohanR

Na 4 maande het ek rerig nie meer worde en gesegtes oor vir en oor die ou nie, soe ek gaan maar net se bla bla bla en nog 500 bla bla bla’s! In enige ander land van die wereld sou die ou al van self bedank het! Don’t you get the message Cyril?

Kobus

Die vroue wat bemagtig moet word mnr die president,bedoel u 40% Swart vroue en sal die kriteria wees dat hulle ministers moet wees of ten minste familie van ministers moet wees?

Snowball

Bemagtiging van vroue begin by opvoeding. Wanneer skooldogters kinders het by mans wat nie verantwoordelikheid aanvaar vir daardie kinders nie, verlaat hulle skool en is daar geen vooruitsig tot beter geleenthede nie; hulle word eenvoudig armlastige afhanklikes van die staat. Hoeveel buite egtelike kinders word in SA groot sonder ‘n gesin? Hoeveel van hulle gaan uit die armoede siklus breek? Leer dogters om hulleself te respekteer, skool te gaan en ‘n geleerdheid te kry, sodat hulle self verantwoordelik is vir hulle lot. Om boere se plase af te vat (genoem grondhervorming) om vir swart vrouens te gee, gaan nie die… Lees meer »

Isabella

Hoe deursigtig …vroue mut nou ook grond besit ht enige vrou daarna gevra mar CR wil dt vr ”ons mense” gee sodat dt in “ons” besit kom nog n manier van BEE