Gru-ongeluk met vragmotor eis lewe van vier

Die voorkant van die motor was onder die agterkant van ʼn vragmotor ingewig. (Foto: Verskaf)

Vier mense is Donderdag in die vroeë oggendure dood toe die motor waarin hulle gery het ingewig onder ʼn vragmotor beland het. Nog agt mense is in die ongeluk beseer.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê paramedici het om 01:00 op die gru-toneel op die N1-Suid by Mokopane in Limpopo afgekom.

“Die voorkant van die motor was onder die agterkant van ʼn vragmotor ingewig,” sê sy.

“Vier mense was in die motor vasgekeer, maar al vier was reeds dood.”

Nog twee mense is ernstig beseer en paramedici moes gevorderde lewensondersteunende ingrypings toepas voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is vir behandeling.

Ses mense het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is deur verskeie ander nooddienste op die toneel na plaaslike hospitale geneem.

Die omstandighede rondom die ongeluk is nog nie in hierdie stadium bekend nie, maar die polisie was op die toneel en ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

Wil ek ook weet. As my wiskunde reg is was daar 12 passasiers.

Anel ·

Wat maak hulle daardie tyd op die pad? Is daar nie meer ‘n aandklokreël nie?

Swerwer ·

‘n Motor neem 4 insittendes, ‘n SUV normaalweg tot 6, ‘n bakkie oorlaai hul gewoonlik, 4 is oorlede dan nog 8 ander ook. Genade, dit is bietjie dik vir ‘n daler.

Surfer ·

N Toyota Tazz, 12 in en 2 skape in die kattebak, geen problem.

Papsak ·

Vra ek ook wat soek hulle dan daai tyd op die pad waar is die aandklokreel dan o ja tel net vir sekere mense vergeet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.