Gru-botsing eis sewe

Die taxi se wrak. Foto: ER24

Die taxi se wrak. Foto: ER24

Sewe mense is Vrydagmiddag in ʼn botsing in Krugersdorp aan die Wes-Rand dood.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê dié botsing tussen ʼn swaarvoertuig en ʼn minibustaxi het omstreeks 14:00 plaasgevind.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die twee voertuie mekaar reg van voor by die kruising van Main Reefweg en Luipaardstraat getref.

“Paramedici van verskeie nooddienste het op die ongeluk gereageer. Die taxi se wrak en die swaarvoertuig is in die middel van kruising aangetref. Die taxi het aansienlike skade opgedoen en verskeie mense se liggame was daarin vasgekeer,” het Meiring gesê.

Meiring het gesê ongeveer sewe mense is dood en 14 het beserings opgedoen wat strek van matig tot ernstig.

Die beseerdes is na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

Owerhede is op die toneel om ondersoek na die oorsaak van die ongeluk in te stel. Die pad is vir verkeer gesluit en motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

simon ·

O ! Ek het gedink sulke dinge gebeur net gedurende die “Silly Season” te oordeel na koerante en radio berigte.

Sam ·

7 oorlede en 14 beseer. = 21 mense.

SO was die taxi oorlaai of het die vragmotor ook addisionele mense vervoer?

Karen van Zyl ·

Sam hulle noem net die total mense wat oorlede is en die wat beseer is, wat as daar nog is wat geen beserings opgedoen het nie?

plaatsie ·

Dalk het dit tyd geword dat taxi EIENAARS verantwoordelik gehou word vir manslag, poging tot moord en selfs moord met voorbedagte rade vir aanstelling van taxibestuurders wat onverskillig /onwettig optree met die eienaar se taxi.
Dalk kan die onbesonne optredes van taxi bestuurders so hok geslaan word.

Boerseun101 ·

ek dink hul moet n wet bekragtig en dit moetstipuleer taxi EIEnaars moet drywers waarsku oor oorlaaiding ens, en hul moet dit teken. EIENAARS wat dit nie doen nie moet dan aangeklae word vir die oortredings in n Hof. so sal mens vinnig sien we die skuldiges is. en dit sal ons SAPD ook hul lediger uurtjies help vul ( die wat nou niks doen nie)

Ettienne ·

Dit is tog te snaaks dat die owerhede altyd na die oorsaak van die ogeluk moet soek as daar ‘n taxi betrokke is?????

Judy-Anne ·

Altyd So interesant dat hulle moet soek wat die “oorsaak” was!!!!! Jammer vir die mense se lewens wat geneem is.

Alida ·

Die groot vragmotors het gewoonlik net n bestuurder dus was daar 21 mense in die taxi!!!. Korrigeer my as ek verkeerd is asb.

Milan ·

Alvorens ek die inhoud van die berig begin lees het, het ek, wonder bo wonder, vermoed dat een van die voertuie betrokke, ‘n taxi gaan wees. Vreemd, Nie waar nie?

Penellope Jones ·

Feitlik daagliks ‘n taxi in ‘n botsing betrokke.
As mens sien hoe van hulle “bestuur” is dit nie baie vreemd nie.

C op c ·

Ek stel voor dat enigiemand wat passasiers teen betaling vervoer jaarliks vaardigheidstoets aflê en gepenaliseer word vir oortredings. Indien te veel punte verloor,, moet hy maar weer begin by sy leerlinglisensie. Maar aan die ander kant : ons lewe in land waar omkopery aanvaarbaar is….

Stefan ·

Voor ek die berig oop gemaak het kon ek al se n Taxi was betrokke want die goed ry mos asof die pad aan hulle behoort….

Gene ·

Ons weet wat die oor saak is!!! Dis die taxis maar die regeering tree nie op teen hulle nie . Jy kan kyk waar daar mense dood is is dit die taxis. Die pad behoort aan hulle gaan jou links op feel Streep verby ,stop nie by stop strate nie , en hou die verkeers polisie se sakke vol geld

Katrynd ·

Ek sien dit so: taxi baas se 14 persone. Hy laai 18 op. (4)meer. Maar daardie taxigeld steek hy in sy sak en betaal net die 14 s’n oor. so hy het altyd kontant in die sak. Hoe meer hy oplaai hoe meer geld vir homself.

Netekke ·

Ek stem saam met jou. Dis volgens my ook hoekom hulle so onverskillig ry, want hoe vinniger hulle passasiers kan af en oplaai hoe meer geld maak hulle.

Elsa ·

Spoed kan moontlik oorsaak wees..soggens tussen 5 en 7 moet meer verkeerspolisie sigbaar wees main str Newlands. .Ontdekkers. .Hendrik Potgieter..Nic Diederichs.geen pad reëls word na gekom deur van taxi bestuurder en ander motors volg voorbeeld..wesrand gauteng..gaan kyk self ons lewens is nie veilig op paaie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.