Gru-botsing eis twee

Foto: Netcare 911

Twee mans is dood nadat twee motors Vrydagoggend reg van voor tussen Vanderbijlpark in Gauteng en Deneysville in die Vrystaat gebots het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 06:40 op die R716 gebeur. “Albei bestuurders het voor paramedici se aankoms op die toneel reeds aan hul veelvuldige beserings beswyk,” het Dollman gesê.

Die een man was vermoedelik 60 jaar oud, terwyl die ander een in sy 30’s was. Hulle was die enigste insittendes in die twee voertuie. “Die mans was steeds in die wrakke vasgekeer en brandweerbeamptes moes meganiese toerusting gebruik om hulle uit die voertuie te sny,” het Dollman gesê.

Die pad is afgesper terwyl owerhede besig was om die toneel op te ruim. Verkeer is op ʼn alternatiewe roete herlei.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Albaster ·

Spoed was die oorsaak, en een van hulle het seker alweer oor n wit lyn gery. Ons moet nou regtig begin stadiger ry en nie net aannneem die pad voor jou gaan oop en skoon wees nie. Daar kan enige oomblik n gek in dieselfde baan as jyself aankom, dan moet jy tyd he om plan te maak, daarom is laer spoed in hierdie wettelose land so belangrik.

jan ·

hoe weet jy dit was spoed? was jy daar? kyk hoe oud is die karre, wat van bande? iets wat breek, en dan beheer verloor? jy oordeel darm maar baie vinnig…

Se net.... ·

Daai stukkie pad word as n renbaan gebruik boonop is daar holtes in die pad wat jou motor heen en weer gooi. Moenie die slaggate vergeet nie

R716 gebruiker ·

Die gedeelte van die pad waar die ongeluk gebeur het se oppervlak is baie goed. As die rem merke en die voertuie se laaste posisies gebruik word as verwysing, was die voertuig komend van Deneysville aan die verkeerde kant van die pad. Dit is die begin deel van n lang draai voordat die myn en kragstasue pad afdraai en dan by n T-aansluiting kom. Dit kan selfoon, voertuig faling en enige iets wat jy aan kan dink. Spoed kan nie uitgesluit word nie, maar dit kan nie as hoofoorsaak aan die klok gehang word nie. Daardie stukkie pad is nogal besig daarde tyd van die oggend. Dit sal moeilik wees om teen hoë spoed daar te ry.
Dis steeds tragies en dit ruk ‘n mens as jy die voertuie so voor jou sien.
RiP

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.