Gru-ongeluk eis pa, twee jong seuns

Jannie en JP Rossouw (Foto: Facebook)

’n Ongelukstoneel oor die naweek het reddingswerkers in trane gehad nadat ’n pa en sy twee seuns op die R33 naby Marble Hall in Limpopo verongeluk het.

Pieter Rossouw (48) en sy seuns, Jannie (13) en JP (10), van Steelpoort is Sondag opslag dood toe hulle omstreeks 18:14 in ʼn botsing by die berugte Slagboom-kruising betrokke was.

“Pieter was baie erg oor sy kinders en het hulle die naweek geneem om by familie in Nylstroom (Modimolle) te gaan kuier,” het Annali Connear, Pieter se suster, aan Maroela Media gesê.

Mercia Gouws Blake, woordvoerder van die Life 24-ambulansdiens, het gesê pa en seuns was op pad huis toe, toe die bestuurder van ʼn Nissan Navara ʼn stopstraat verontagsaam en teen hulle Datsun-motor gebots het.

Pieter Rossouw (Foto: Verskaf)

Die Rossouws se bakkie het in ʼn kanaal langs die pad beland waarna die brandstoftenk ontplof het. Met reddingswerkers se aankoms op die toneel was die voertuig in vlamme gehul en daar kon nie naby die insittendes gekom word nie.

Al drie het onherkenbaar verbrand.

Blake het gesê paramedici het ook die vier insittendes van die ander bakkie te hulp gesnel. Dit het deur verskeie hutte geploeg wat langs die pad opgerig is. Straatsmouse woon en dryf handel uit dié skuilings.

ʼn Vrou en ʼn kind in een van dié skuilings was onder die bakkie vasgepen, het Blake gesê.

“Reddingswerkers het iemand onder die voertuig hoor skree en die ma en haar kind van tien jaar oud is onder die voertuig uitgehaal.”

Die kind is ernstig beseer en die vrou erg getraumatiseer. Ma en kind, asook drie van die vier insittendes van die bakkie, is vir behandeling na hospitale in die omgewing gehaas.

Die uitgebrande Datsun.

Die bestuurder van die voertuig was egter skoonveld.

Dié het die volgende oggend by ʼn plaaslike polisiestasie aangemeld.

Die man beweer hy het tussen die skuilings beland en dat niemand hom daar opgemerk het nie. Omstanders beweer egter hulle het die man van die toneel sien vlug.

Blake het gesê die polisie en nooddienswerkers was ure later nog op die ongelukstoneel.

Connear het haar broer beskryf as ’n goeie mens met ’n sagte hart.

“Hy en die seuns was lief vir die buitelewe en visvang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Marinda ·

Ai, my hart skoon seer oor hierdie gebeure. Sterkte aan die familie van die oorledenes.

Joke! Jean ·

Vat my asem weg die tragedie…Daar is net nie woorde..net trane en maak dat ek my kinders stuiwer teen my wil vas druk..Mag die Here met die familie wees deur so n harde tyd….Ek so kwaad vir die roekelose bestuurders wat daardeer veroorsaak dat onskuldige mense sterf.En hy hardloop eenvoudig met weg….2 prag kinders dood en hul vader en die persoon loop net weg……beter ek bly nou eerder stil aangesien my brein wil ontplof van woorde vir die wese wat net weg loop van die toneel af!! ..Genade..

Ep ·

En die bestuurder van die Navara bakkie stap eenvoudig weg ….. hy lieg maar geen bewyse. Deur sy toedoen soveel reabe … vuilgoed

Hanna Hoekom ·

Die bestuurder van die ander voertuig het van die toneel af verdwyn… Hoe op dees aarde stap jy, die oorsaak van die ongeluk, net doodluiters van so n gru-toneel af weg? En dit is nou ook glad nie die eerste keer wat ons so iets lees nie… Baie sterkte aan die oorledenes se geliefdes. Mag geregtigheid geskied.

Dassie ·

Die linkse regsisteem sal die menseregte van hierdie bestuurder beskerm.

phyllistea ·

ek ken hulle, my hart breek vir hulle mamma sulke goeie mense en pragtige seuns!! als het verander in n oogwink, rus saggies klein engeltjies, julle gaan voorwaar gemis word,

Bianca ·

Kan ons nie meer aandag gee aan ons oortredings ni. Gaan ons ook iemand se lewe kos voor ons regtig die wette weer gaan begin ag gee op. Sterkte aan die families.

Francois Slabbert ·

Hi hoop dit gaan goed.

