Groupon sluit SA-webwerf

grouponDie aanlynkoopgroep Groupon het Vrydag sy Suid-Afrikaanse webtuiste gesluit.

Die maatskappy het op sy webwerf aangekondig dat Groupon van 4 November sy bedrywighede in Suid-Afrika afskaal. “Vir ons kliënte beteken dit ons sal van vanaand af nie meer aanbiedinge op ons webtuiste hê nie. Alle huidige geskenkbewyse bly geldig tot en met die datum wat op die bewys aangedui word.”

Volgens Groupon bly die bepaling en voorwaardes van die geskenkbewyse ook dieselfde. “Enige kliënte wat ongemaklik is om hul geskenkbewyse te gebruik kan ons voor 30 November kontak vir ʼn kontantterugbetalingopsie.”

Groupon kan gekontak word by 021 201 7100 of [email protected] voor 30 November.

“Ons is jammer dat ons nie vir jou enige fantastiese aanbiedinge kan bied vandag nie, maar dankie vir jou belangstelling in Groupon,” sluit dié groep die boodskap op sy webwerf af.

Groupon, ʼn internasionale maatskappy, het in Oktober aangekondig dat hy vir die finansiële jaar geëindig September 2016 ʼn netto verlies van $35,8 miljoen (sowat R483 miljoen) aangeteken het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JM ·

Alhoewel dit ‘n wonderlike idee was en daar groot winskopies was, moet ek sê , my ervaring daarvan was baie negatief aangesien jy swakker diens, swakker produkte, swakker takke (soos restaurante) moes besoek om jou geskenkbewys te kon gebruik. Aanvanklik klink dit wonderlik – soos hierdie hele dag by die spa en masserings en manikuur en pedikuur, maar jy word so afgeskeep, baie van die items word uitgelaat, en by die plekke self is jy behandel asof jy ‘n winskoop klient is.

DC ·

JM ek stem saam met jou wat betref behandeling ontvang as jy met ‘n groupon voucher erens opdaag. Veral by restaurante en wellness plekke soos spa’s. Nie so met golf aanbiedinge of brouery toere ens nie. Ek het sommer baie groupon gebruik en het dit so ondervind. Ek moet bieg dat ek heelwat dingetjies gedoen het as gevolg van Groupon aanbiedinge, wat ek andersins nooit sou gedoen het nie. Meer :-) as :-(…..

Toinette ·

Dis vreeslik…ek het lekker plekke ontdek wat ek nooit van sou geweet het nie. Ek het nooit slegte diens ontvang nie. Het selfs sulke vouchers as geskenke gestuur en die mense was mal daaroor. So jammer dis nou verby.

Sarie ·

Ek het dit nie gebruik nie. Was eintlik nie bewus daarvan nie. Jammer vir diegene wie baat daarby gevind het…

SkarrelKind ·

Ons het ook ‘n lelike bloutjie geloop met van hulle produkte, nie die dienste nie. Hulle is gou om iets te verkoop en beloftes te maak en as dit breek, dan is hulle skoonveld en staan nie by die produk nie. Dalk te make met waarom hulle ‘n verlies gemaak het?

Jd ·

Verbaas my glad nie het n lelike bloutjie met hulle geloop en heelwat geld verloor. Na hulle onetiese optrede nooit weer gebruik nie en sover moontlik mense probeer oortuig dat daar beter opsies daarbuite is as Groupon. Net jammer vir die werk verlies

Thersia Krugel ·

This is because of your bad service delivery. I will never do business with groupon

Louise E ·

Ek het altyd nog net goeie diens van hulle gekry en uitstappies na die dieretuin ens. was ‘n winskopie altyd gewees.

Dis jammer…

Gereelde Groupon Koper ·

Ek is geskok en so hartseer! Ek het seker al oor die 20 keer iets gekoop en nog NOOIT ‘n probleem met hulle of die produkte gehad nie. Alles was 100% en die delivery vinniger as wat hulle aangedui het. Ek wou nou gaan kyk het om iets te soek vir iemand vir Kersfees en nou is my gunsteling shopping site net toe… Baie hartseer! Jammer julle het ‘n verlies gely, maar ek het julle ondersteun en dink julle was tops!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.