Gru-botsing in PTA eis 3

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ongeluk op die N1-snelweg by die N14/Brakfontein-wisselaar het Donderdag die lewens van drie mense geëis en verkeer in die omgewing erg ontwrig.

Johan Pieterse, ʼn woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het gesê ‘n ligte voertuig en twee vragmotors was in die ongeluk betrokke. “Drie mense is op die toneel dood verklaar, en een persoon is kritiek beseer,” het Pieterse gesê. “Die kritiek beseerde persoon se liggaam moes uit die voertuig gesny word.”

Besonderhede oor die ongeluk is nog skaars en word ondersoek.

Pieterse het versoek dat motoriste die N1-noord in die omgewing moet vermy, en bygevoeg slegs twee bane is oop vir verkeer.

Die polisie en metropolisie is op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.