Gru-botsing eis vyf in Jhb

Die een voertuigwrak wat in die middel van die pad aangetref is (Foto: Verskaf)

Vyf mense is dood en een ernstig beseer in ʼn kop-teen-kop-botsing tussen ʼn bakkie en ligte voertuig in Gauteng. Die ongeluk het Vrydag omstreeks 06:30 op die R512 in Renosterspruit, digby die Lanseria-lughawe in Johannesburg-Wes, plaasgevind.

Paramedici van ER24 en Netcare911 is Vrydag straks ná 07:00 na die toneel ontbied.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die twee voertuigwrakke in die middel van die pad aangetref. Albei voertuie is tydens die ongeluk erg beskadig.

Die een voertuigwrak wat in die middel van die pad aangetref is (Foto: Verskaf)

“Die vyf passasiers van die ligte voertuig het noodlottige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê. Daar was glo kinders in die ligte voertuig.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê die bestuurder van die bakkie is binne sy voertuig aangetref. Hy het ernstige beserings opgedoen.

“Paramedici het hom op die toneel behandel. Hy is daarna na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling,” sê Herbst.

Meiring sê polisie was op die toneel om ondersoek in te stel. Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dals ·

Dubbel soliede sper-strepe? Kan net bespiegel wat die oorsaak was…

Wielspore ·

Ons woon in die Laeveld en reis so eenkeer in drie maande Roodepoort toe. Dit wil voorkom of party voertuig bestuurders in Gauteng aan regterbaan sindroom ly. Ingesluit is klein motors, wrakke, duur motors, swaar voertuie. Die tipe bestuurders voel klaarblyklik dat hulle oor die reg beskik om in die regterbaan te bly al ry hy ver onder die spoedgrens. Dan kom hulle van tyd tot tyd in Laeveld kuier en behou die regterbaan van die N4 tot hy by sy bestemming aankom. Dit is hierdie soort houding van bestuurders wat verkeer ophou en dan veroorsaak dat ander bestuurders kanse vat. Die padreel is tog duidelik, hou links en gaan regs verby.
Lekker ry.. in die linker baan!

Daleen ·

Wielspore die meer belangriker padreel en wet se ook moenie op ‘n sperstreep verbysteek nie. Dis juis mense soos wat jy beskryf wat GEEN GEDULD het en al 100m agter jou beginne ligte flikker al is jy reg langs die voertuig wat jy teen 120 km/h verbygaan op die hoofweg en dan tot op jou agterend ry en dan tekens vir jou gooi as hy verby kom. En vir wat om 5 min vroeer by sy bestemming te kom….. OF NIE soos in die geval.

Spyker ·

Snaaks, ek ondervind dieselfde hier Gauteng en dit is weer voertuie met MP registrasies wat die sondaars is

Oom Hennie Pennie ·

Hoe vinnig moet jy ry om so ‘n wrak te maak en dan nog dubbele sper strepe????

Eish ·

Daar is ook so baie voertuie wat “load shedding” vir hulle ligte gebruik! Daardie tyd van die oggend is dit baie moeilik om partykeer te sien. Innige simpatie aan die gesinne en families, Ongelukkig is dit die baie keer onskuldiges wat die seerste kry.

Adam Adriaan ·

Oorgrote meerderheid van die bestuurders het hulle bestuurders lisensies by “U Safe” gekoop

Lorette ·

Maroela Media, beter beskrywing van erg beskadig, sal “totale wrak” wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.