Gru-botsing eis man

Foto: ER24

Foto: ER24

Paramedici is vroeg Maandagoggend ná ʼn ongelukstoneel op die N2 in Langa, Kaapstad, ontbied en het aanvanklik gedink verskeie motors was in ʼn botsing betrokke.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het paramedici weens die hoeveelheid wrakstukke op die toneel gedink daar was verskeie motors betrokke, maar het hulle later agterkom dat slegs een motor betrokke was.

Vermaak het gesê die bestuurder van die motor het vermoedelik teen ʼn pilaar gebots en is die motor weens die impak aan stukke geruk. “Die bestuurder van die motor is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Vermaak is verskeie bane vir verkeer gesluit en word die presiese oorsaak van die ongeluk ondersoek.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

KLEIN ·

Voor die Suid Afrikaner nie kan lees sal die ongeluksyfer nie afkom nie. Hulle ken ook nie die verskil in STOP of waarvoor padtekens daar is nie. die pad tekens is nie daar vir versiering van ons paaie nie maar dit waarsku mens oor wat voorentoe (binne 100 meters) vanaf die teken vir jou voorlê vanaf die teken tot ongeveer honderd meter verder kan daar enig iets wees wat gevaarlik kan wees. spoed tekens is daar om jou te waarsku dat dit veilig is om teen die aangeduide spoed te ry.

william ·

Dis beter dat hierdie bestuurders wat 180km/h ry net hulself uitvat

STOP ·

Dis omdat die meeste bestuurders reken STOP staan vir Sit Toon Op Petrol. Op n erenstiger noot jammer iemand het gesterf.

Ansie ·

Spoed is ń gevaarlike ding as jy hom nie kan hanteer of beheer nie.

DPJ ·

Julle die STOP staan vir “so trap ons petrol” en mag jy nie minder as 180 k/u ry nie. Dan is jy ‘n gewaar op die pad. Gelukkig neem hulle, hulself vinnig uit die verkeer uit! Seker beheer oor die voertuig verloor.

Sumari ·

Lyk my almal wat kommentaar lewer was by die ongeluk. Weet altyd wat gebeur het. Houop dink julle kan oordeel soos julle wil. Daar is net een wat kan… En voel ook niks. Ja, en ek wonder hoekom kan blankes nie saamstaan nie.

Lulu ·

Genade tog Sumari, waar val jy nou uit met “blankes nie saamstaan nie”? Hierdie was ‘n MOTOR BOTSING! Dit het mos nou net mooi niks te doen met blankes wat nie saamstaan nie? Dis baie sad dat mense so sterf in motorbotsings maar mense moet ook verantwoordelikheid neem vir hulle eie aksies. As jy te vinnig ry – gaan jy die prys betaal een of ander tyd.

Annelize ·

Goeie hel! Hierdie fotos spel net een ding: SPOED, en ‘n ordentlike spoed daarby.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.