Gru-botsing eis lewe

Foto: ER24

Foto: ER24

Een mens is dood en twee ander beseer in ʼn botsing op die N4 naby Middelburg in Mpumalanga.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn bakkie en ʼn motor was in die botsing betrokke. Een mens is op die toneel dood verklaar.

Volgens Rossouw is een mens kritiek beseer terwyl die ander een slegs geringe beserings opgedoen het. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na die Middelburg-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Cobus ·

Kop aan kop botsing met ‘n dubbel kajuit bakkie in ‘n 80 zone. En die voertuig is in twee stukke…

Rina van Vuuren ·

Nee moet nie net oordeel .Jy was nie daar. My Skoonsus hul het nie gejaag nie.

Jaco ·

Snert spoed op sy eie doen niks. Niemand weet nog wat die oorsaak van die ongeluk is nie. 80 sone op N4???

jan ·

Kop aan kop……..en kyk die dubbele sper streep. Wat het spoed dan bygedra tot die ongeluk? Die oorsaak van die ongeluk is duidelik die verontagsaming van die sperstreep……..spoed het slegs bygedra tot die ernstigheid van die ongeluk…….moenie dat die breinwassery van verkeersowerhede om alles altyd op spoed en dronkbestuur te blameer julle oordeel aantas nie, dis net soos om apartheid altyd te blameer vir politieke foute……selfde konsep, as jy jou portefulje nie kan bestuur om die gewenste resultate te bewerkstellig nie, dan blameer jy die swartskaap daarvoor, nooit jou eie ontoereikendheid nie.

jan ·

Spoed??? Met ‘n dubbelle sperstreep duidelik soos daglig, wat het een van daai voertuie aan die verkeerde kant van die pad gedoen? Ongeag die spoed, was die ongeluk dan onvermydelik…….spoed het net die ernstigheidsgraad daarvan beinvloed.

Fransie ·

Stem 100% met jou saam Jan. Hoeveel kere sien mens dit nie op die paaie nie – dubbel lyne, maar mense gaan karre verby. Daarby is daardie n reguit dubbel pad – hoe gebeur sulke ongelukke …. mense met wettige lisensies wat bestuur of is dit gekoop??? Totaal en al onnodige lewensverlies gewees.

neelsie ·

Arrogante bestuurders, nie in staat om afstand te skat nie en n “ek sal jou wys ” houding.
Gun n ander ook maar n plekkie in die son!

Chris W ·

Ons land se paaie het ‘n slagveld geword.Dis tyd dat die regering begin kyk wat gaan aan en nie al hul aandag op die mynbedryf toespits nie.Hier is ernstige ingryping nodig.Te veel bestuurders hoort glad nie agter ‘n voertuig se stuur nie.

Rina van Vuuren ·

Was jul beoordelaars daar om sommer so gewetenloos komentaar te lewer. Ek weet my Skoonsus hul was veilige bestuurder.

Human ·

Hi Rina, sterkte aan julle familie. En ja as ek so lees deur die kommentaar van elke persoon, is ek so bly dat elkeen van hulle advance bestuurs kursus voltooi het. Hulle klink soos die rugby ondersteuners, want wie kan beter as hulle speel, in die geval bestuur.

jan ·

Hi Rina, my innige simpatie met julle verlies. Ek dink as jy dalk net die kommentaar stadig deurlees, sal jy merk dat omtrent elkeen met bitter min uitsondering die waarskynlikheid van spoed as die oorsaak van die ongeluk uitgesluit het, let wel die OORSAAK. Ek het in 1996 in Mosselbaai die wrakstukke van n motor gesien wat ook n U draai gemaak het voor n dubbelkajuit bakkie wat 60km/h gery het. Dit was ook in 2 geskeur en al 4 insittendes onherkenbaar vermink. Dit is die kruks van my kommentaar, dat mense te maklik veralgemeen en spoed of drank die sondaars maak, terwyl dit die teenoorgestelde kon wees.

