Gru-bewerings oor hospitaal toe die waarheid

Die Rahima Moosa-moeder-en-kind-hospitaal. (Foto: Facebook)

Prof. Malegapuru Makgoba, die gesondheidsombudsman, het die Rahima Moosa-moeder-en-kind-hospitaal (RMMCH) in Johannesburg amptelik onveilig verklaar.

Dié verdoemende verklaring kom egter as geen verrassing nie, ná bewerings dat verwagtende moeders by die hospitaal op die vloer slaap terwyl die instelling se uitvoerende hoof al vir die grootste deel van haar ampstermyn afwesig is.

Die kantoor van die gesondheidsombud het Dinsdag ʼn amptelike verslag uitgereik waarin skokkende bewerings bevestig word. Die kantoor is meer as ʼn jaar gelede genoop om ondersoek in te stel nadat ʼn lid van die parlementêre gesondheidsportefeuljekomitee ʼn klag ingedien het oor die versorging van verwagtende moeders by die RMMCH.

Die verslag lui dat dié hospitaal ʼn vuil en onveilige plek is, met te min en verouderde hulpbronne en ʼn tekort aan personeel.

Die probleme wat in die verslag uitgelig word, sluit in:

  • Sedert die bou van die hospitaal in 1943 is nog geen noemenswaardige verbeterings of aansienlike opgraderings aangebring nie. Dit ten spyte van die toewysing van ʼn begroting en personeel;
  • die hospitaal se laboratorium en bloeddienste is nie 24 uur per dag in bedryf nie. Dié dienste is verpligtend in ʼn hospitaal soos RMMCH, wat hoërisiko spesialis verloskunde, ginekologie, neonatologie, pediatriese en chirurgiese dienste voorsien;
  • geen nuwe CT-skandeerders is sedert 2006 aangekoop nie;
  • daar is te min beddens in die waakeenheid. Volwasse pasiënte wat ʼn bed in die waakeenheid benodig, word gevolglik in ʼn geslote teatersaal geplaas totdat ʼn leë ICU-bed gevind word;
  • die hospitaal sukkel al vyf jaar lank met ʼn tekort aan verpleegsters wat onder meer oorbevolking en swak handhigiëne tot gevolg het.

Uitvoerende hoof moet trekpas kry

Wat die uitvoerende hoof betref het die ondersoek bevind dat dr. Nozuko Precious Mkabayi onderskeidelik 27 dae se werk in 2021 en 71 dae se werk in 2022 misgeloop het.

Mkabayi was volgens die verslag inderwaarheid slegs 182 dae op kantoor sedert haar aanstelling in 2021.

Makgoba beveel nou aan dat Mkabayi uit haar pos verwyder word, hangende ʼn dissiplinêre proses.

Makgoba het ook onthul dat die departement van gesondheid verskeie oordeelsfoute begaan het in sy volg van die nodige voorindiensneming prosesse toe die pos van uitvoerende hoof in 2020 gevul moes word.  Die hospitaalraad funksioneer ook nie na behore nie.

Makgoba stel verder in die verslag voor dat die RMMCH binne die volgende ses maande opgeknap word, terwyl die departement van gesondheid die hospitaal se arbeidsmag hersien.

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het in reaksie op die verslag gesê sy departement sal eers die verslag in detail moet bestudeer voordat hy in staat sal wees om omvattend te reageer op die kwessies wat in die verslag geïdentifiseer is.

Die nasionale departement van gesondheid sal wel solank met die provinsiale departement in gesprek tree om die nodige finansiering vir die opknapping van die hospitaal te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Die hool se naam het darem verander. Dít maak die regime gelukkig.

George ·

Daar is nie woorde nie. Hoop dit kan op n manier aangeteken word op elke Dr en elke verpleegster wat bygedra het met die behandeling van pasiente

Vincent ·

Geen verrassing nie, net maar nog n suksesvolle kader ontplooing

Johanna ·

Dit is wanneer onbevoegde mense is sulke poste aangestel word. Verder Kan men’s nie beter van hulle verwag nie

domheks ·

Net soos ALLES waarop cANCer hulle hande het. Kry salaris maar werk NOOIT! LOL net in SA.

