Gru-ongeluk eis lewe van 14

Die ongelukstoneel (Foto: Current Traffic Updates, Twitter)

Ten minste 14 mense is Maandagaand dood in ʼn gru-ongeluk op die N3-snelweg in die omgewing van Estcourt in KwaZulu-Natal.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, sê twee vragmotors en ’n minibustaxi was net na 21:00 in die ongeluk betrokke.

Dit wil voorkom asof al die slagoffers insittendes van die minibustaxi was.

“Altesaam 13 vroue en een man is op die toneel dood verklaar,” sê McKenzie.

Een persoon is ernstig beseer en is in ’n kritieke toestand na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Die polisie was op die toneel om die omstandighede rondom die ongeluk te ondersoek.

Die N3-tolkonsessie het Dinsdag omstreeks 04:50 bevestig dat die hoofweg weer oop is vir verkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Miskruier ·

26 jaar se bedrog, ongelisensieerde voertuie en mense, wetteloosheid en kode 10 kom nou na vore. Hoe versekerings maatsappye kan toelaat dat kode 8 voertuie bestuur word met kode 10 lisensies slaan my dronk.

Wielspore ·

Nog een wat sy lisensie liewer moet oor doen…. net ‘n grappie.

Cornelius ·

Daar is al hoe meer van die soort ongelukke waar in taxies betrokke is. Wat is die rede, alkohol, onpadwaardige voertuie, swak bestuur vermoë? Wat?

OW ·

Ek kan vir jou een rede gee hoekom hierdie land op verskillende terreine, vodde is.Sedert 1994 is ‘n hele samelewing met standaarde,waardes,stelsels,beginsels,noem maar op eenvoudig afgeskaf en die produk is orals te sien.

nell ·

Afgetrokke motorbestuur:- Ek plaas selfoongebruik terwyl daar bestuur word heel bo aan die lang lys van oorsake.

Phillip ·

Miskruier as jy kode 14 het kan jy enige voertiug bestuur as jy n groot moterfiets lisensie het kan jy enige moterfiets ry ek het kode 10 eb en ry kar van kode 8 is wettig

Janneman ·

Dit is wettig om met kode 10 kode 08 voertuig te bestuur. Maar dis makliker om kode 10 te kry. Dis hoekom almal kode tien kry en kan dan nie kar bestuur nie.

Connie ·

Al wat ek kan se as daar n Taxi by was weet ons wie is die skuldiges. Hulle ry soos hulle wil gaan verby op die kant van die pad, of druk sommer net jou dood eenvoudig eenkant toe sodat hulle kan ry. Weg met alle taxis, mm ok dit sal nooit gebeur nie, want dan kan our arme people nie oor die weg kom nie, maar hulle mag maar hulle lewens verloor weens onverskilligheid deur die bestuurders.

Jaco ·

Die grootste probleem is die taxi bestuurder se ingesteldheid. Hulle redeneer dat jy mos kan sien hy is aan die kom en dit is jou verantwoordelikheid om pad te maak vir hom as jy nie wil doodgaan nie.
Die regering van die dag leer hulle ook dat hulle nooit verkeerd kan wees nie. Alles is iemand anders se skuld

MakersMark ·

Daai kritiese syfer < 70. Solank daar taxis op die pad is sal die slagting voortduur.

LANA is ELANè ·

Afgryslik, mense wat wag vir hulle geliefdes om na werk huistoe te kom en dan net mooi nooit weer terug gaan kom nie, so erg hartseer.

Jakes ·

As jy die dodetal op ons paaie vergelyk met die sterftes van Covid 19 dan is daar nie n groot verskil nie. Hoekom is daar meeste van die tyd n taxi betrokke? Sekerlik kan daar insiggewende afleidings hieroor gemaak word.

Persheks Adri ·

Al WEER taxi’s!!! Skraap hulle van die paaie af klaar so maklik soos dit

Dr. Rhoshe ·

Dis so maklik om te sê ‘weg met die taxi’s’ maar nie almal kan in hul privaat voertuig klim en werk toe gaan nie. Ek moet ook erken dat ek n noue ontkominge met taxi’s gahad het en n paar kleurvolle woorde agter my stierwiel geraas het, maar ons is bevoorreg om n motor te hê om van punt A na B te kom. Dis kommerwekend dat meeste van die kommentare gemik is op taxi bestuurders – laat ons nie vergeet van die mense wat hul lewens veloor het en die families wa geliefdes nou moet begrawe nie. Laat ons nie vergeet dat daar kinders, mans, sibbe en ouers wat hule geliefdes verloor het nie. 14 mense is dood en ons veroordeel taxis

Magda ·

Al weer n Taxi en onskuldige mense is VERMOOR want as jy soos n padvark ry en die oorsaak van die ongeluk is, dan moet dit as voor gedagte moord bestempel word, want jy as taxi bestuurder is is JY verantwoordelik vir daai mense so jy moet ook verantwoordelik gehou word vir jou bestuurs vermoe, Ek se nie dit is die Taxi nie, hoop nie so nie, maar soos al hoeveel keer bewys is, is hulle altyd die skuldige een. Wag maar om te lees as dit ook bekend gemaak gaan word wie die skuldige een was / Taxi of Vrag motors?????

Chantel ·

Die taxi bestuurders jaag en het GEEN saak met die mense wat hy vervoer nie. Sien moes hoe ry hulle.

Franz ·

Sommige trok drywers is net so roekeloos ,met die skole wat weer heropen het,het ons die Saterdag teruggekeer van Durban af huistoe en het n baie benoude tydjie gehaad met n trok drywer wat letterlik op ons agterste buffer was,in n padwerke gedeelte met n enkel baan,die meneer het het ons so gedruk,flits ligte en blaas toeter,dat ons naderhand 120 km uur gery het in n 60 km gedeelte met hom wat nog steeds op ons was,het by die shell ultra city afgeswaai om hom te laat gaan,met n baie groot geraas soos hy toeter blaas is hy verby.Die verkeers beamptes het in die teenoorgestelde baan n spoed kamera beman en was salig onbewus van wat aangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.