Danie ·

Die bakkie se enjinkap is nogal goed opgevrommel. Ek dink dit is meer ‘n geval van geheer verloop na die botsing en teen die reëling vas gegooi is as van die botsing (ek mag verkeerd wees). Die kajuit lyk nie nog redelik goed. Aan die ander kant is die klein karretjie in twee gekeur en onherkenbaar. Wat my benoud maak is die ongelooflike hoeveelheid plastiek wat ek in die wrak van die klein karretjie sien. Spoed is net ‘n probleem vir die wat dit nie kan hanteer nie. Die autobahn is Duitsland is ‘n baie goeie voorbeeld. Daar gebeur in vergelyking redelik min ongelukke (https://en.wikipedia.org/wiki/Autobahn) . Een ding is verseker: As jy moet jou klein karretjie daar probeer ry word jy ‘n reuse boete opgelê. Want jou karretjie hoort glad nie daar nie. En jy stel goeie bestuurders se lewe in gevaar.

Ina ·

Het vanoggend met die oorlewende gepraat – die kar het net skielik regs geswenk reg voor die bakkie in. Hy reken iets het fout gegaan met die kar want dit wou nie by ‘n ander voertuig verbygaan nie.

Rina ·

Die wit Honda motor het ñ U-draai gemaak reg voor my skoonsuster se Grys dubbelkajuit bakkie op hul kant van die pad. Hy is dood wie verantwoordelik was vir ongeluk op die to neels en my skoonsus is vanoggend net na 6 oorlede asgv ernstige beserings.

Hannelie ·

Mense julle is baie onregverdig om sogenaamde “bewerings” te maak. As jul dan kwansuis “weet”, help die polisie dan net die ongeluksverslag. Niemand was daar behalwe die betrokkenes in die ongeluk. En net hulle kan verklaar wat gebeur het.
Rina baie sterkte met jou familie, ek bid en vertrou dat hul sal herstel.

Rina ·

Baie Dankie vir jul wat omgee harte het. Kan maar net bid vir hulle wat agter gebly het. Stukkend en seer.

Corrie ·

Baie sterkte Rina. Mag Jesus jou en jou familie styf vas hou.

Lizelle ·

Rina, ek is verskriklik jammer oor jou skoonsus. Ons het gistermiddag daar verbygery ‘n rukkie na dit gebeur het – dank Vader nie gesien gebeur nie, maar ons was geweldig geskok, my hart breek vir die families betrokke! Baie sterkte vir julle!

Elize C ·

Ons familie het dit ook beleef, toe presies dieselfde situasie gebeur het met my sussie-hulle as wat Ina beskryf. Hulle het ook met ‘n dubbel-kajuit bakkie gery teen 120 kpu op ‘n snelweg, toe ‘n klein voertuig ook net sonder waarskuwing skielik reg voor hulle inswaai. My sussie-hulle het letterlik dwarsdeur hulle gery, die kar was in DRIE stukke. Op die oomblik van die ongeluk, was dit nie die geval dat hy ‘n ander voertuig wou verbygaan nie. Die polisie-verslag later het bewys dat die voertuig se bande baie glad was, en die vermoede bestaan dat die een band dalk gebars het, en die bestuurder beheer verloor het, en die voertuig onbeheersd voor my sussie-hulle ingeswaai het. Niks wat enige aankomende bestuurder in daardie breukdeel van ‘n sekonde kan doen nie. Die polisie op die toneel het aan my sussie-hulle gesê dat indien hulle nie in die 4 x 4 gery het nie, kanse 95% is dat hulle ook dood sou wees, (hul bakkie het verskeie gerol nadat dit deur die kar is) genadiglik het hulle en die 2 kinders met hul lewens daarvan afgekom, afgesien van onderskeidelik ‘n gebreekte knie-skyf, ‘n vergruisde voet en handbene, ‘n gebreekte neus en gebreekte heup-bene. ‘n Ongeluk is regtig nie ALTYD toe te skryf aan spoed nie, selfs nie eers altyd as gevolg van nalatigheid of roekeloosheid aan een van die bestuurders se kant nie, ‘n defekte band (let wel: NIE verwaarloosde) kan bars, daar kan olie op die pad wees, ens.

