Gru-ongeluk eis 13

Die ongelukstoneel. (Foto: Arrive Alive/Twitter)

Minstens 13 mense is dood en verskeie ander beseer nadat ’n minibustaxi en ’n vragmotor Woensdagoggend in die noorde van KwaZulu-Natal gebots het.

Die botsing het op die R66 tussen Ulundi en Melmoth plaasgevind.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, sê vier pasiënte is vanoggend in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal gehaas.

Besonderhede rakende die ongeluk is in dié stadium onduidelik.

Die polisie en nooddienste was laatoggend nog op die toneel.

Dié gru-ongeluk volg net meer as ’n week nadat 12 mense in ʼn gru-ongeluk tussen Underberg en Bulwer, ook in KwaZulu-Natal, omgekom het.

Maroela Media het vroeër berig die bestuurder van ’n taxi het glo in dié voorval beheer verloor waarna die taxi die pad verlaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Plaaskind ·

Taxi bestuurdes ry net soos hulle wil en gee nie om vir ander padgebruikers nie.

Zandra ·

kan die valke nie ook sommer die taxi probleme oorvat en uitsorteer nie, dit wil voorkom hulle maak werk van probleme

AndréS ·

Taxis en padreëls loop nie hand aan hand nie
Verder is hulle verhewe bo die wet
Die resultaat is massamoord

JohanR ·

75% van ongelukke in SA is daar altyd ‘n taxi betrokke. Tyd dat ‘n taxi bestuur liksensie nie uit gegee word nie tensy die bestuurder ‘n Advanced Driving Course gevat het, en hom deur gekom. As jy mense gaan vervoer dan moet jy verantwoordelik wees en bestuur.

Wat op dees Aarde ·

Vir wat advanced driving? Hulle is pad gebruikers nes ek en jy, en moet by die reëls hou. Hulle is nie verhewe bo die wet nie, en nóg minder is hulle noddienste wat wel die advanced driving nodig het nie. Taxi drywers is nou eenmaal net padvarke.

Wat op dees Aarde ·

As jy daaran gewoond is om in Pretoria en Johannesburg te bestuur, weet jy sommer die taxi bestuurders het geen kennis van die padreëls nie. In elke ongeluk waar in ‘n taxi betrolle is, is dit die taxi se skuld, nie die ander party nie.

Genis ·

Daar is ander wette vir die Taxi’s. Baie Taxi’s behoort aan polisie manne, en ander staats amptenare… Die Taxi bedryf is die beheerliggam vir die department van Vervoer…

Janine ·

Ja wel…so lank as wat onbevoegdes lisensies kry, sal dit voortgaan. Ken mos nie van afstand en spoed skat en soliede wit strepe nie. Nog minder van stopstrate, rooi robot, draaibane ens nie. Stop waar hulle wil, gaan verby waar hulle wil, maak wat hulle wil. Ry op sypaadjies, ry in aankomende verkeer, die lys gaan aan. En daar is fisies videos van hierdie goed!

Pieter ·

Dan wil kop doek kom worrie oor covid julle bly maar net een groot grap.

JohanR ·

Hoor jou “Wat op dees Aarde”, maar vra dan die vraag hoe word die dood en verwoesting van taxi’s stop gesit want lyk my niemand het ‘n antwoord nie. Is soos ‘n sweer wat klein begin het, en slielik het hy jou hele boud oorgeneem. Ek het iewers gehoor of gelees dat daar 300000 taxis in Suid Afrika.

Wanda ·

Die taxi was nie in die verkeerd nie,die trok het beheer verloor

Kruger ·

“Advanced driving course” gaan hulle net meer roekeloos maak. Hulle bestuur beter as meeste van ons. Hulle moet geleer word om padreels te gehoorsaam soos meeste van ons.

Nico ·

Die taxi bestuurders is die mees ongedissiplineerd bestuurders op die, hulle reken die pad behoort aan hulle, hoe verloor jy beheer oor jou voertuig, die groot oorsaak is hulle ry onverskillig ken nie die padreëls nie, drink en bestuur, hulle bripe die verkeersmanne, m.a.w. hulle het nie respek vir ander padverbruikers. Nou kom Aarto punte stelsel in, weereens kom hulle skotvry kyk hou lyk die tax’i voertuie die goed val uitmekaar en is onpadwaardig. Die regering moet die spoorvervoerstelsel weer terug bring, daan gaan die verskoning wees met die arbeid. Die ding wanneer jy ‘n voertuig sien met “L” plakker is daardie persoon alleen sonder ‘n persoon met ‘n geldige bestuurs lisensie. Die Aarto punte stelsel is bedoel vir die wit bestuurders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.