Gru-ongeluk eis onderwysers, leerder

(Argieffoto: Verskaf)

Die Vrystaatse departement van onderwys het sy skok en hartseer uitgespreek ná die dood van vier onderwysers, een lid van die skoolbeheerliggaam en een leerder in ʼn motorongeluk Vrydagaand.

Die oorledenes is almal van Sekoko Primary School op Paul Roux. Volgens die departement het die ongeluk rondom 21:00 op die N5 buite Bethlehem plaasgevind. Die passasiers was op pad terug van ʼn werksessie wat hulle op Tweeling bygewoon het.

“Die wit 22-sitplek Mercedes-Benz Sprinter waarin die oorledenes gereis het, het omgeslaan en vyf van die insittendes, vier vroue en een man, is op die toneel dood,” het Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys Saterdag gesê. Nog ʼn insittende is Saterdag in die hospitaal dood.

Nóg sewe insittendes het ernstige beserings opgedoen en is na verskeie hospitale in die omgewing vervoer.

“Die departement dra graag sy opregte medelye met die familie en die hele skoolgemeenskap oor. Ons hou hulle in ons gebede in hierdie moeilike tyd,” het die provinsiale departement van onderwys gesê.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk en beradingsdienste sal aan leerders en onderwysers beskikbaar gestel word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Christine

Jy vat ‘n moewiese kans om in enige bussie te klim wat deur ‘n our people bestuur word, maar om in die aand daarin te ry, is ‘n NEE NEE. Die mense wat bestuur raak aan die slaap en rol die bussie of ry voor ander motors in. Bussies moet VERBIED word om na sononder op openbare paaie te ry. Jou kans om enigsins lewend ander kant uit te kom, is amper 0%.

Dries

Baie tragies. My simpatie met die families/naasbestaandes.