Gru-ongeluk eis agt op N1

Paramedici het die beseerdes op die toneel behandel (Foto: Verskaf)

Altesaam agt mense is Saterdagaand dood toe ʼn minibustaxi en ʼn ligte motor in ʼn ongeluk op die N1 by die Kings Highway-brug in Pretoria-Oos betrokke was.

Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, sê voorlopige ondersoek dui daarop dat ʼn BMW-sedan in die tweede baan van links gery het toe ʼn minibustaxi van agter gekom en teen dié motor vasgejaag het. Die taxi het omgeslaan en verskeie kere gerol.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê altesaam agt mense is dood en vyf het ernstige beserings opgedoen. Almal was insittendes van die taxi.

“Paramedici het die beseerdes op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na verskeie nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese behandeling,” sê Van Reenen.

Die omstandighede rakende die ongeluk word ondersoek.

Volgens Maremane is dit die soveelste noodlottige ongeluk wat in die afgelope paar weke in die provinsie aangemeld is.

“Die Gautengse verkeerspolisie doen weer eens ʼn beroep op motoriste om besonder waaksaam op die pad te wees en padreëls te gehoorsaam,” sê Maremane. “Die meeste van hierdie noodlottige ongelukke word veroorsaak deur dronkbestuur, hoë spoed, ongehoorsaamheid aan die padreëls en motors wat met passasiers oorlaai is.”

Maremane sê die Gautengse verkeerspolisie sal voortgaan om verskillende padveiligheidsopvoedings en -operasies in die provinsie te hou om ongelukke te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

melaney ·

Nog ‘n dag. Nog ‘n ongeluk. Nog ‘n plek. Nog ‘n taxi. Nog lewens. Dit hou nie op nie.

Pierre ·

motoriste is 90% gehoorsaam aan die anderkant kan dieslfde nie van Taxi’s gese word nie al dink hulle die 10% wat hulle aan gehoorsaam is met die 90% van motoriste is gelyk aan 100% gehooraamheid.

Nie Verbaas ·

“Maremane sê die Gautengse verkeerspolisie sal voortgaan om verskillende padveiligheidsopvoedings en -operasies in die provinsie te hou om ongelukke te verminder.” Wie probeer jy bluf en alle sterkte. Taxi bestuurders steur hulle aan niks en niemand nie.

Die Boerepompie ·

Die sal nie op hou tot dat die tax nie gereeld goetoets word nie en daar nie geld belaal word om hullle ootesien van hulle mis drywe

Die Boerepompie ·

Huur die sal nie stop nie tot dat taxie gereeld getotes word .Die beamtes wat geld van toe gesluit vir moord as gevang word .Dit baie erensige ding die en moet aandespreek word

Pietertjie ·

Hoeveel strafpunte gaan die taxi-bestuurder op sy liksens kry?

Anel ·

Dronk bestuur en hoë spoed. Wie is nou dronk? Hoë spoed en taxis. Want dit is alweer ‘n taxi. Hulle ry op jou as jy nie padgee nie. Lelik om te sê, maar hoop die bestuurder is onder die oorledens. Want anders kom hy niks oor en gaan maar net weer aangaan soos nou.

Rayman ·

Miskien moet hulle die taxi’s in-ent dan sal die streftes ook minder wees volgens die wêreld

Cindy ·

ek is vanoggend teen net so onder 130kph uit die regterbaan forseer deur ‘n taxi – ek was onder die indruk hul max spoed is 100kph? Ek neem aan ons verskeerspolisie is nie bewus van hierdie reel nie, aangesien ek pal die taxi’s verby kameras sien jaag sonder enige nagevolge!

Francois ·

Ek se weer haal die taxis ook af van die pad gedurende lockdown dan sal die hospitale ook nie vol wees

Racheltjie Debeer ·

Daai taxibestuurder het natuurlik gejaag en van een baan na die ander beweeg en homself misgis met die BMW se spoed. Onnodige lewensverlies.

Blikkies ·

Dit klink vir my asof hulle veralgemeen? Ek jaag nie, drink nie, ry nie roekeloos nie, ek gehoorsaam padreëls en is beslis nie ‘n kind wat ongehoorsaam is nie. Doen iets aan die skuldiges wat in elk geval die meeste Taxi’s is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.