Gru-moord op Polokwane-ma: Twee hoor oor borgtog

Tanya Wiers.

Tanya Wiers.

Die twee mans wat in verband met die moord op Tanya Wiers (44) van Polokwane in hegtenis  geneem is, het Woensdag in die Polokwane-landdroshof verskyn waar uitspraak gelewer is rakende hul borgtogaansoeke.

Ao. Lesiba Ramoshaba, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Alfred Hlongwane (45) en Frans Maela (25) is borgtog geweier. Hulle word van moord en roof aangekla.

“Hlongwane en Maela sal weer op 26 Mei in die hof verskyn. Hulle sal in aanhouding bly tot dan,” het Ramoshaba gesê.

Hlongwane was die Wiers-gesin se tuinier en is vroeg in Maart vasgetrek. Maela is ʼn dag ná die moord op 7 Februarie vanjaar in hegtenis geneem. Hy het ook in die buurt gewoon waar Wiers vermoor is.

Wiers se seun, Rolf (16), het op sy ma se liggaam afgekom. Sy het verskeie steekwonde aan haar nek en onder haar ken gehad, asook verdedigingswonde aan haar hande. Haar oë is met ʼn onbekende skerp voorwerp verwyder.

Frans Maela. Foto: SAPD

Frans Maela. Foto: SAPD

Haar man, Rolf sr., het vroeër aan Maroela Media gesê hy is oortuig daarvan die moord was nie deel van ʼn gewone rooftog nie, omdat baie min uit die huis gesteel is. Slegs Tanya se trouring, toonring, armband en rekenaartablet is gesteel.

Hy het destyds gesê hy vermoed die moordenaars moes ongesiens agter Tanya by die huis se elektriese hek ingeglip het toe sy ingery het. “Tanya het seker die huis oopgesluit en die inkopies ingedra. Sy het die brood in die broodblik gesit en die suiker, macaroni en vetkoekies gebêre. Sy sou op pad gewees het om die toiletpapier in die gangkas te bêre want dit het nog op die vloer gelê. Haar selfoon en bril het op die eetkamertafel gelê en haar skoene op die vloer van die eetkamer. Ek vermoed die eerste struweling het al daar begin, want die tafel het sommer so skeef gestaan.”

Volgens Rolf lyk dit of Tanya probeer het om kamer toe te hardloop om van haar aanvallers te vlug en dat die struweling daar voortgesit is. Daar was bloed aan die gangmuur, een van haar oorbelle is op die vloer van die hoofslaapkamer gevind en die ander een in die egpaar se oudste dogter, Bianca (18), se slaapkamer.

Lees alle vorige berigte oor Tanya Wiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Christa ·

As haar oe verwyder was, het hulle dit ook dalk aan ‘n sangoma verkoop vir geld!

Charmaine Coetzee ·

Dis so waar wat jy se Christa dis so wreed om iemand se lewe op so manier te neem maar ins dien n regverdige GOD X

Borg op brits ·

Waarom is die moordenaar taksiebestuurder op brits vandag borgtog gegee vir moord? Waarom? Hoe lank gaan Ons nog stil sit en belasting weggee aan mense wat ons doodmaak?

Frik ·

Geen politieke party sê iets hieroor nie. As sy dalk net in n kis gedruk is sonder dat sy beseer is dan sou almal seker sterk uitsprake gelewer het maar dan sou sy ook swart moes wees. Baie stil wanneer n witte vermoor word

pietie ·

Mmusi, geen woord van die DA! Kom wys vir ons jy en die DA gee om vir witmense se lewens. Maar jy is so besig met die kolonialisme foefie dat jy nie tyd het nie.

Jan Gunter ·

Mmusi is maar’n doodgewone kommunis. Gehoor met my eie ore dat hy in die parlement kwyt geraak het dat die DA grondhervorming gouer sal laat plaasvind as die ANC. Wat Helen aanbetref, sy was lank die voorsitter van die Black Sash.(die vroueliga van die SAKP. Dit verstom my dat Boere vir hulle kan stem. Ek wonder net of die tweet van Helen dat kolonialisme se goeie eienskappe nie maar’n manier is om haar van die DA te distansieer en sodoende haarself voor die wereld te verontskuldig nie. Ek skeer haar oor dieselfde kam as Maimane.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.