Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het die ongeluk op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal, in die rigting van Loskopdam, plaasgevind.
Die vragmotor het in die rigting van Middelburg gery, terwyl die sedan in ’n teenoorgestelde rigting beweeg het. Dié voertuie het reg van voor gebots.“Ses insittendes van die sedan, onder wie ’n eenjarige, is op slag dood,” sê Mmusi.
Die vragmotorbestuurder is per ambulans na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.
Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, sê die toenemende aantal padsterftes op die N11 is kommerwekkend.
“Die regering alleen kan nie die stryd teen padslagting wen nie. Dit is nodig dat alle padgebruikers aktief aan dié stryd deelneem deur altyd die padreëls te gehoorsaam en diegene wat die wet verontagsaam, aan te meld,” sê Shongwe.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Ja , en soms moet die regering ook iets doen…….soos om die pad te onderhou en so aan……
“Ses insittendes van die sedan”…….. met ander woorde hy was dan oorlaai ook!
Mag onse Liewe Heer die families van die wat oorlede is styf in Sy arms vashou en hulle deur dra in hierdie moeilike tyd wat vir hulle voorle.
Nie solank beamptes net op die vingers getik word vir die uitreiking en verkoop van lisensies nie.
Daar gaan deesdae meer mense dood in pad ongelukke as wat daar doodgaan aan COVIT. Dalk moet die slim mense ons spoor vervoer stelsel so n bietjie (so R600 miljaard ) opknap, en die swaar voertuie van die pad afhaal? Ons het n aangaande verwoestende Covit lockdown. Me. kopdoek Zumpi wat van jy en jou regering roep n pad lockdown uit. Julle en die kaders sal genoeg kommisie uit die R600 miljaard verdien as julle dit doen. Julle sal sommer baie werk ook skep. En lewens red. Ek wil weet hoekom steenkool van Pumalanga na Richards Baai per pad instede… Lees meer »