Gru-foto’s op onderwysdepartement se webwerf skok ná kuberaanval

Foto: Pixabay/JESHOOTS

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Die departement van onderwys het Woensdagaand sy amptelike webwerf buite werking gestel nadat grusame foto’s van onthoofde lyke in ʼn kuberaanval op dié webwerf versprei is.

Die departement het gesê die foto’s het gepaardgegaan met ʼn boodskap aan “die regering, die Amerikaners en die res van die wêreld”.

Sommige van die gru-foto’s was dié van kinders.

In ʼn verklaring het die departement gesê die boodskap van die aanvallers op die webwerf was ysingwekkend.

“Aangeval deur Team System DZ. ʼn Boodskap aan die regering, die Amerikaners en die res van die wêreld. Is dit die menslikheid waarop julle aanspraak maak, of is lewe bloot nie ter sake vir Moslems nie? Moenie dink dat dié aksies teen Moslems net verby sal gaan of dat ons sal vergeet wat julle aan die Arabiese en Moslem-mense wêreldwyd gedoen het nie. Ek is lief vir die Islamitiese Staat (Isis).”

Die departement het die kuberaanval ten sterkste veroordeel.

“Ons veroordeel die gru-foto’s wat haat en geweld aanvuur. Ons het onmiddellike stappe gedoen om die beelde van die webwerf te verwyder en vas te stel hoe die webwerf aangeval is. Ons het ook reeds kontak gemaak met die Staatsinligting- en Tegnologieagentskap (Sita).

“Ons doen intussen ʼn beroep op lede van die publiek om geduldig te wees aangesien die webwerf steeds af is hangende die ondersoek,” het die verklaring gelui.

Geen nuwe inligting is in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Wagter ·

Oh my goodness, kan jy nou jouself in dink wat sal gebeur as een van die staat instansies of n skool gaan geteiken word deur n terreur aanval ? Ons sal maar moet spring om die Moslem kinders en hul geloof gelukkig te hou

MR ·

Dis presies wat hulle wil hê. Vrees in almal te jaag en hulle geloof in ander se kele af te druk

al ·

Die Moslem gemeenskappe is vreedsaam en ordentlik in SA en ek het groot respek vir hulle. Don’t jump the gun met SA se Moslem gemeenskappe.

Erick ·

Al, het jy vergeet van PAGAD en dié se moorde, die Planet Hollywood bomaanval en sluiting van die restaurant daarna. Wimpy bomaanval in Seepunt, pypbom aanval in Bellville en ek is nog nie eers by Worcester nie. Hulle sê ‘The difference between a moderate and a radical Muslim is a change of clothes.’ Ag maar wat weet ek nou.

Piet Pompies ·

Dit is bloot goedkoop propaganda, die skepper van die beeldmateriaal laai dit op ‘n rekenaar en gebruik ‘n “hacker” om netwerk te infiltreer en versprei die inligting. As enige gebruiker ‘n sekere aksie op sy PC uitvoer maak die rekenaar die beelmateriaal oop. Daar is hy, lekker goedkoop ISIS propaganda….

John ·

Gister se hofuitspraak oor godsdiens in skole, ‘n ander een oor gebeure 46 gelede… En gisteraand se storie op die Moslemkanaal oor die glo onderdrukking van mense in SA… Dis duidelik dat IS in ons land aan’t woeker is en ‘n magsbasis nastreef. Hoe voel ons skynbaar Moslem-vise-president, wat ook sy hoop stel op staatshoofskap, oor die jongste verwikkeling?

snoefie ·

versprei die fotos van hulle eie dade. maar ons dien n magtige God. Hy is nie vol wreedheid, haat en wraak nie.

Haas ·

Díe aanval wys die ware hart van die mohammedaanse geloof. Om net na hul sogenaamde ‘helige Ramadan’ sulke aanvalle te loods wys dat die Mohammedane nie glo in vrede nie maar dat hul geloof slegs met vrees en die bloed van onskuldiges kan voortgaan. Siener het gesê ons gaan laaste die donkerte ingaan en eerste daaruit kom. Ek is van mening dat daardie visioen van hom handel oor die koms van “Islam” wêreldwyd, en hoe die mohammedaanse geloof deur die wêreld gebruik gaan word om Christene te probeer uitroei. Maar ons God sal ons hieruit ly.

marous ·

Dieselfde regering wat so geskok is , is glad nie ontsteld oor die daaglikse moorde en marteling van witmense in hul eie land nie , en help dit aanblaas….

Pieterlewismuts ·

As ISIS eerste slaan moet hulle beslis nie huil as hulle hard teruggeklap word nie.

Na my wete het ISIS eerste n aksie op tou gesit om die wereld, wat nie Moslem is nie, te boellie om hulle geloof as die ENIGSTE ware en geldige geloof voor te hou en te laat aanvaar deur gebruik te maak van terrorisme.
Deur geweldadig terug te slaan word gepoog om voortdurende terrorisme stop te sit.
As jy aan my slaan slaan ek terug is die opskrif van sulke aksies

Dries ·

Is dit nie die verantwoordelikheid van die minister van veiligheid wat so saam die Sjinese kerjakker en verdag is rakende renosterstropery se werk om dit te bekamp nie ? Sy vingertjies is mos oral in.

Daenarys Targarean ·

@Dries – sy vingertjies is diep in sy oortjies sodat hy nie hoef te hoor waar al die foute lê nie…..

Komkommer ·

Regerings reg oor die wereld hou daarvan om die DotNetNuke (DNN) framework te gebruik omdat dit gratis (open source) is en op regerings se meestal Windows gebaseerde infrastruktuur hardloop. Maar hulle het natuurlik nog ‘n ou weergawe (7.0) van 2015 gebruik wat vatbaar is vir ‘n kuber-aanval. ‘n paar ander lande se regerings is ook gister deur ISIS getref soos Jordanie en Amerika se Ohio staat. Dit was dus nie so moeilik vir ISIS om die site te kraak nie, aangesien die regering nie die patches gelaai het wat al vanaf Mei 2016 beskikbaar was nie.. So leer die regering ook nooit nie. Kom ons kyk hoe lank dit Sita vat om die server weer reg te kry.

Ouma ·

Heilige woord van waarheid!!! Vertrou op Die Here!! Ons almagtige Vader Seun en Heilige Gees!! En laat ALLES in SY bekwame HANDE en alles sal in plek en op tyd, soos wat Hy dit wil he, gebeur!! God is Liefde! En daar is GEEN haat in hom nie!! Soek eers SY Aangesig en alles sal op tyd regkom!!

Val ·

Christene neem kennis asseblief. Openbaring 20:4. Die tyd is op hande.

Alida ·

Kan iemand my sê of ons nog ‘n weermag het om ons te help indien ISIS ons aanval. Weet JZ wat ISIS is – ek twyfel. Sal seker net giggel indien hy gevra word.

Elizabeth ·

Ek ruik ñ Gupta in die kuberkrakery van die onderwysers dept. Na alles word die Muslim nie sleg behandel in SA nie, behalwe vir een familie……….hmmm

Ekin Fidel ·

Alle muslims steun tereur teen “ongelowiges” die quran beveel moslems om ons dood te maak. Dus bestaan daar nie iets soos ‘n vreedsame muslim nie. Suid afrikaners moet vinnig wakker skrik as dit kom by islam anders gaan ons soos europa opeindig

M ·

Ekin Fidel, die Bybel is baie erger as die Koran as dit kom by geweld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.