Gru-ongeluk in Oos-Kaap eis mans, vee

ʼn Brand het ná die ongeluk uitgebreek. (Foto: Port Elizabeth Traffic Updates/Facebook)

Drie mans is Woensdag in ʼn kop-teen-kop-botsing tussen twee vragmotors in die Oos-Kaap oorlede en een man is ernstig beseer.

Volgens Unathi Binqose, woordvoerder van die LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling in die Oos-Kaap, het die twee vragmotors op die N10 naby die Olifantskoppas gebots. Een van die vragmotors het ʼn vrag vee vervoer.

ʼn Brand het kort ná die botsing uitgebreek en sowat 14 beeste het in die vlamme omgekom.

“Reddingspersoneel en owerhede kon daarin slaag om van die beeste van die trok te bevry, maar sommige beeste het ernstige beserings opgedoen,” sê Binqose.

Die medebestuurder van een van die vragmotors het die ongeluk oorleef. Hy is na ʼn hospitaal in Somerset-Oos geneem waar hy tans behandel word vir ernstige beserings en matige brandwonde. Hy is egter steeds in ʼn kritieke toestand.

“Motoriste word gewaarsku dat daar moontlike vertragings op die N10 naby die Olifantskoppas sal wees, aangesien wrakstukke steeds van die ongelukstoneel verwyder word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

Dit is hartseer, maar daar moet ook dringend gekyk word na die uiters roekelose manier waarop sommige trok drywers bestuur.

Keith ·

If you look CLOSELY at the road markings on the foto, it is easy to see what happened here. Passing is allowed coming UP the hill (two lanes). No passing allowed for single lane traffic going DOWN the hill (at the point where solid barrier line starts BEFORE approx. point of impact), but the truck going downhill, must’ve taken a chance. This is what happens when people don’t have driver’s licences, or they simply ignore the rules of the road . Sorry that lives were lost here.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.