Gru-ongeluk eis 8 staatsamptenare

Ongelukstoneel in Swellendam (5 Mei 2015) Foto: @_ArriveAlive, Twitter

Ongelukstoneel in Swellendam (5 Mei 2015) Foto: @_ArriveAlive, Twitter

ʼn Gru-ongeluk op die N2-hoofweg naby Swellendam in die Wes-Kaap het Maandagoggend die lewens van agt beamptes van die departement van korrektiewe dienste geëis en nog vier is ernstig beseer.

Die botsing het glo tussen drie voertuie plaasgevind – ʼn vragmotor, ʼn ligte afleweringsvoertuig en ʼn minibus van die departement van korrektiewe dienste.

Donald Grant, Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, het gesê die botsing het plaasgevind toe die afleweringsvoertuig die vragmotor van agter getref het. Dit het veroorsaak dat die voertuig voor aankomende verkeer ingeswaai en die minibus reg van voor getref het.

Die N2 is ná die ongeluk gesluit terwyl die polisie ʼn forensiese ondersoek op die toneel gedoen het. Die vier beamptes wat ernstige beserings opgedoen het, is na die Swellendamse provinsiale hospitaal vervoer.

“Namens die Wes-Kaapse regering wil ek my diepste meegevoel betuig met die families en geliefdes van die oorledenes en ek wens die beseerde beamptes ʼn spoedige herstel toe,” het Grant gesê. “Ek het ook ons medelye betoon aan die streekskommissaris en die departement van korrektiewe dienste, asook die bestuur van die Buffeljagsrivier-korrektiewedienstesentrum wat ʼn tragiese verlies gely het.”

Ongelukstoneel in Swellendam (5 Mei 2015) Foto: @_ArriveAlive, Twitter

Ongelukstoneel in Swellendam (5 Mei 2015) Foto: @_ArriveAlive, Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Francis Linstrom ·

Trap sommer die rem as iemand so kort op jou gat ry. Wees net bedag op die gatryer se reaksies.

ladybug ·

Ek’t dit ook altyd gedoen, tot ‘n 3 as trok bestuurder my kar se gat weggery het! Ek sorg nou maar eerder dat ek uit die pad van die gatryery kom, so gou as moontlik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.