Groter waarskynlikheid van beurtkrag Saterdag

(Argieffoto: Severin D./Unsplash)

Die waarskynlikheid dat Eskom Saterdag beurtkrag gaan instel, het pas verhoog. Dit sal dan ook die res van die naweek voortduur. Eskom sê in ʼn verklaring dit is omdat veelvoudige opwekkingseenhede oornag die gees gegee het.

“Ons het sewe opwekkingseenhede by vier van ons kragsentrales verloor, by Duvha, Tutuka, Kriel en Grootvlei, almal in Mpumalanga. Dit is as gevolg van verskeie tegniese probleme,” sê Eskom.

Die kragreus sê die oorsaak van hierdie probleme word tans ondersoek met die doel om regstellende maatreëls in te stel.

Die verlies aan kragopwekkers het bykomende druk op kragreserwes wat reeds onder druk is, geplaas. “Daar is dus nou ʼn groter kans dat ons beurtkrag Saterdagaand sal moet implementeer om kragreserwes weer aan te vul.”

Eskom sê hulle maak tans gebruik van duur noodopwekkingsreserwes, wat nie volhoubaar is nie. “Die stelsel is steeds onder druk, kwesbaar en onvoorspelbaar.”

Onbeplande kragonderbrekings en herstelwerk het Saterdagoggend op 11 868 MW gestaan, teenoor die 10 800 MW Vrydag. Onderbrekings weens beplande instandhouding was Saterdag 5 430 MW.

“Ons vra verbruikers weereens om krag spaarsamig te gebruik,” sê Eskom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan Venter ·

Wel ten minste weet ons dat niks met die ANC regering sal gebeur nie, hoe kwesbaar hulle ook al mag wees. En natuurlik is hulle hoegenaamd nie onvoorspelbaar nie, ons weet presies waarheen hulle met die land op pad is. In beide gevalle gaan die ANC egter vir goud, hulle verwag niks minder as die 1 ste prys nie.

Snowball ·

Ons benodig asb vioolmusiek in die agtergrond – dalk trek dit bietjie simpatie vir die alewige, jammerlike treurmare van Eskom.

Sarel ·

Verduidelik net vir my hoebkan hulle skielik opwekkingseenhede by 7 Kragstasies verloor. Poef….weg soos laas maand se pay

Vriendelike Frikkie ·

Is die uitdrukking “die gees gegee het” van toepassing hier? Sekerlik is die eenhede herstelbaar? Of is die uitdrukking reg gebruik en nog eenhede is permanent onbruikbaar? Sou dit verstaan met Eskom se instandhoudings protokol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.