Roek ·

Wat ‘n skande . DIE anc is absoluut vernietigend en so ook hulle navolgers , skande !!

Essie ·

Ek mag verkeerd wees, maar is sy nie ‘n gewone GP nie? En sy word aangestel in ‘n CEO pos…en lyk my daar is ook nie meer gesondheids inspekteure nie…geldjie in die sak?

Marius ·

Die kort en die lank is dat die anc nie gepla is oor die mense in die land nie , dit gaan NET oor hulle self en om duur whiskey te drink. Hoe pateties kan jy kry?????

Sandra ·

too little, too late, die antie het haar hap weg en nou gaan sy waai, met ‘n sak vol geld daarby. Oom Joe gaan ook nou alle moontlike grashalms gryp om die plek oop te hou, net om nog meer geld te vermors. Hoe lank moet hy lees?

Hedda ·

Wat my siek maak, is dat hierdie tipe verslae altyd met groot fanfare of seremonie oorhandig word. Almal glimlag en lyk trots. Het hulle g’n skaamte nie…?? Dis ‘n retoriese vraag….

Faraway ·

Die storie klink soos n iets uit n nagmerrie droom. Kan mos nie waar wees nie!
Hoe kom mense weg hiermee sê my??? ( toemaar moet nie antwoord nie)
THIS WORLD IS NOT MY HOME!!!!

Antoinette ·

“I solemnly pledge myself to the service of humanity and will endeavour to practise my profession with conscience and with dignity. I will maintain, by all the means in my power, the honour and noble tradition of my profession. The total health of my patients will be my first consideration.”

Ag asb!!!!!!!!!

Papsak ·

Dank af voor die voet hulle nie daai gelde nodig nie hulle mense laat dood gaan kla hulle almal aan vir moord sies

Johann ·

En die importante hoog geplaastes smile en neem fotos asof dit iets is om oor te smile en trots te wees? GEWETENLOOS soos die CEO. SHAME ON YOU!!!!!!!!!

efjy ·

En die belastingbetaler sien om na haar salaris al het sy net 182 dae gewerk(was by die werk) sedert haar aanstelling in 2021. Tyd miskien ryp dat belasting weerhou word.

Dup ·

Die hele SA is “dirty,filthy en unsafe”….nie net al ons staatshospitale en klinieke nie! Sekere mense is tevrede en gemaklik met sulke omstandighede en sommige nie.Besluit self in watter groep jy inpas.

Eugene ·

Die hospitaal is in 1943 gebou. Vanaf 1994, is geen instandhouding gedoen of verbetering nie. Breek die hospitaal af, en bou nuwe een

Antoinette ·

Waar is die goeie ou dae to ‘n mediese spesialis aan die hoof van ‘n hospitaal gestaan het – ondersteun deur ‘n streng matrone wat almal verskrik het maar gesorg het dat alles vlot verloop.
Hoe op aarde het die vroumens haar pos behou? Sy moes lankal al aangekla gewees het.

Elmarie ·

Nog ‘n geleentheid om op die gravy trein te klim en te skep.

Yvonne ·

Die armstes kry die swaarste en die ANC gee nie n flenter om nie

Casper ·

Ek het niks anders verwag nie,en die uitvoerende hoof het lekker vet salaris verdien terwyl sy by die huis gesit het of was sy met vakansie met die geld wat vir opknapping bedoel was.Onbetaade verlof vir die dae wat sy afwesig was.Dut word voorgeskryf in die wet op STAATSDIENS EN ADMINISTRASIE.

Louis ·

Ek weet nie hoekom kla en kerm die mense nie. En/of hoekom maak hulle of hulle geskok is nie. Hierdie tipe ding is dan presies wat hulle wil hê met 30% slaag punte en BEE en al daai goed…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.