Gru-ongeluk eis 2 boeties

Coetzee en Stiaan 'n paar jaar gelede. Foto: Verskaf

Coetzee en Stiaan ‘n paar jaar gelede. Foto: Verskaf

Twee boeties is ure ná mekaar dood nadat hulle in ʼn gru-ongeluk was saam met hul pa buite Musina in Limpopo.

Ina Booyse, ʼn vriendin van die familie, het aan Maroela Media gesê Kobus van der Walt en sy twee seuns, Stiaan (16) en Coetzee (6), was Saterdagaand op pad terug na hul huis in Musina toe die botsing plaasgevind het. Volgens Booyse het Kobus en die seuns die dag op die gesin se plaas buite die dorp deurgebring. Philna, Kobus se vrou en die seuns se ma, was nie saam plaas toe nie aangesien sy verder studeer en besig is met eksamen.

Die Nissan-dubbelkajuitbakkie waarin die pa en seuns gery het, het teen ʼn oorlaaide bakkie wat langs die pad gestaan het, gebots. Die oorlaaide bakkie het op ʼn blinde hoogte gestaan.

Die bakkie waarin Kobus en sy seuns gery het. Foto: Verskaf

Die bakkie waarin Kobus en sy seuns gery het. Foto: Verskaf

Die ongeluk het ná 22:00 plaasgevind. Die bakkie waarin Kobus en sy seuns was, het omgeslaan en gerol. Stiaan was in die wrak vasgekeer terwyl Coetzee uit die bakkie geslinger is.

Volgens Booyse het sy van die botsing te hore gekom en is sy en nog ‘n vriendin, Cinta Roets, na Philna se huis waar sy die nuus aan haar oorgedra het. “Ons het na die ongelukstoneel gery. Stiaan was reeds dood. Paramedici was besig om Coetzee te behandel.”

Booyse het gesê Coetzee is na ʼn dokterspreekkamer op die dorp geneem waar hy gestabiliseer is voordat daar met hom na ʼn hospitaal in Polokwane gejaag is. Coetzee is kort voor die ambulans se aankoms by die hospitaal dood. Volgens Booyse het Kobus sy arm en verskeie ribbes gebreek. Hy het ook ʼn nekbesering opgedoen.

'n Meer onlangse foto van Stiaan. Foto: Verskaf

‘n Meer onlangse foto van Stiaan. Foto: Verskaf

Volgens Booyse het die oorlaaide bakkie reeds ʼn paar dae langs die pad gestaan nadat dit gebreek het. Booyse het gesê Kobus sterk steeds aan in die hospitaal. “Philna is ook later in die hospitaal opgeneem weens skok en sy sterk ook steeds aan in die hospitaal.”

Stiaan was ʼn gr. 10-leerder aan die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé in Polokwane terwyl Coetzee ʼn gr. 1-leerder aan die Laerskool Musina was. Die Van der Walt-egpaar het ook ʼn dogter, Marianné, wat aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus studeer.

Volgens Booyse sal daar Donderdag ʼn roudiens plaasvind en die seuns Vrydag op die plaas begrawe word. “Ons wil net namens die Van der Walt-gesin vir almal baie dankie sê vir die hulp en gebede.”

Die polisie in Limpopo kon nie onmiddellik besonderhede oor die voorval verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Janine ·

HOEKOM is daai oorlaaide wrak nie deur Metro van die pad verwyder nie???

Baie sterkte aan die gesin. Dis hartverskeurend.

tina ·

My innige simpatie…mag die Here julle styf vashou,sterk en troos.

Bobbie ·

My vraag is, die bakkie het van waar tot amper in Musina gery, met die vrag soos per foto. Weereens ‘n bewys van hoe effektief onse verkeers polisie is. Hopenlik word die “bestuurder” van die bakkie van manslag aangekla??

Peet Schabort ·

“LANGS die pad gestaan vir ‘n PAAR DAE ” ?
Eerder “IN DIE PAD”.
Geen wetstoepasser(s) in daardie tyd op daardie pad? SIES EN ‘n SKANDE vir julle. Julle is net so aanspreeklik.
STERKTE AAN DIE FAMILIE.

