Groter partye verloor glo al meer steun in Goudstad

Johannesburg. Argieffoto

Nuwe peilings, wat deur ActionSA gedoen is, het aan die lig gebring dat dié party as die voorste party in Johannesburg beskou word terwyl die ANC, EFF en DA se steun in die Goudstad afneem.

Dit blyk uit die peilings dat ActionSA in dié stadium met 31,7% se steun die voorloper in die munisipale verkiesing in Johannesburg is gevolg deur die ANC met 30,5%. Dít nadat die regerende party se steun in 2016 op 44% gestaan het.

Die DA geniet in dié stadium 24% se steun nadat die opposisieparty vyf jaar gelede op 38% gestaan het. Die EFF se steun het intussen vanaf 11% in 2016 na 7,3% gedaal.

Die peilings is deur ActionSA self uitgevoer in aanloop tot die munisipale verkiesing in ’n poging om ’n potensiële uitkoms van die verkiesing te bepaal.

(Foto: ActionSA/Facebook)

Michael Beaumont, nasionale voorsitter van Action SA, meen dit is belangrik om die uitkoms van die peilings bekend te maak om aan Suid-Afrikaners te toon hoe ver gevestigde partye soos die ANC en die DA se steun afgeneem het.

Beaumont sê voorts kiesers wat Action SA-materiaal teëkom, makliker oorskakel na die party as na enige enige ander party. Dit bly egter ’n uitdaging om kiesers te werf aangesien kiesers nog nie genoeg van die relatief nuwe party weet nie.

Die peilings het ook aan die lig gebring dat ’n kommerwekkende hoeveelheid Johannesburgers wat aan die peiling deelgeneem het aangedui dat hulle nie op 1 November gaan stem nie.

“Ons is verheug maar nie verras deur die peilings se bevindings nie. Gevestigde partye probeer kiesers oortuig dat hulle die enigste partye is wat regerings kan verwyder, maar dit is klaarblyklik nie die geval nie,” sê Beaumont.

Die munisipale verkiesing vind op 1 November plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Friedrich

Ek gaan nie my tyd mors met die groot partye met hulle lëe beloftes soos die DA, ANC of EFF nie. Die United Independant Movement het my steun. #UIMSouthAfrica

Althes

Is dit nie Herman Masaba se politieke party nie? Hoe korrek is sy party se weergawe?

VaalDonkie

Wie?

Hardekwas

Droom aan, al julle politieke narre.

Truthful

Ek hou van Herman Mashaba…hy het. My volle steun…hy het oor en oor bewys dat hy .n goeie leier is… Ek het my huiswerk gedoen oor ActionSA…