Gru-botsing eis 10

Argieffoto

Tien mense is Maandagoggend in ʼn trompop botsing tussen twee voertuie in Mpumalanga dood.

Joseph Mabuza, woordvoerder van Pat Ngomane, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het gesê die trompop botsing het op die R23 tussen Standerton en Balfour plaasgevind.

“ʼn Toyota Avanza en ʼn bakkie het teen mekaar gebots. Die voertuie het daarna aan die brand geslaan en die mense is onherkenbaar verbrand,” het Mabuza gesê.

Mabuza het gesê nege insittendes van die Avanza en een mens in die bakkie is op die toneel dood.

Owerhede is tans nog op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Chris Ws ·

Ja-nee,oorlading in die Avanza.Die’ storie raak nou ‘n alledagse verskynsel.Ek raak bang om erens heen te ry want jy weet nooit waneer ry ‘n ander voertuig onverwags in jou vas nie.Noue ontkomings het ek al baie gehad.

wielie ·

Ons moet dalk fietse as vervoermiddel oorweeg! Donkie karre ………

Jaco ·

Glo my n fiets is nog erger, het myne verkoop, te veel kere wat die padvarke my van my fiets wou afry as ek wou gaan fiets ry net vir oefening :-(

snoefie ·

dalk omdat 9/10 fietsryers oortuiging is dat die middle can n enkelbaan pad eintlik die verplugde fietsbaan is?

B-man ·

Die Avanza is mos die nuwe Quantum/Siyaya. Net nog ‘n taxi-ongeluk…

Pensioenaris ·

Ek het die vorige Sondag op daarie oad gery en dit was onstellend om te ervaar wat die taxibestuurders van enige padreëls dink. Dubbele sperstrepe is beslis vir hulle ‘n teken om verby te steek by voertuie wat na hulle sin te stadug ry – al hou jyself by die snelgrens.

Maans ·

Waar is Mpumalaga nou weer. Ek kon nooit met die nuwe plekname regkom nie. Het nou maar opgegee.

Ek weet ·

Dis die misdaadvrye gebied anderkant êrens en duskant nêrens.

Jennifer ·

Net vanmore weer gekyk hoe n persoon die dubbele streep op die pad ignoreer en verskeie motors verby gaan, dan nog in n draai ook. Mal verby!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.