Adriana ·

Ek hou gereeld daar vakansie, die verkeersbeamptes is te besig om in die plaaslike Spur te eet, om aan sulke onbenullighede te gaan aandag gee. Dit sluit die munisipale beamptes in, sowel as Provinsiale inspekteurs ! Ons het tydens ons vakansie drie keer daar geëet, op verskillende datums en tye en dieselfde groep was elke keer daar. Ek glo nie dat dit net blote toeval is nie.

Adriana ·

Miskien moet een van julle journo’s die pad vat Bosveld toe en gaan kyk hoe lyk daardie eens pragtige dorpie!

Retha ·

Ek stem Peet. As ons Alldays toe ry moet jy alewig maar pasop vir hulle verkeersmense maar hulle pas geen wette toe op voertuie wat so lyk nie.

Ghost ·

Geen wonder die bakkie wou nie verder ry nie. Kyk hoe oorlaai is hy. Boonop staan hy in die pad en nie langs die pad nie. Ek se kla die einaar aan vir manslag. Dan ondersoek ook die polisie wat daardie omgewing moet patroleer, want hulle moes lankal agter gekom het dit is n gevaar en die bakkie weg getou het.
Sterkte aan die familie met die groot onodige verlies.

Theresa ·

Hoe de duiwel kan die bakkie vir dae so langs die pad staan?? Daardie bestuurder moet aangekla word. Ek weet dit sal nie die kinders terugbring nie, maar magtig – wys jou nou maar net weer. Hulle sal doen wat hulle wil net waar hulle wil. Die bestuurder weet baie goed die bakkie kon nie so gestaan het nie en kyk hoe is die ding gelaai.
Hoe onnodig en soveel hartseer vir een gesin. Mag julle vertroos word. Baie sterkte.

ladybug ·

Hoekom is die stuk gemors nie uit die pad verwyder nie? Dit het ‘n gesin van 2 seuns ontneem!!!!!!!

My hart huil vir julle, baie baie sterkte, mag ons Vader julle dra en styf vashou in hierdie hartseer tyd!

Reyna ·

Dit is verskriklik tragies. Ek kan net bid vir wat hierdie gesin nou deurmaak en nog gaan deurmaak.

SNEL ·

Skokkend om te sien waar daardie bakkie staan. Kon die eienaar nie srog dat hy hulp kry om die ding darem van die pad af te kry nie. Dit was mos nou n ongeluk wat net gewag het om plaas te vind, en waar is die verkeerspolisie of metro of wie ook al wat verantwoordelik is om sulke gevalle uit te sorteer en ons paaie te beveilig?
My hart gaan uit na die familie, baie sterkte!!

Berhalet Beukes ·

Hoe KON die verkeersdepartement en munisipaliteit die voertuig net so los? Dis so só tragies dat hierdie pragtige kinders so vroeg moet sterf. My innige simpatie aan die familie en vriende en ek hoop uit prinsiep dat iemand dagvaar die rook uit die munisipaliteit en of verkeersdepartement wat nie die voertuig verwyder het nie!

Hendrik ·

Sy vrag hang nog oor die agterste reflektors ook. In die nag sou hy onsigbaar wees. Ek sou die Limpopo verkeers polisie verantwoordelik hou, sowel as die bestuurder. Om daardie voertuig daar te los kom neer op ‘n misdadige nalatigheid.

Eliza-beth ·

Eienaars van bakkie maar veral ook die sg wetstoepassers, is aanspreeklik hier! Arme arme gesin, dis verskriklik. Ek sou BAIE graag kommentaar van die “wetstoepassers” in daardie area wou hoor en wat hul “verskoning” is dat hulle nie opgetree het nie. Nou is dit natuurlik te laat maar ek dink hulle moet aantree!

KAG ·

Te laat nou, en bitter tragies, maar die gesin moet stappe neem teen die metropolisie. En so gebeur hierdie tipe ding daagliks met GEEN nagevolge nie. Tipies van ‘n wettelose land. Sterkte aan die gesin.

Debs ·

WAAR is die verdompde verkeers mense!!!!! die stuk wrak staan daar vir’n paar dae al!!!!!
dis so so tragies….. ek word so die wetter in vir sulke mense wat ander se dood so onnodig veroorsaak!!!!! Onskuldige twee kinders wat weggeneem is en soveel hartseer !!!
my hart gaan uit na julle almal en ons dra julle op in ons gebede.
Ek ry daagliks op hoof roetes en hierdie onwettige wrakke kom met moord weg !!!! Oorlaai en sonder ligte en duidelik onpadwaardig!

jennefer ·

19 Augustus 2015 is daar n protesaksie teen korrupsie , asb medeburgers laat ons die regering aanvat oor wat in die land gebeur. Vat die dag verlof, huur n minibus en laat ons ,ons stem laat hoor!