Louise ·

Ek is so bly om te hoor ons het so baie gehoorsame burgers in ons land wat die pad reels 100% gehoorsaam en nog NOOIT n fout gemaak het nie.
Baie sterkte aan hierdie familie en mag God julle deur hierdie moeilike tyd dra.

Vee ·

Baie jammer om te hoor van jul verlies Rina. Sterkte vir familie en vriende. Ja, ongelukke gebeur en niemand van ons kan oordeel nie. RIV.

Penellope Jones ·

Alweer ‘n gruwelike botsing! Ai tog.
Twee persone se lewe weg, net so.
RIP

Ina ·

Rina, my innige simpatie aan jou familie. Wie ry gereeld die pad? Ek het die pad al baie gery en het al groot ongelukke daar gesien of amper beleef. Weet jy hoe magteloos jy voel as jy besef iemand het aan die slaap geraak agter die stuurwiel en jy sien hoe kom die motor oor die geel streep gery reguit op jou af en jy blaas hoeter en bid net die persoon word wakker? Dit is nie altyd speod wat ongelukke veroorsaak, maar onverskilligheid. Ek sien dit in Pretoria op die snelweë

tamboti ·

Haai Maroela Media, pas die skoen julle toe??

Seker maar ek het darem niks lelik gese nie!

Hannelie ·

Rina ek is regtig baie jammer om te hoor dat jou skoonsus nie die ongeluk oorleef het nie. RIV. My innige simpatie. Mag jul vertroosting kry en God jul styf vashou. Sterkte xx

Nesta ·

Hi Rina, my ouers het gister sekondes na die botsing gebeur het daar stil gehou om te help…. die tannie was in baie pyn gewees en het kort kort gesukkel om asem te haal, my ma het die tannie gehelp tot in met die ambulaans daar stil gehou het… die man in die wit kar was reeds dood toe my ouers stil gehou het, die oom en tannie was baie deur mekaar, die tannie het kort kort gevra waar my ma verdaan kom. Daar het nog n man stil gehou en vir die oom sy kontak nommer gegee vir as hul n ooggetuie benodig wat presies gesien het wat gebeur het, glo het die wit kar gejaar en toe beheer verloor, so jammer om te hoor dat sy oorlede is, sterkte… my hart gaan uit na jul…

Ina ·

Dis baie hartseer. Dis my seun se stiefma wat in die ongeluk oorlede is. Sy pa is op die oomblik saam met my seun en skoondogter oppad terug huistoe in Phalaborwa. Ons het uit sy mond gehoor wat gebeur het en al die gevolgtrekkings van die “kenners” is ongevraagd. Die persoon in die karretjie het volgens ooggetuies wat gestop het en verklarings gegee het, verder terug op die pad onverskillig verby almal gejaag. Daar is tussen die sperstreep “riffels” om motoriste te waarsku wat oor die sperstreep ry. Sy voertuig het vermoedelik teen daardie spoed die riffels geraak wat hom beheer laat verloor het.

Anton Mostert ·

Om te spekuleer is gevaarlik, die oom en tannie wat in die bakkie was het geen kaans gehaat nie. Die swartman wat die wit honda bellade bestuur het, het gejaag en het beheer verloor en reg voor hulle ingery. Ek en My vrou het dadelik gestop om te help, en daarna het nogge paartie gestop om te help.
Al my simpatie vir die oom en sy famielie mag die here se hand van vertroosting. Op julle rus

Chris W ·

Rina ons innige simpatie met die tragedie in jul familie.Mag ons Almagtige Vader vertroosting bring vir almal wat hierdeur geraak word.

Ronel ·

NIEMAND steur hulle meer aan die padreels nie! APIE SIEN APIE DOEN!

Albert Marais ·

@Jaco –
Die foto wys duidelik tydelike spoed beperking van 80km. Moonlike padwerke voorentoe?? Bly nog steeds tragies vir die betrokkenes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.