Gru-botsing op N1: ‘Dit ruk ʼn ou’

Vyf mense het Sondagoggend in die ongeluk op die N1-hoofweg naby Hammanskraal gesterf. (Foto: Medi-Egde First Responders/Facebook)

“Hierdie is gruweltonele. Dit ruk ʼn ou, veral as dit by kinders kom.”

Só sê JP Botha, voorsitter van die Sinoville-brandbestrydingsvereniging, oor die noodlottige botsing noord van Pretoria wat Sondagoggend onder meer die lewens van drie kinders geëis het.

Botha is gister saam met ander brandweerlede na die toneel ontbied waar ʼn Honda Ballade teen ʼn vragmotor net suid van die Walmansthal-afrit in die teenoorgestelde baan gebots het. Die vragmotor het melasse vervoer ten tyde van die voorval.

Volgens Botha het altesaam vyf mense in die voorval omgekom. Die besonderhede van die botsing was aanvanklik onduidelik.

“Die vragmotor het op die N1-Noord en die sportnutsvoertuig het op die N1-Suid gery. Die bestuurder van die motorvoertuig het egter beheer oor sy voertuig verloor. Die voertuig het ʼn kabel getref wat in die middel van die pad gespan was, waarna dit deur die lug getrek en die vragmotor reg van voor getref het,” verduidelik Botha.

Hy vertel dat die liggaam van ʼn kind, vermoedelik 14 jaar oud, onder die vragmotor vasgepen was en lugsakke moes noodgedwonge gebruik word om die kind onder die vragmotor te bevry. Die liggaam van ʼn ander kind is in die pad aangetref. Die drie ander oorledenes was in die motorwrak vasgekeer.

Volgens Botha het die vragmotorbestuurder nie in die voorval omgekom nie, maar moes wel uit die wrak van die vragmotor bevry word. Hy is na die Montana-hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling. Die bestuurder het sy regterbeen in die voorval gebreek en moet nou na ʼn ander hospitaal oorgeplaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gemaskerde Sopbeen

En steeds is daar GEEN inisiatief om mense daagliks te herrinner HOE om te bestuur nie, of WAT die verkeersreëls is, en WAT die gevolge kan wees as jy dit nie nakom nie. Steeds is daar net ‘n stelsel van STRAF….as jy ‘n foutjie maak. Mense gaan NET leer om reg te bestuur is hulle ELKE DAG kan sien HOE dit gedoen word………..En kinders gaan begin om hulle ouers tereg te wys op hulle padgebruik, as daardie kinders weet HOE om padreëls te respekteer. Hoekom is daar GEEN program om mense elke dag te WYS hoe om te bestuur nie?… Lees meer »

Sê maar net

En hoe stel jy voor moet dit gedoen word? Ons almal moes tog mos vir ons leerlinglisensies gegaan het voordat ons vir ons bestuurlisensies kon gaan. Ons word duidelik geleer wat die padreëls en pad tekens beteken. Party mense verkies net om dit totaal te ignoreer. En in hierdie geval is ignorance never a bliss!!

Lizl Ryan

Baie hartseer. Ek verstaan nie lekker die kabel wat in die middel van die pad gespan is nie…?

Grietjie

Dis verskriklik, ek verstaan net nie, wat se kabel was in die middel van die pad gespan, wou die bestuurder nie dalk uitswaai daarvoor en tref toe die kabel nie en dit nogal op die N1.

Potties

Daar is n kabel wat gespan is op die middel man eiland om te verhoed dat die moters nie U draaie maak nie.