Ek is Francois hul oudste broer ek is gebreek hierdeur maar ek glo die Vader sal ons bystaan. Ek sien dit uiters as moord die man van die Navara was dronk gewees. A.g.v hom het daai kinders hulle lewens verloor ek hoop die reg sien dat die man betaal vir wat hy gedoen het. Asook alle simpatie vir die ander mense wat beserings opgedoen het. Dankie vir die mooi berug Maroela media

phyllistea ·

ai bulla my vriend, woorde is min want geen woorde gaan julle ongelooflike hartseer pyn weg vat nie,
God sal vertroos en met tyd vrede bring, my hart is bitter baie seer saam met julle, jou ma, en familie, sterkte bulla vir julle almal, en baie sterke vir vrydag waneer julle finaal groet,

Mandy ·

Boela mag geregtigheid hier geskied. Ek weet hoe hoe seer is julle en bid jul vertroosting toe. Sterkte seun xxx

Ja nee ·

Baie jammer Francois dit is n vreeslike verlies. Dit is net n dronk mens wat weg loop van die stoneel

Annie2 ·

Dit is so hartseer. Innige simpatie aan die familie. Daar is nie ‘n pleister groot genoeg vir die eina. Mag julle vertroosting vind. RIV

Ema ·

Dit is allervreeslik om jou kinders en man in n oogwink te verloor. Sterkte aan die agterblewenes. Ek huil vanaand saam met julle.

Christa ·

Woorde Sal nooit sulke hartseer Kan verwoord nie. Jammer vir jul familie .

Gert van Wierdapark ·

Vergeet die beoogde straf punt-stelsel! Sulke padvarke MOET van MOORD aangekla word!!! Publiseer asb sy naam M/Media.

DD ·

Ja Jollie dis so waar wat jy sê. Die oortreder stap gewoonlik sonder ernstige beserings weg en onskuldige mense verloor hulle lewens. Sluit hom lewenslank toe.

O'Dilhea ·

Hanlie, daar is nie woorde wat kan beskryf hoe opreg jammer ons is oor jou vreeslike verlies nie.Mag Vader vir julle vertroosting bring in die moeilike tyd.

Mel ·

Sterkte Francois, dis ongelooflik hartseer en ons bid dat geregtigheid sal seevier, as daar een ding is wat heeltemal verlore gegaan het is dit dat di woordjie GEWETE net weg is. Mag God sy vertroostende arms om jul familie en hul ander naasbestaanes vrou. RIV

Annette ·

Dis hartverskeurend en tragies!! Skokkend! Mens het nie woorde nie… Baie sterkte aan almal wat geraak is deur hierdie grusame ongeluk! Moet ook nie die nooddienswerkers vergeet nie… Mag hulle ook genade ontvang om al die trauma waarmee hulle daagliks in aanraking kom, te verwerk.

Boertjie ·

Ek dink in die geval kan n mens n skarefinansiering begin en saamstaan tot Die drywer wat dronk was aan die pen gery word en n voorbeeld van hom gemaak word, hier is net die beste Regsgeleerdes nodig. Ek ken nie die familie nie maar genoeg is genoeg.

Anoniem ·

Ek sal bydrae. Ook keelvol hiervoor. Of die bestuurder van die Nivara groen, geel, pienk of pers is!!!

Kokkie ·

Ek het nie woorde oor die lot van die pa en sy twee seuns nie. Dis so verskriklik hartseer. My hart gaan uit na die naasbestaandes. Maar vir daai Navara-bestuurder het ek net woede. Dis moord. Hy moet vir die res van sy lewe sit omdat hy die gesin uitgewis het.

Andrea ·

Ag nee, dis verskriklik! Dis aaklig! Eks só bitter jammer. Baie sterkte aan die familie. Ek hoop die bestuurder van die Nissan word v moord aangekla.

Deloris ·

Mag ons Vader al hierdie familie en vriende optel en dra in hierdie verskriklik en pynlike hartseer tyd. Mag die Vader vir julle berusting en vrede in julle harte bring. Ons innige innige simpatie.
Mag geregtigheid geskied.

Thomas ·

Glo my as ek sê jul rou nie alleen nie. Die storie heeltyd in my gedagtes.

Yankee, ·

Two kids, in the morning of their life!! How sad!!! Gone forever. And all because a scumbag took it away!!And then this filth just took off.

Magda ·

Dit is so tragies – Hoop die bestuurder gaan aangekla word van Moord, want Ai die mense ry soos padvarke en stop net by geen geel / rooi lig tot die ander kant groen slaan nie, en ek praat nie eers van n stop straat nie – Mooi teken maar beteken NIKS want daar is geen wet op ons paaie nie. Ons kort meer verkeer polisie op ons paai – Patrollies – Patrollies – Patrollies asb.

honourable member ·

weereens iemand in n bakkie wat mense se lewens kos. Trokke is een ding maar mense in bakkies is net so erg hulle ry net soos hulle wil. Hierdie is n vreeslike ding wat gebeur het en my hart gaan uit na die familie wat moet sin maak hieruit.

