Gru-besonderhede van reeksverkragters se dade aangehoor

begrafplaas soweto

Argieffoto

WAARSKUWING: Die inligting in hierdie berig kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

Een van die twee sogenaamde Alexandra-klapmusverkragters is Dinsdag, ʼn dag ná die skuldigbevinding van sy medepligtige, in die Johannesburgse hooggeregshof skuldig bevind aan al 44 aanklagte teen hom.

Xaniseka Mukansi (48) is skuldig bevind op 16 aanklagte van verkragting, 17 van gedwonge verkragting en 11 van roof met verswarende omstandighede. Sy medepligtige, Sija Mabitsela (38), het Maandag in dieselfde hof skuldig gepleit op 76 aanklagte van verkragting, aanranding en roof.

Mabitsela en Mukansi het gewoonlik op paartjies toegeslaan. Mabitsela was glo ʼn plaaslike sangoma en het sedert 2007 alleen die gemeenskap geteister totdat sy medebeskuldigde, wat toe op parool vrygelaat is, in 2014 by hom aangesluit het.

Die meeste van die aanvalle het in begraafplase en parke in Alexandra noord van Johannesburg plaasgevind. Die twee sou glo paartjies aanval en hulle dwing om seks te hê terwyl hulle toekyk. Hulle sou dan beurte maak om die vroue te verkrag, voordat hulle hul slagoffers beroof het. Die twee is uiteindelik in 2015 in hegtenis geneem.

Regter Ingrid Opperman het Dinsdag die getuienisse van verskeie slagoffers voorgelees. Die volgepakte openbare galery het ontstellende getuienis aangehoor.

Opperman het die getuienis van ʼn slagoffer voorgelees wat verduidelik het hoe sy en haar kêrel deur die twee beskuldigdes oorval en gedreig is. Die paartjie moes by twee ander paartjies aansluit en is gedwing om om met mekaar seks te hê voordat die vroue ook verkrag is.

In ʼn ander voorval is ʼn meisie, wat toe 16 jaar oud was, deur die twee genader toe sy saam met haar vriend was. Een van die mans het gesê : “Doen iets dom en julle sal sterf.” Later het die beskuldigdes nog ʼn paartjie na die betrokke plek gebring. Daar was drie paartjies in totaal. Hulle gedwing is om te ontklee en seks met mekaar te hê.

Die jong meisie het geweier en is deur een van die beskuldigdes geskop en van haar selfoon beroof. Die meisie het die manslagoffer wat aan haar toegestaan is versoek om haar nie tydens die daad te penetreer nie. Sy is egter daarna deur een van die beskuldigdes verkrag.

Mukansi se saak is ná sy skuldigbevinding uitgestel tot 24 Maart vir voorvonnisverrigtinge.

Mabitsela se saak is tot 15 Maart uitgestel vir sy vonnisooreenkoms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Bosbok ·

Wat is die verskil tussen verkragting en gedwonge verkragting?

Zumie ·

Verkragting is per definisie sonder toestemming . Ek reken dat bykans alle verkragting deur dwang verkry word – hetsy fisies of deur dreigemente (die enigste teoretiese ander moontlikheid is via misleiding – indien moontlik). Dus is alle verkragting met dwang en is “gedwonge verkragting” maar ‘n toutologie en geen regsterm nie – miskien eerder ‘n joernalis se bydrae. (Trouens die gemeenregtelike misdaad van verkragting het verval en is nou vervang deur verskeie statutere misdrywe wat sulke gevalle dek.

botterblommetjie ·

Gedwonge; neem ek aan jy word gedwing om iemand anders te verkrag en verkrag as jy uit vrye wil iemand verkrag. Die verkragters het mos die ander gedwing om mekaar te verkrag en dan self verkrag ook… Soe, in ons wêreld vol trauma en hartseer nog met sulke siekes ook saamleef en te oorleef…. Mag God die slagoffers help…

Cherokee ·

Zumie, jou skuilnaam maak dit duidelik wie jou held is. Afgesien daarvan, verkragting is nie, soos jy dit stel, altyd sonder toestemming nie. Vir ‘n oomblik het ek ook so geredeneer todat ek gedink het aan die 12jarige meisie wat vir ‘n knippie vra. Toestemming gegee dus maar dit word iets soos statutêre verkragting of iets van daardie aard, genoem.

Zumie ·

Cherokee kom ek help jou reg. Jou twaalfjarige kind ingevolge die reg KAN nie geldiglik toestemming gee nie. Wees maar versigtig vir wilde afleidings – moet ek uit jou skuilnaam aflei dat jy ‘n rooihuid is. Ek het die boonste verduideliking probeer kort en eenvoudig hou (en daarom is dit nie volledig nie). Ek kan jou ‘n volle lesing gee want ek was 21 jaar ‘n staatsaankler en verstaan nogal iets van die dinge. Die hele regsposisie het verander en ek doen aan die hand jy gaan lees eers op.

Koekie ·

Ek vermoed ‘gedwonge’ beteken dat hulle die paartjies gedwing het.

amvi ·

Die skuimbol het hulle verkrag, nadat ander persone gewing was om mekaar te verkrag.

Magda ·

Die beskuldiges het paartjies gedwing om ander paartjies te vekrag. M.a.w hulle het 2 paartjies gebruik en hulle geskei van mekaar en dan laat man van een paar die vrou van ander paar verkrag teen sy wil

Madri ·

Verkragting – as die beskuldigde verkrag. Gedwonge verkragting is as die beskuldigde iemand anders forseer (gewoonlik met aanhouding van wapen) om iemand te verkrag en toekyk

phillipvandyk ·

gedwonge verkragting kom neer op hulle het paartjies na mekaar gedwing en dan die een paartjie se man met die ander paartjie se vrou laat seks en en visa versa. dis gedwonge verkragting. dis bitter hartseer en my hart breek vir die slagoffers

Tammy ·

Is dit dalk moontlik dat die regters wat borg toestaan aan n beskuldigde, vervolg kan word vir die misdade wat deur die beskuldigde gepleeg word nadat die goeie regter hom vryheid gegee het?????????? Dis mos nie minder as regverdig nie. As ek my stoute hond se dade goedkeur en hy verskeur my buurman dan word ek aangekla. Nouja, wat is die regter dan beter as hy dieselfde besluit as ek geneem het om die risiko onder n kombers te bedek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.