Winston ·

Baie sterkte aan die gesin. Dis n harde slag om te verwerk. Die skuld van n traak my nie agtige regering. En die eienaar van die oorlaaide voertuig moet aangekla word van strafbare manslag. Geen driehoeke uitgesit om te waarsku nie. En hy sal in elk geval niks oorkom nie. Dis sy menseregte om te stop waar hy wil en te maak soos hy wil.Verkeersbeamptes vreet hulle net oorgewig. Groot salarisse? Of…. nog n tragiese geval op ons paaie.

Hannelie ·

Daai plek het seker “invisible” verkeersbeamptes. Eet hul dae in die Spur om soos Adriana noem. Baie baie sterkte aan die gesin wat ontneem is van hul twee pragtige seuns. Dit is so onnodig, as wetstoepassers net die wette wil nakom, maar ons land is te korrup!!!!

Jaco ·

Mense kom kyk hoe lyk die N4 tussen Middelburg en Belfast na donker veral oor betaalnaweek of langnaweek. daar sal julle bakkies sie wat net so hoog gelaai is met sleepwa agter ook net so gelaai sonder ligte. Dan ry die spul by Wonderfontein verby verkeersmanne wat dag en nag daar sit by die weegbrug sonder dat daar eers na hulle gekyk word. Nou wonder mense hoekom sterf daar so baie mense op die stukkie pad wat ek genoem het.
Sterkte aan die gesin jammer vir julle verlies.

Ronell ·

DIT IS MOORD… DIE EIENAAR VAN DIE OORLAAIDE BAKKIE MOET VIR MOORD AANGEKLA WORD….. PUNT!!!!!

Marga ·

Ek stem saam Ronell. Ek kan nie dit glo nie. Dis sooooo verskriklik hartseer!!! Sterkte en ek bid dat die Here sal vertroos in hierdie swaar tyd.

Cinta Roets ·

Mense ek wil net ‘n regstelling maak, die voertuig het daar vanaf die oggend ongeveer 7 uur se kant daar gestaan.

Ek wil julle ook inlig, my man ry elke dag daardie pad en so ook ander verskeie mans en vroue wat op die myn werk. Asook boere.

Die Donderdag oggend voor al hierdie gebeur het was daar ‘n groot vrag trok wat ge -jack-knife het binne in die pad. Een van Venetia Myn se mense het op die trok afgekom waar daar weereens geen beligting of enige indikasie is van ‘n voertuig binne in die pad nie- hy en ‘n kollega moes met sy voetuig beligting gooi op die trok en die kollega moes met ‘n flits aan die anderkant van die trok, die verkeer beheer het net om ‘n ongeluk te verhoed.

Hierdie is maar net ‘n voorbeeld, maar hierdie voertuie breek in die pad, party sal net takke in die pad los maar geen driehoek trikaartser wat volgens wet is nie.

Die Sondag oggend was daar ‘n voertuig met ook ‘n “Breakdown” op die N1 as mens Musina buitegaan, weereens geen indikasie van enige “breakdown” nie. Ons is gestop deur verkeersbeamptes ‘n entjie verder af ek het hulle aangespreek en al wat daar vir my gesê word is “eish these people” maar daar is niks aan gedoen nie.

Ek is seker hierdie gebeur nie net in Musina nie, maar ons land is regtig op pad uit.

Pieter ·

As die bestuurder van daardie bakkie ondervra word sal dit uitkom dat hy verskeie verkeers beamptes moes omkoop, om so ver te kon kom. As hulle werk ernstig opneem sal sulke oorlaaide voertuie nie op die pad wees nie .As daardie voertuig al `n paar dae daar gestaan het moet die beamptes wat daardie pad patroleer in hegtenis geneem word ,want dit is hul werk om toe te sien dat geen voertuig `n gevaar vir die ander verkeer, of publiek inhou nie

kathleen ·

Cinta ek stem, ek kom van Musina en ken vir Kobus. Veneyia/ponddrift en daai vervlakste beit brug pad is n nagmerrie. Nou sit hulle tolhekke op maar hulle weet dis n geldmors. My hart breuk vir Kobus en Philna. Die stont sou nooit in ons jong dae gebeur het nie. Sterkte vir more. Xxx

Poppie ·

Baie interessant dat hy al ‘n paar dae daar staan en die vrag is nog nie weggedra nie!

