Gru-botsing in Vrystaat eis 9

Een van die wrakke. Foto: ER24

Een van die wrakke. Foto: ER24

Sewe volwassenes en twee kinders is dood tydens ʼn trompop botsing in die Vrystaat Sondagaand.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het die botsing op die R30 tussen Brandfort en Theunissen, noord van Bloemfontein, plaasgevind.

Volgens paramedici op die toneel het ʼn VW Polo en ʼn Ford Laser mekaar reg van voor getref. Al die insittendes in die Ford was in die motor se wrak vasgekeer en het geen tekens van lewe getoon nie. Die insittendes van die VW Polo is tydens die trefslag van die botsing uit die voertuig geslinger en naby die voertuie se wrakke gevind.

“Sewe mense, onder wie die kinders, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Daar word geskat dat die kinders onderskeidelik drie en vier jaar oud is,” het Vermaak gesê.

“Twee volwassenes was in ʼn kritieke toestand en is na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein geneem waar hulle aan hul beserings beswyk het.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.