‘Growwe ongehoorsaamheid’ lei tot kommissaris se skorsing

Zach Modise, nasionale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste.

Zach Modise, nasionale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste.

Die KwaZulu-Natalse streekskommissaris van korrektiewe dienste, Mnikelwa Nxele, is summier geskors, het die departement gesê.

Zach Modise, die departement se nasionale kommissaris, het Nxele se skorsing Vrydag aangekondig. Dit was onmiddellik van krag.

Modise het nie veel inligting oor die besluit bekendgemaak nie, maar wel gesê Nxele se skorsing volg na bewerings van “growwe ongehoorsame optrede”, asook sy versuim om opdragte van die nasionale kantoor uit te voer.

Volgens Modise is ʼn dissiplinêre proses reeds aan die gang. Meer besonderhede oor die skorsing sal egter nie bekendgemaak word nie aangesien dit ʼn saak tussen die werknemer en werkgewer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hester ·

Ag wanneer sal ons weer betroubare en eerlike mense in poste kry waar hulle n voorbeeld moet stel? Is daar nog eerlike mense wat nie hul eie belange eerste stel nie?

André ·

Hester, onthou net dat hy onskuldig kan wees. Dalk is die probleem by die opdragte wat hy van Hoofkantoor ontvang het? Hoe sal ons weet.

Charlotte ·

Ja ek wonder hoekom kan daar nie n rede gegee word nie….weer iets onwettigs aan die gang soos altyd !!!

Griki ·

As ons belasting sy salaris betaal is ons ook indirek sy werkgewers. Ons wil weet wat die klagtes teen hom is – hy is in ‘n openbare senior amp. Wat het geword van deursigtigheid?

GES ·

Al die deursigtigheid is met eenrigting glas vervang. Dit word gedoen om die ANC te pas.

Sarel strydom ·

Iets ruik nie lekker nie. Saak tussen werkgewer en werknemer, daarom word dit nie bekend gemaak nie. In ander gevalle word dit wel bekend gemaak. So, was die man ongehoorsaam aan Politieke amptenare? Is dit dalk juis omdat hy sy werk gedoen het?

CHRISTA ·

Hy wou dalk nie onwettighede van politieke amptenare toesmeer nie – wie sal weet? Julle sien mos wat met die vorige Minister van Finansies gebeur het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.