Hettie ·

Liewe ouers en familie van Coetzee en Stiaan. Ek bid dat God deur sy grote genade en liefde julle so styf sal vashou in hierdie baie hartseer tyd met julle groot verlies. Net Hy kan die trane afdroog en vertroosting bring. Weet ook dat daar baie mense is wat julle opdra in gebed. Sterkte, my gebede gaan met julle.

Hettie ·

Liewe ouers en familie van Coetzee en Stiaan. Ek bid dat God deur sy grote genade en liefde julle so styf sal vashou in hierdie baie hartseer tyd met julle groot verlies. Net Hy kan die trane afdroog en vertroosting bring. Weet ook dat daar baie mense is wat julle opdra in gebed. Sterkte, my gebede gaan met julle.

Michelle ·

Philna en Kobus, ek is so baie jammer vir julle verlies, daar is net nie woorde nie. Ek weet dit is dalk nie goed om dit te se nie, maar mag die tyd vir julle vinniger loop, of voel of dit vinniger loop tot julle almal weer herenig kan word. Ek sal nie kan aangaannie. Baie sterkte met alles wat voor julle le en mag God julle baie styf vashou in hierdie tyd.

MJ ·

Wonder net hoekom kon die polisie nie onmiddellik besonderhede oor die voorval kan verskaf nie. Sterkte aan die familie. God be with you.

Michelle ·

Dis in tye soos die wat ek so verflaks kwaad raak vir die Metro Polisie. En ek weet daar is baie arm mense wat nie oor en weer kan ry nie, maar as daardie bakkie nie so swaar gelaai was nie, sou hy uit die pad gestoot kon word deur die eienaar. Ai. Mense volg asseblief tog net die blerrie padreels. Kyk nou.

Se Maar Net ·

En soos ons weet kom van hierdie saak net mooi niks!!!!!

Lise ·

Sê maar Net, ek stem saam met jou. Kom ons wees eerlik: Met SA se korrupte regering en al sy korrupte staatsinstansies sal van hierdie saak niks kom nie. Die eienaar van die oorlaaide bakkie sal nie opgespoor word nie en niemand sal aangekla word nie. Aan die ouers en ander familie van hierdie twee pragtige kinders: My innige simpatie. Baie sterkte vir die moeilike pad vorentoe. En ek verstaan. Ek het al self hierdie pad geloop.

magda ·

Innige meegevoel dis n harde slag sterkte vi julle God is met julle Hy sal jul versterk en krag gee. “Amen”

ewald ·

Dis baie erg. Verstaan ek reg dat die foto van die oorlaaide bakkie VOOR die ongeluk geneem is en nie waar die ongeluk gebeur het nie (daar word van ‘n blinde hoogte gepraat in die berig). Skande van die owerhede…

Marietjie Genis ·

So tragies. Jammer dis dié swakste stuk joernalistiek wat ek nog ooooooit gelees het. Moenie jul gehoor se intelligensie onderskat nie!

Therese van Schalkwyk ·

Marietjie Genis, ek het die berig oor die tragiese ongeluk nou ‘n tweede keer gelees om te probeer snap wat jou probleem daarmee is. Dit gee al die feite in detail en ek kan werklik nie sien wat nou juis beter gedoen kon word nie. Dalk kan jy meer lig op die saak werp?

Janet ·

Dit is absoluut verskriklik! Baie sterkte aan die familie. NET God kan ‘n mens deur so iets dra.
Was die oorlaaide bakkie LANGS die pad of IN die pad?

Theresa ·

Julle is gedurig in my gedagtes. Wat ‘n verskriklike verlies het julle nie gely nie. Julle is in soveel gebede. Mag God julle krag gee om weer te lewe…… Baie sterkte vi wat voorle en die aanvaar proses.

Danel Casey ·

Dis verskriklik!! So seer… Ai my hart vanoggend stukkend vir die mamma en pappa. Dit is die donkerste donker.. Net die genade van onse Jesus sal hul deur kry. Sy genade en vertroosting sal soos lig deur die duisternis breek vir die ouers. Ek bid vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.