
Die gru-ongeluk op die N2 in die omgewing van Umtentweni in KwaZulu-Natal. (Foto: Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa/Facebook)
Vyf mense is dood toe vier motors Sondag in ’n gru-botsing op die N2 in die omgewing van Umtentweni in KwaZulu-Natal betrokke was.
Agt ander mense is in die voorval beseer, waarvan drie in ʼn kritieke toestand.
Die KwaZulu-Natalse private ambulansdiens sê vyf pasiënte het reeds voor dié nooddiens se aankoms op die toneel gistermiddag aan hul beserings beswyk.
Paramedici het drie pasiënte op die toneel in ’n kritieke toestand aangetref, terwyl twee ander in ’n ernstige toestand verkeer het.

Die gru-ongeluk op die N2 in die omgewing van Umtentweni in KwaZulu-Natal. (Foto: Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa/Facebook)
Nóg drie ander het ligte beserings in die botsing opgedoen.
Die beseerdes is almal op die toneel behandel voordat hulle na die hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.
Die presiese omstandighede van die botsing is nie in dié stadium bekend nie.
Die toepaslike owerhede was op die ongelukstoneel om ondersoek in te stel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Spoed….drank…….. lanklaas ‘n ongeluks toneel gesien waar dit onderdele in die pad gesaai lê. Sterkte aan die beseerdes wat onskuldig betrokke was by hierdie grusame botsing.
Ek sien n dubbele sperstreep. Begin sommer daar met die ondersoek.
Jaag soos bestenes !!
Spoed en n ou proppie gaan nie saam nie ek se van my kant af was daar n redelike spoed gewees sterkte aan die wat agter bly
Soos altyd in ongelukke: ‘n sperstreep. Dit is ‘n ding waaraan min motoriste hulle steur en nog minder verkeersbeamptes.