GRS ontvang FNB ‘Steve’ klagtes

FNB-Rbjacobs

FNB maak ook van die karakter RB Jacobs gebruik om op navrae op sosiale media te reageer

Die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) het 20 klagtes ontvang oor FNB se nuutste ‘Steve’-advertensies, het die Sunday Times berig.

“Meeste van die klaers voer aan dat die veldtog aanstootlik is, aangesien dit daarop sinspeel dat alle persone met die naam ‘Steve’ dom of finansieel in die moeilikheid is,” het Mpumi Mda, woordvoerder van die GRS, aan die koerant gesê. “Die klaers voer ook aan dat kinders met die naam ‘Steve’ op skool gespot en geboelie gaan word.”

Faye Mfikwe, woordvoerder vir First National Bank, het egter gesê die bank het nie enigiets teen persone met die naam ‘Steve’ nie. “Die name Steve, Stefan, Stefanos en selfs Stephanie is baie edel, net soos die persone wat só genoem is,” het Mfikwe aan die koerant gesê. “Meeste van ons naaste vriende en ʼn aantal van ons gewaardeerde kliënte se name is ook ‘Steve’. Dit was bloot ʼn persona met wie mense kon identifiseer.”

Gebruikers het ook van Twitter gebruik gemaak om die veldtog te kritiseer. Een gebruiker het foto’s van bekende Steves, insluitend Steve Biko en Steve Jobs met byskrifte soos #proudlySteve [#trotsSteve] gepubliseer.

Rapport het intussen Sondag berig dat die skoonheidsmaatskappy Sorbet gevolglik ʼn veldtog van stapel gestuur het: “Haai Steve, ontmoet Nancy” wat as “ongepoleerd, ongewaks en sonder liefde” beskryf word. Die maatskappy het ʼn verskoning op sy webwerf gepubliseer en gesê alhoewel ʼn paar mense dol was oor die veldtog, het ander, veral vroue met die naam Nancy, aanstoot geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Paplepel ·

Jy gaan dit altyd kry. Daai een persoon sonder humorsin. Hoe onnosel moet jy wees om die afleidings te kan maak wat die 20 “Steves” gemaak het? Daar is waarskynlik duisende Steves daar buite wat wel ‘n humorsin het. Die Van Der Merwes het nie so aangegaan toe meeste grappe oor Koos (Vên) gegaan het nie.

Lizl ·

Wel, daar is al die Jan Piet Koos en Klaas voorbeelde , Steve is net `n naam. Ek word wel warm onder die kraag as daar sleg gepraat word van Steve Hofmeyer. Daar is nou een Steve wat nie bang is om te sè hoe hy oor `n ding voel, opstaan vir Afrikaans, ons kultuur en erfenis nie.

JZ Myburg ·

Fooitog vir die 20 Steve klaers,hulle wil die wereld omskep om hulle te pas,Die veldtog ,as dit verband hou met Steve Hofmeyer wil ek net se,die veldtog is nie so seer oor Steve nie dit gaan oor Afriekaans,Steve praat die waarheid wat die teenstanders van afriekaans nie wil hoor, hulle hou niks van die waarheid nie.daarom sping hulle op die rassewa.Koch en sy pop waaragter hy weg kruip is by ons bekend dat afriekaans n bietjie onder op sy lys is.Hy probeer ook seker om n paar punte te te wen met sy uitlaatings.Steve dankie dat jy vir ons witvelle op kom al wil hulle dit af maak as rassisties,

Elfie ·

JZ – as jy die taal wil red spel darem minstens dit reg – dis AFRIKAANS nie afriekaans! Daar is ‘n paar ander spelfoute ook, maar jissie tog, spel darem net ons TAAL reg!

Wilna ·

Ek sal baie bly wees as die Steve ad van FNB kan sneuwel. Dit is al holrug gery en raak net te veel om dit oor en oor en oor te hoor. FNB kry iets anders asb !!!!!!!!!!!!

Susan Bredenhann ·

Nou wie van ons opregte, egte Wit Afrikaners/boere wil nou by so ‘n ou bankie bly….hoe sê Faye Mfikwe – die naam Steve is so ‘n ‘hartlike persoonsnaam’ dis hoekom hulle dit gebruik in dai spesifieke advrtnsie. Ja, seker om die hartlike persoonsnaam se naam g@t te maak, of wat? Daar is derduisende SA-ners in die nuwe SA wat net ‘n halwe breinsel het, dit weet ons almal, maar dan is daar ook duisendes wat wel meer as net ‘n halwe briensel het, so me Faye, moet asb NIE almal se inteligensie onderskat nie. Jul bank het nou reguit kant gekies, ja, die kant van morone soos Koch die onvolwasse seuntjie wat nog met sy SWART poppie speel!!! Asb dis pateties. Gelukkig het mens nog keuses in die lewe, so, misk moet die WIT Afrikaner/boer daaraan dink om van banke te verwissel, want daar is dosyne beter banke in die RSA as julle patetiese bank. Gelukkig sit julle nie met die monopoly nie. Julle raak hopeloos te arrogant, miskien is dit tyd dat julle besef dat dit mense(soos byv. die W A/B) se geld is wat julle deure oophou. Moenie julle hand oorspeel nie, want Steve Hofmeyr se volgelinge het baie plekke al geboikot, wat so te sê hulle deure kon sluit. Doen julle huiswerk en vind uit hoeveel volgelinge hy het, en ek is seker dat daar ‘n hele paar van julle kliente, ook volgekinge van hom is. Ek wens eintlik nou ek was nog een van julle kliente, dan het ek verlede week al my rekening by julle gesluit.

MAGRIET ·

Ek is al so moeg vir FNB se Beep en Steve advertensies, dit voel ek wil nie meer radio luister nie. Ek skakel die radio af elke keer as ek dit hoor. Ek sluit my FNB rekening om my misnoë met die ‘swak styl’ advertensies te wys.

MAGRIET ·

‘UN-FNB’ JOUSELF DEUR BETER DIENS TE GEE BY FNB TAKKE;

‘UN-FNB’ JOUSELF EN LUISTER NA KLAGTES OOR JOU SWAK STYL ADVERTENSIES;

‘UN-FNB’ JOUSELF DEUR NA JOU KLIENTE TE LUISTER

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.