Gru-ongeluk eis 4; polisie ondersoek strafbare manslag

‘n Foto van die toneel op die R37 tussen Lebowakgomo en Polokwane (Foto: Verskaf)

Vier mense van Polokwane in Limpopo is dood nadat twee motors Saterdag om middernag op die R37 tussen Lebowakgomo en Polokwane reg van voor gebots het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die ongeluk is glo veroorsaak toe ʼn motor teen die verkeer in die verkeerde baan gery het.

“ʼn Rooi Mazda met drie insittendes was op pad na Lebowakgomo toe ʼn wit Hyundai, wat in die teenoorgestelde rigting gery het, in die verkeerde baan op die Mazda afgepyl gekom het. Die bestuurder van die Mazda het uit die pad probeer swenk, maar dit was te laat,” sê Ngoepe.

Drie insittendes van die Mazda en die bestuurder van die Hyundai is dood. Die oorledenes was teen Sondagoggend nog nie uitgeken nie.

Ngoepe sê die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann Marx ·

Ek het dit verlede week gesê, en gaan myself herhaal. Daar sal ‘n ernstige poging aangewend moet word om mense te LEER waarvoor daar ‘n soliede wit lyn in die middel van ‘n pad is!!!! Toe ek my kode 14 lisensie 35 jaar gelede gekry het, was jy beboet as jou voertuig se wiele oor ‘n soliede wit lyn gaan………….vandag se bestuurders ignoreer ‘n wit lyn asof dit nie bestaan nie. En die gevolg is hierdie ongelooflike aantal kop-aan-kop ongelukke….dis tragies!

Asjas ·

Probleem is nie net soliede wit strepe wat geignoreer word nie, haastige mense gaan verby en voel dat aankomende verkeer maar net eenvoudig SAL of MOET padgee. Dit is nie altyd moontlik of veilig nie.

Linda ·

Ek stem hier saam met Johann Marx !!! Mense ry nes hul wil in ons land en het geen respek vir ander nie !!! Vrydag was ek in Pretoria, Paul Kruget Str, die taxis daar gee nie n flenter om vir ander motoriste nie !

Leana ·

Spoed, roekeloosheid ‘n verontagsaming van padreels is die groot oorsaak hiervan.

Marga ·

Was die naweek noodgedwonge om ompad te ry vanaf Ceres na Kaap omdat daar ‘n helikopter geval het en ekt my verstom hoe baie mense geen geduld toepas en geen padreels gehoorsaam. Taxi’s maak nes hul wil maak nie saak waar jy is, hulle haal vir jou uit die pad uit. :(

johnny_walker ·

hulle ondersoek n saak teen iemand wat dood is ? is dit nie eintlik n bietjie van n mors van geld nie ?

Kobus ·

My opinie is dat die bestuurder van die hyundai onbevoeg was om te kan bestuur! Agv nuwe voertuig gekry en rybewys tien teen een gekoop is op swart mark. Lyk asof wit kar permit in agter venster het en die berig se dat bestuurder in verkeerde kant van pad op mazda afgepyl het! Laat mens wonder nê?

Koos ·

Dit is ‘n nommerplaat. Interessant dat dit weerkaats in skerp lig…..die nommerplaat is nie sigbaar as ‘n kamera daarop flits nie

André ·

Die afgelope tyd vind daar ontsettend baie trompopbotsings plaas. Karre rol ook gedurig.

CE ·

Ek het vir 10 jaar op die myn in daai deel gewerk en het gru ongelukke gesien op die r37. Die probleem is baie van die myn mense wat retrench is het hul geld spandeer op nuwe voertuie waarvan baie (ek weet van hulle het saam my gewerk) nie n idee het wat motor bestuur aanbetref is nie. Hartseer…

Peet Schabort ·

Ek sien op Google Earth dat daar beide ‘n dubbel- en enkelpad is op die roete. Die berig sê nie op watter gedeelte dit gebeur het wat werklik swak is. Sonder om net hierdie ongeluk in ag te neem is die redes vir kop-teen-kop botsings die volgende:
1)Uitswaai vir slaggate.
2) Aan die slaap raak agter die stuur.
3) Gekoopte bestuurslisensie.
4) Beheer verloor agv spoed.
5) Blatante verbysteek ongeag van verkeerstekens en voertuie van voor.
6) Dronkbestuur.
7) Gebrek aan verkeerstekens soos die ‘hou links-pyl’ wat ontbreek by veral verkeerseilande waar jy veral in reënweer in die verkeerde rigting kan land omdat verf op die pad al jare gelede verdwyn het.
8) ‘Geen toegang’-tekens soos al sedert 2010 in Vanderbijlpark by die afrit vanaf Sasolburg na Ravelweg. Jy kan (en ek het dit self ondervind) dat mense vanaf Ravelweg wil ry in die rigting na Sasolburg en dan voertuie van voor teëkom en besef dat hulle verkeerd is. Die owerhede steur hulle egter nie hieraan.
9.) Die blatante verontagsaming van Stoptekens en Rooi Robots waar die motoris van voor besig is om regs te draai.
10) Wanneer jy voortkruie op die pad is jy net so ‘n groot gevaar waar ander dan kanse begin vat om by jou verby te kom.
11) Om afstand tussen jou en aankomende verkeer te skat is ook nie so maklik veral waar die spoedgrens by verre oortree word.
12) K53 is nie voldoende om jou op vandag se paaie los te laat.
STERKTE!

Herman ·

Johann nee dis as mense op brights ry en die ander een verblind hulle dan mik hulle op die een af en swaai gou uit met die hoop die ander een gaan van die pad af .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.