Gru-botsing eis pa en dogtertjie; passasier in ander motor

‘n Foto van die toneel naby Kareekloof in Meyerton (Foto: Verskaf)

Drie mense onder wie ʼn jong kind is Saterdagaand dood nadat twee bakkies naby Kareekloof in Meyerton in Gauteng gebots het.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê albei bakkies het in ʼn veld langs die pad gestaan by aankoms van nooddienste op die toneel.

Volgens Vermaak het twee vroue en twee mans in een van die bakkies gereis. Hy sê dié voertuig het gerol waarna een van die vroue uit die bakkie geslinger is. Sy is op die toneel dood verklaar weens die aard van haar noodlottige beserings. Die ander vrou en twee mans het ernstige beserings opgedoen.

Vermaak sê ʼn dogtertjie, ʼn vrou en ʼn man, volgens hom ʼn gesin, het in die tweede bakkie gereis. Hy sê die man en die kind is op slag dood in die botsing. Die vrou was in ʼn kritieke toestand.

Volgens hom het die brandweer meganiese toerusting gebruik om die erg beseerde slagoffers wat gelewe het uit albei motorwrakke los te sny.

“Al die ernstig beseerde pasiënte is behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese opvolgbehandeling,” sê hy.

Plaaslike beamptes was op die toneel en het ʼn ondersoek van stapel gestuur.

‘n Foto van die toneel naby Kareekloof in Meyerton (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anoniem ·

Innige simpatie met die familie van di oorledenis baie gevaarlike kruising daardie , die stop teken vanaf Kareekloof word baie kere nie gebruik nie .

Laas ·

Laas toe ek daardie pad gery het het n groot bakkie my probeer afdruk van die pad bloot net omdat ek volgens spoedgrens gery het en ek in sy pad was.

Theresa B ·

Dit is vreeslik om sulke goed te sien. Arme mense. Sterkte vir almal!

Louisa ·

Dit is baie hartseer. As die stop so gevaarlik is hoekom doen die verkeer nie iets daaraan en gooi paar hobbels sodat mense spoed moet verander. RIV Dawie en Carmen. Sterkte mamma Clair en Owen. So jammer oor julle verlies. Ek bid jul en jul famielies Jesus se troos toe asook vridnde, kenisse, skoolmaats en werks kolegas. Met stukkende harte omvou ons jul met liefde xxxx

anoniem ·

Daaar was al verskeie lelike ongelukke by daardie kruising . Daardie pad behoort ni aan die munisipaliteit van Meyerton ni maar aan openbare werke sover ek verstaan en ja soos almal weet het hulle ni geld om dit te doen . Daar sal aan al 4 kante moet hobbels gegooi word want van Kareekloof se kant af kom die mense met ‘n spoed daar af . Ons wat hier rond bly ken al daardie kruising . Sterkte aan die betrokke families , so jammer oor jul verlies .

Andre ·

Tragedie. ‘n Veiligheidsgordel sou keer dat die vrou uitgeslinger word, en dalk haar lewe gered het.

Gee om ·

Is daar enige nuus hoe dit met die ander mens gaan wat oorleef het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.