Gru-ongeluk eis 15

Die vragmotor en minibustaxi het reg van voor gebots (Foto: EC Department of Transport, Twitter)

Vyftien mense is dood en twee beseer toe ʼn vragmotor en ʼn minibustaxi Woensdagmiddag in die Oos-Kaap reg van voor gebots het. Dié ongeluk het op die N2 tussen Mount Ayliff en Mount Frere omstreeks 16:30 plaasgevind.

Ayanda Paine, die minister van vervoer se woordvoerder, sê aanvanklik is daar 11 mense op die toneel dood verklaar. Reddingsbeamptes het egter sedertdien op nog vier liggame op die ongelukstoneel afgekom.

Al 15 oorledenes was insittendes van die minibustaxi terwyl die twee beseerdes in die vragmotor was. Fikile Mbalula, minister van vervoer, het sy misnoeë uitgespreek oor die minibustaxi wat ten tyde van die ongeluk vol gelaai is. “Dit is teen die afsonderingsregulasies. Die saak is aan die wetstoepassers oorhandig,” het Mbalula gesê. Volgens dié regulasies mag ʼn taxi slegs 70% van sy kapasiteit inlaai.

Mbalula het ook sy medelye met die oorledenes se geliefdes betuig. Hy het die twee beseerdes ook ʼn vinnige en volkome herstel toegewens.

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) se ondersoekeenheid vir botsings in samewerking met die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Leon ·

M.a.w. óf die taxi of die vragmotor was aan die verkeerde kant vd pad? Het dié vraag ‘n antwoord nodig?

Jean-Mari ·

Die trok was verkeerde kant, taxi was in die linkerbaan

Genis ·

Taxi’s steur hulle nie aan die reels nie… Op TV maak hulle of hulle so saam met die taxi industrie gehoorsaam is…

Jean-Mari ·

Die taxi was nie aan die verkeerde kant van die pad nie.

marius ·

Misnooe omdat hy vol gelaai was? Waarom nie misnoee oor die bestuurswyse van diegene wat soos moordenaars bestuur , en dan geen genade uitvoering soos beslaglegging op voertuie , en direkte tronkstraf nie ?

Jean-Mari ·

Ek het na fotos op ander artikels ook gaan kyk. Die taxi was aan die regte kant van die pad so in die geval nie verkeerd nie.

Daleen ·

Jean-Mari Taxis is ALTYD op een of ander manier verkeerd. Miskien nie hierdie een keer verkeerd deur nie die padwet te oortree nie MAAR het wel die wette ivm Covid-19 oortree. So 6 van die een en half dosyn van die ander.

Okmardom ·

Bestuurder het passasiers vermoor omdat hy hom nie aan reels steur nie. Reg of verkeerd.

Okmardom ·

Hoekom tel die passasiers nie self die mense soos hul inklim nie. …dit is tog nie n moeilike som nie. Sê dan die bestuurder of klim uit. Dis n belangrike keuse om te maak.

koos10 ·

Want as jy uitklim of nie wil inklim nie, moet jy weer agter in die ry gaan inval en tot 2 ure wag op die volgende taxi, en dan het jy geen waarborg dat dit ‘n ander een kan wees nie.
Praat gerus met mense wat taxi’s ry, dit gaan jou oë open in ‘n bedryf waarvan ek en jy maar min weet. Die belangrikste om hier te weet is dat die mense van die taxi’s afhanklik is en nie anders om nie.

Gawie ·

Ander fotos van die ongeluk op EC Department of Transport se Twitterblad wys duidelik dat die vragmotor aan die verkeerde kant van die pad was, maar gee ongelukkig geen aanduiding van die rede daarvoor nie – mens kan maar net bespiegel. Dit is wel duidelik op die foto dat die vragmotor baie hard gerem het vóór die botsing.
Ten spyte daarvan, indien die taxibestuurder die reëls nagekom het sou heelwat minder mense omgekom het. So hartseer en onnodig!

koos10 ·

My liewer minister, 70% van die taxi se kapasiteit is nog nie eers bereik nie. Almal weet dat jy sowat 25 tot 32 mense in ‘n taxi kan laai, nog bietjie indien nodig.

Dit is baie algemeen in die Oos Kaap (Transkei) om 3 bane te hê, die middelste een word as verbygaan/verby steek baan gebruik, ongeag watter rigting die baan moet beweeg. Ek het al self daar noue ontkomings gehad, en geweier om in die nag op die paaie te bestuur, en ek het karre en trokke al daar gery.

Sonneblom23 ·

As daar n padblokade was en die taxi gestop, geinspeksteer en verbied was om verder te ry, dan sou die dalk nie gebeur het nie.

twaalfboor ·

Met ñ slaagsyfer van 30% is die berekening van 70% problematies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.