GM ·

@Honourable member – Dis die persoon agter die stuurwiel wat die probleem is, nie die tipe motor wat die persoon ry nie.

Sterkte aan die naasbestaandes en beseerdes. Dis skrikwekkend om te dink hoe ‘n mens se lewe in ‘n oogwink kan verander. Ons moet mekaar meer waardeer terwyl ons kan.

GEDULD ·

Kyk weereens agv mense wat soos varke bestuur en nie geduld het nie, ook nie die pad reels na kom nie het hele klomp mense nou baie seer gekry en hulle lewens verloor. Ek sien dit elke dag op ons paaie meer en meer hoe mense op ons paaie nie meer geduld het of so jaag dis nie snaaks nie. Vir wat jaag die mense so weet ek nie. HOU BY DIE PAD REELS MENSE> ASB!!! DIS DAAR VIR A REDE>. Suid Afrika moet drank en verkoop daarvan onwettig maak.
RIV. Mag die Here die 3jies wat oorlede is stuif vashou asook die wat agter gelos is om met die tragedie te handel.

JohanL ·

Woorde ontbreek – eerstens van woede teenoor die bestuurder van die Navara en tweedens oor die tragiese gebeure.

Dit is die hoeveelste keer dat ons lees van iemand wat van die ongelukstoneel wegloop of wegry. Sulke mense is veronderstel om daarvoor aangekla te word en ‘n swaar straf te kry. Indien die bestuurder dronk was, sal toetse die volgende dag mos niks uitwys nie – al gee hy homself oor.

Aan Honourable Member en GM – ek dink julle is beide reg. Die eintlike probleem is soos GM skryf die bestuurder, maar HM het tog ‘n punt beet, in die sin dat bestuurders van sekere voertuie dink hulle het sekere “voordele” en “voorregte” – nie almal nie. Dink maar aan taxis as ‘n goeie voorbeeld.

Andre ·

Wat het geword van die bestuurder wat van die toneel gevlug het nadat hy daardie pa en drie kinders doodgery het naby Welkom? Nooit weer iets daarvan gehoor nie en of hy ooit gevind is

AH ·

Ek stem saam met @GM. Die persoon agter die stuurwiel is verantwoordelik , nie die tipe voertuig nie. Ons splinternuwe motor is afgeskryf nadat ‘n motorfiets oor ‘n rooi robot in ons vasgejaag het. Die ryer is oor ons voertuig geslinger maar het opgestaan, homself afgestof en verdwyn nog voordat ons uit die motor kon kom. Die motorfiets wat ook opgefrommel. Gelukkig is niemand beseer nie.

Die bestuurder van die Navara moet vir moord aangekla word, juis omdat hy ook weggehardloop het. Dit sê vir my dat hy besope was, want waarom sal iemand wat nugter is dit doen? Die regering moet probeer om die slagting op ons paaie te beperk deur swaar strawwe aan oortreders te gee, nie die puntestelsel nie! Daar is soveel wat alreeds sonder geldige rybewyse rondry, so die puntestelsel sal niks verander nie. Hulle moet net vasgevat word en nie beboet word nie, maar tronkstraf, sonder die keuse van ‘n boete kry vir ernstige verkeersoortreedings.

Agge Nee ·

Weereens ‘n plastiek petroltenk wat die voertuig laat brand. Ek wens die wet kan dit verbied. Alles word so goedkoop en lig as moontlik gemaak. Jare terug was dit baie selde dat voertuie brand na ‘n ongeluk, nou is dit die reël. Tragiese verlies van onskuldige lewens.

Luister ·

Die bestuurder het heel moontlik drank ingehad, daarom het hy gevlug. Meld dan die volgende dag aan, wanneer ‘n bloedtoets nie meer alkohol wys nie.

Liza ·

Hierdie is die soveelste ongeluk by die kruising! Ons inwoners wat die pad daagliks ry het al oor en oor versoek vir ‘n 4-rigting stop, hobbels of enige iets wat die kruising sal veiliger maak! Ek is Sondag ongeveer 16:00 daar deur, en mense Sondae suip hulle daar, maar die owerhede is nooit daar nie! Ek is so verskriklik jammer vir hierdie gesin en die geliefdes wat agter bly! Rus sag…

Boet ·

Weereens die oorsaak van wetteloosheid. Normaal om nie by n stopstraat te stop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.