Gru-ongeluk in KZN eis ses

Die vragmotor het beheer verloor en in ander voertuie en voetgangers geploeg (Foto: Verskaf)

Ten minste ses mense is Woensdagmiddag in Jozini in KwaZulu-Natal dood nadat ʼn vragmotorbestuurder beheer oor die voertuig verloor het en in vyf ander voertuie ingeploeg het. Die vragmotor, wat na verneem word ʼn vrag suikerriet vervoer het, het glo ook klomp voetgangers in die proses getref.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie (PVBK), sê die vragmotorbestuurder het naby die kliniek in Jozini in KwaZulu-Natal beheer oor die vragmotor verloor.

Zwane sê op dié stadium lyk dit asof ses mense dood is, maar die presiese aantal sterftes sal later bevestig word.

“Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bepaal nie, maar dit lyk asof die vragmotor se brieke ingegee het,” sê Zwane.

Die vragmotor het in die proses teen twee busse, ʼn minibustaxi en ʼn bakkie gebots.

Die PVBK en paramedici is na die ongelukstoneel ontbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Scalla ·

Tragies, simpatie aan die families, remme sou sagter geklink het as brieke.

pieterweskaap ·

Vragmotorbestuurder het beheer verloor en te laat gerem omdat hy onder beheer van ALKOHOL was
volgens vanoggend se RSG-nuus. En sover het 8 mense gesterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.